Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

2/10/2015

Périgueux-sous

Die sous is vernoem na die stad Périgueux in Frankryk.

125 mℓ bruinsous
125 mℓ tamatiesous
3 truffels, fyngekap
200 mℓ madeirawyn
Sout en varsgemaalde swartpeper

Gooi die wyn en truffels saam in ’n klein souspan en prut stadig tot die vloeistof met die helfte verminder het.
Voeg die bruinsous en tamatiesous by en prut nog ’n bietjie.
Geur met sout en peper.

No comments :

Post a Comment