- Ierse bredie
- ’n Bredie berei met skaapvleis, aartappel, uie en ander groente.
- Ierse koffie
- Sterk versoete koffie gegeur met Ierse whisky en room bo-op voorgesit in ’n glas.
Irish Coffee / Ierse koffie - Ierse mos (carrageen moss)
- ’n Soort seegras wat as groente geëet word. ’n Gom, soortgelyk aan agar-agar, word 1. dááruit/2. daarúít verkry.
- Ierse whisky
- Whisky wat in Ierland gedistilleer word uit moutgars.
- igtiofaag
- Iemand wat hoofsaaklik van vis leef. (viseter)
- igtiofagie
- Die gebruik om van vis te leef.
- ilang-ilang (ylang-ylang)
- ’n Bitter geurmiddel wat lekker ruik. Dit word as geurmiddel gebruik in lekkers, bakwerk, koeldrank en roomys.
- impala
- Impala is ’n ander naam vir ’n rooibok. Dit is ’n soort wildsbok, Aepyceros melampus.
- inblik
- In blikke inlê.
- inbottel
- In bottels inlê.
- indamp
- Die konsentrasie van ’n oplossing te verhoog deur die oplosmiddel te laat verdamp.
- indamppan
- ’n Groot, vlak pan waarin vloeistof ingedamp word.
- Indienne-sous
- ’n Kerriesous berei met room, eiergeel, uie, tiemie, peper en suurlemoensap.
- Indiese brood
- Brood gemaak van Indiese meel.
- Indiese ertjie
- Die eetbare peulgroente, Cicer arietinum, is van die oudste groente wat deur die mens verbou word. Die ertjie bevat baie proteïene. In Afrikaans is dit ook bekend as die keker, kekerertjie, dwergertjie, Spaanse ertjie en garbanzo.
- Indiese mielies (Indian corn)
- Mielies of suikermielies.
- Indiese nagereg
- ’n Gebakte nagereg gemaak van mieliemeel, melk, molasse en niervet.
- indigestie
- Indigestie is slegte spysvertering.
- indik
- Deur te kook voedsel dik te laat word.
- indompel
- Om iets in vloestof te steek of te laat insak.
- indoop
- Om iets in vloeistof te steek.
- indrup
- ’n Bestanddeel druppelsgewys toevoeg tot iets. (indruppel)
- indruppel
- ’n Bestanddeel druppelsgewys toevoeg tot iets. (indrup)
- infusie
- ’n Proses van aftreksel van iets. Dit word op ’n warm plek gelaat om die geur uit te trek.
- ingedampte melk (evaporated milk)
- Melk gemaak van volroommelk.
- ingewande (umbles)
- Eetbare interne organe van diere.
- ingewandspastei (umble pie)
- ’n Pastei gemaak van ingewande.
- ingiet
- Iets na binne laat stroom.
- inkerf (score)
- Om sny in kors of vet te maak om te voorkom dat dit opkrul of om dit te garneer.
- inkrusteer (crusted)
- In ’n kors omsluit. Beter bekend as omkors.
- inkvis (calamari, cuttlefish)
- Inkvis is ’n seedier met tien arms. Dit word as voedsel gebruik - dan word normaalweg daarna verwys as calamari.
- inlê
- Voedsel verpak saam met ander middels in ’n houer.
- inlêgroente
- Groente wat geskik is vir inlê.
- inlepel
- Iets met ’n lepel ingooi.
- inmaak
- Voedsel verpak saam met ander middels in ’n houer.
- inmeng
- Iets mengend byvoeg by iets anders.
- inpekel
- Iets in soutwater inlê.
- inpeper
- Iets met peper bestrooi.
- inroer
- Bestanddele te vermeng deur te roer.
- insmelt
- Bestanddele bymekaar voeg deur dit te smelt.
- insny (cut in)
- Om botter, margarien of vet met ’n mes in meel in te meng.
- insout
- Iets in soutwater inlê of met sout bestrooi.
- insuur
- Suurdeeg met ’n bietjie meel en warm water aanmaak en in iets toemaak om te laat gis. Dit is ook die proses om gisting aan die gang te sit deur 'n ander gismiddel as suurdeeg in te werk.
- insuur-deeg (pre-ferment)
- ’n Bietjie gewone brooddeeg wat jy oornag in die yskas laat rys. Dit word dan stuksgewys by die brooddeeg gevoeg om ekstra smaak en geur te gee. (pâté fermentée)
- intap
- Vloeistof deur ’n kraan van een houer na ’n ander laat vloei.
- inulien
- ’n Koolhidraat wat by sekere plante voorkom, isomeer met stysel is en by hidrolise deur sure of deur inulase uitsluitend fruktose lewer. (inuline)
- inuline
- ’n Koolhidraat wat by sekere plante voorkom, isomeer met stysel is en by hidrolise deur sure of deur inulase uitsluitend fruktose lewer. (inulien)
- invertase
- ’n Ensiem wat onder meer in gis en die sap van derms voorkom en rietsuiker deur hidrolise omsit in invertsuiker.
- invertsuiker
- ’n Mengsel van gelyke hoeveelhede vrugte- en druiwesuiker, wat ontstaan as rietsuiker met invertase of met verdunde soutsuur behandel word.
- invou (fold in)
- Met ’n klitsende beweging ’n bestanddeel so inwerk dat dit lug in die mengsel opsluit.
- invryf
- Om meel en vet, botter of margarien te vryf en te meng tot die mengsel soos fyn krummels lyk.
- iriswortel (orris)
- ’n Wortel wat ’n ekstrak lewer wat in gebak, lekkers of roomys gebruik word.
- isidudu
- ’n Tradisionele dis in die Xhosa en Zoeloe kulture gemaak van pap en pampoen. Dit word gewoonlik voorgesit met amazi.
- Istanbul-eier
- ’n Eier wat geprut word in ’n mengsel van Turkse koffie en bruin uieskille. Die eier smaak dan soos kastaiings.
- Italiaanse slaaisous
- ’n Slaaisous met ’n basis van olyfolie en wynasyn en gegeur met paprika, borrie, tamatie, sout en knoffel.
- Italiaanse sous
- ’n Duxelles-sous met ham, of, ’n Espagnole-sous met ’n visbasis en met botter, pietersielie, kerwel, dragon, sampioene en witwyn.
’n Italiaanse sous wat baie met die tweede tipe in gemeen het.
Wynwoordeboek
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
No comments :
Post a Comment