Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/27/2013

Droë hoenderkerrie

hoenderstukke met 'n totale gewig van 1,25 kg
45 mℓ olie
10 kerrieblare, fyn verkrummel
2,5 mℓ swart mosterdsaad
1 ui, fyngekap
3 knoffelhuisies, fyngekap
15 mℓ vars gerasperde gemmer
10 mℓ kerriepoeier
2,5 mℓ gemaalde gemmer
2,5 mℓ gemaalde koljander
2,5 mℓ peper
2,5 mℓ borrie
knypie neutmuskaat
knypie gemaalde naeltjies
knypie kaneel
5 mℓ gemaalde komyn
2,5 mℓ garam masala
15 mℓ suurlemoensap
5 mℓ rissiepoeier
10 mℓ sout

Verhit die olie en braai die kerrieblare en swart mosterd daarin vir 'n minuut.
Voeg die uie, knoffel en vars gemmer by en braai tot die uie sag en goudkleurig is. Roer gereeld.
Voeg die speserye by, behalwe die sout. Braai vir nog 'n minuut en voeg dan die sout en suurlemoensap by.
Plaas die hoender in die speserymengsel en maak seker al die hoenderstukke is, het in kontak gekom met die speserye.
Plaas die pot se deksel op en laat dit oor baie lae hitte kook tot die hoender sag is. Roer dit so af en toe. As die pot droogkook voor die hoender sag is, kan jy 'n 125 mℓ kookwater byvoeg.

Bedien die kerrie op rys.

Die resep is genoeg vir 4 persone.

No comments :

Post a Comment