Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/07/2013

Cass se Kombuis

Cass Abrahams word nie verniet die Suid-Afrikaanse koningin van speserye genoem nie. “Aunty Cass” soos wat sy liefderyk alom bekendstaan, is ‘n ware kulinêre ambassadeur vir Suid-Afrika plaaslik en oorsee. Die gerekende en beminde sjef van Retreat in Kaapstad gaan in die splinternuwe kykNet-reeks Cass se Kombuis resepte takel wat deur die verskillende kulture in Suid-Afrika oor die jare heen groot gunstelinge geword het. Die reeks skop af met die kosse van die destydse Khoisan en reis vandaar deur die verskillende ryk erfenisse uit die spense van onder andere die Franse, Xhosa, Maleiers en Nederlanders.

Episode 1 – Khoisan
Het op 2 Oktober begin.
In die eerste aflewering van Cass se Kombuis maak ons kennis met die liefling van die Kaaps-Maleise kookkuns, Cass Abrahams. Sy skop die reeks af met watertand erfenis-geregte uit die spens van die Khoisan mense van ouds. Kykers kry die geleentheid om resepte soos waterblommetjie-bredie, volstruis-eiers, springbok wildsboud, suurvy konfyt en outydse makataan (waatlemoen konfyt) te leer ken.

Episode 2 – Strandlopers
In die tweede episode gaan kuier “aunty Cass” by die kookkuns van die Strandlopers, wie se dieet destyds hoofsaaklik uit seekos bestaan het. Cass berei ‘n heerlike kreef voor en wys die kykers hoe om kalamari, ‘n geurige mosselpot, smoorsnoek en perlemoen voor te berei.

Episode 3 – Portugese
Die Portugese se kulinere vernuf kom vandeesweek aan die beurt. En wat is ‘n Portugese spyskaart sonder lekker Peri-Peri steurgarnale (prawns). Ander disse sluit in soutvis, pickala, gestampte snoek en 'n wonderlike nagereg wat bekendstaan as churros/spritz.

Episode 4 – Engelse
Vir diegene wat gedink het dit is baie moeilik om ‘n eg Engelse “high tea” voor te berei, dink weer. Cass takel die oud-Engelse gebruik met die heerlikste sjokolade- en-lemoenkoek, lemoncurd tertjies, aarbei-meringue mandjies en Walliese skons. En wat is “high-tea” dan nou sonder egte komkommer toebroodjies.

Episode 5 – Nederlanders
Die Nederlanders het ‘n ryk koskultuur in Suid-Afrika agtergelaat met hul aankoms destyds. Van die geregte is vandag steeds deel van ons kos erfenis. Cass wys ons hoe om die heerlikste aartappel gereg, melktert, souskluitjies en aartappelpoeding met Tutti-Fruitti te maak. En vir die soettand: eg Nederlandse oliebollen.

No comments :

Post a Comment