Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

1/26/2013

Steurgarnale en rys

500 g steurgarnale, skoongemaak
375 mℓ rys
30 mℓ botter
30 mℓ olie
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, gerasper
2,5 mℓ gerasperde vars gemmer
4 kardemomsade, gekneus
4 naeltjies
1 stokkie kaneel
5 mℓ garam masala
2,5 mℓ rissiepoeier
2 rooi rissies, ontpit en fyngekap
7,5 mℓ sout
750 mℓ warm water
stukkies komkommer en vars koljander vir garnering

Verhit die botter en olie saam in 'n swaarboompot.
Braai die steurgarnale vinnig tot hulle van kleur begin verander. Verwyder dit dan dadelik uit die pot en hou eenkant.
Gooi die ui, knoffel en gemmer in die pot en braai tot die uie sag word. Roer gereeld.

Voeg die kardemom, naeltjies en kaneel by en braai nog 2 minute.

Gooi die rys by en meng alles saam.
Voeg die garam masala, rissies, rissiepoeier, sout, steurgarnale en warm water by.
Bring dit tot kookpunt en draai dan die hitte af tot op die laagste.
Plaas die pot se deksel op en kook vir 20 minute, sonder om die deksel op te lig.

Garneer met die komkommer en koljander en bedien dadelik.

No comments :

Post a Comment