Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

10/15/2008

Kersfees in Witrivier

Laurette van der Westhuizen woon in Witrivier waar dit nogal warm kan raak die tyd van die jaar. Sy wil graag vanjaar Kersfees 'n spesiale geleentheid maak vir haar gesin en het kom aanklop vir 'n paar wenke. Hier volg 'n paar wenke vir Laurette en die volgende week of twee gaan al die resepte gemik wees op haar Kersete. Ons hoop sy stuur vir ons 'n paar foto's.


Indien daar kleuter en peuters is. Maak vir hulle 'n aparte tafel. Laat hulle Jesus se geboorte vier en asseblief moenie verwag hulle moet styf voor 'n bord kos gaan sit nie. Dek alles wat jy by 'n partytjie gaan kry. Daardeur sal hulle onthou dit is Jesus se geboortedag en nie die dag met 'n geraas en baklei vereenselwig nie.

10 jaar + vra waar hulle wil sit. Erken en respekteer hulle wense.

Sit staaltafels teen mekaar indien jy nie 'n groot genoeg tafels het nie. Dit kan gehuur word. Bestel nou al. Kry ´n groot tafeldoek. Wat van dowwe pienk vir ´n verandering.
OVERLAY'S IS UIT.
Kry ´n lang lap, ´n halfmeter breed, wat afhang aan die kante en werk tossels aan die punte - kleur: net ligter of donkerder as tafeldoek. Dit lyk duursaam. Sit van een kant na ander oor tafel.
GEEN PAPIERSERVETTE. Maak lapservette Vou sodat dit lank is en ± 10 cm breed. Sit langs eetgerei. Dit moet ook afhang van tafeldoek.

Maak 'n draai by die straatsmouse en koop 2 lang blik blomhouers, ± halfmeter hoog. Koop oase wat in die bekke gaan pas en vul hulle met jou kleur rose. Rangskik die rose styf teenmekaar. Sit die blombakke op die PUNTE van die tafel. Die eetgerei moet nie op die punte gedek word nie. Dit bring die mense nader aan mekaar en niemand is die hoof nie, net Jesus. Jy kan kleiner bakke ook koop om orals rond te sit met rose in. ASSEBLIEF nie GIPS nie. Sit net hier en daar 'n groen stewige loof in.

Soek by jou naaste Crafts-winkel vir die groot ongebakte borde en kleinborde. Koop 'n blikkie silwer of goue verf vir jou borde en roesverf vir jou blombakke.

Die drie glase langs mekaar vir die verskillende wyn / sjampanje lyk mooi.

Sit 3 of meer kleinbordjies met ´n verskeidenheid kerse in die middel van die tafel. Byvoorbeeld: Een gewone lang kers wat vierkantig is, dan korter gewone ronde kerse, dan dikker korter kers en dan ronde klein kers. Hou dit spierwit of enige ander een kleur van jou keuse. Vir 'n warm ete sal ek nie die nuwerwetse papierkandelare laat hang aan die dak nie. Hou by jou kerse.

Probeer om die voorgereg in interessante bakkies te bedien, nie in kleinbordjies nie.

Binne of buite die huis is jou keuse. Kyk wat die weerberigte sê. Maar indien jy 'n onthaalarea het sal dit stunning lyk.

As gaste aankom bedien jy sjerrie in die onthaalarea. Dek ´n klein tafeltjie en sit likeurglase vol sjerrie daarop. Los een oop bottel op tafel. Geen fonteintjies of ander goete daarby nie.

Slaai - Mengelslaai is altyd lekker maar onthou om alles by te sit.

Spyskaart



Voorgeregte

Sampioene met hoenderlewer / Mosselsop



Hoofgeregte

Pienk kalkoen kebabs

Volstruisfillette met rooikerrie


Bykosse

Pampoenkoekies

Blomkool met kaassous

Gebakte aartappel

Jasmynrys / Koeskoes op klein pannekoekies

Uitpakslaai / Piesang-en boontjieslaai


Nagereg

Pere in stroop met kaneelroom / Vrugte Brûlée

deur Petro van der Westhuizen

No comments :

Post a Comment