Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/08/2013

Spaanse boontjiebredie

2 uie, fyngekap
2 rissies, ontpit en fyngekap
2 wortels, geskil en in blokkies gesny
2 rape, geskil en in blokkies gesny
1 knoffelhuisie, fyngekap
sout en peper na smaak
5 mℓ koljandersaad
30 mℓ botter
500 g skaaprib, in stukke gesny
250 g spek, in blokkies gesny
sap van 'n lemoen
500 g boontjies, gekook
500 g tamatiesous

Smoor die uie, rissies, wortels, rape en knoffel saam in die botter oor lae hitte tot sag.

Voeg die vleis en lemoensap by en verbruin dit stadig.

Roer die boontjies by en smoor vir 10 minute oor lae hitte.

Roer die tamatiesous by en smoor verder tot alles goed warm is. Jy kan dit ook in die oond bak, indien jy dit so verkies.

No comments :

Post a Comment