Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/08/2013

Hoender met appel en groente

Hierdie is nie net 'n gewilde smaaklike maaltyd waarvan die hele gesin sal hou nie, maar dit kan ook gebruik word om 'n groot groep mense kos te gee.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bedien: 4 - 6

8 porsies hoender, gebruik boudjies en/of dytjies, die vel verwyder
125 mℓ hoenderekstrak of 5 mℓ hoenderekstrakpoeier en 125 mℓ water

Bedruipsous
30 mℓ olyfolie
15 mℓ balsemasyn
30 mℓ appel- of bosbessiejellie of appelkooskonfyt
5 – 10 mℓ fybgedrukte knoffel
125 mℓ appelsap
2,5 mℓ sout
varsgemaalde swartpeper

Groente en appel
2 medium wortels, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 medium witwortels, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 medium patats, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 dik skywe pampoen, geskil en in 2 cm stukke gesny
30 mℓ roosmarynblare
2 groen appels, ontpit en in 2 cm stukke gesny

Vir garnering
250 g jong groenboontjies
varsgemaalde swartpeper
gekookte rys of koeskoes



Plaas die hoender in 'n souspan saam met die ekstrak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15 minute.

Meng die bestanddele van die bedruipsous.

Plaas die groente en roosmaryn in 'n oondbak. Versprei dit oor die bodem van die bak.
Plaas die stukke hoender tussen die groente.
Verf die hoender met die bedruipsous. Sorg dat daar sous aan alle kante van die hoender is. Gooi sommer enige oorblywende aftreksel oor die groente en hoender.
Bak by 180ºC vir 20 minute.

Gooi die appel by en bak vir nog 20 minute. Die groente moet gaar wees en ten minste al begin verkleur het.

Die groenboontjies kan met water bedek word in 'n souspan en onbedek gekook word vir 5 minute.

Skep die hoender en groente in die bak waarin jy dit wil bedien en garneer met die groenboontjies en varsgemaalde peper.

Bedien saam met rys of koeskoes.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment