Witvissies is klein vissies wat jy net so heel eet. In Engeland is dit 'n gewilde voorgereg. In Europa is hulle oral te koop, maar in Suid-Afrika is dit soms moeilik om op te spoor. Soek vir hulle by deli’s of spesialis viswinkels.
Resep vir witvissies
Bangers & Mash is een van Brittanje se top 10 gunsteling 'troos-geregte' (comfort food), maar net so gewild onder Suid-Afrikaners hoewel boerewors en plaaslike varkwors ewe goed vaar.
Lees meer oor Bangers & Mash
Tradisioneel word herderspastei gemaak met maalvleis van lam. In Suid-Afrika gee ons nie regtig om nie.
Resep vir herderspastei
Bakewell-tert is 'n gewilde Engelse nagereg. Dit is oorspronklik van 'n dorpie met dieselfde naam. En hulle net so baie van vla oor hul poeding soos ons - dit staan nie sonder rede ook bekend as crème anglaise nie.
Resep vir Bakewell-tert
Resep vir vla

Resep vir Yorkshire-poeding
Wat eet hulle in Londen? Die plaaslike cuisine van die stad weerspieël eerder sy multikulturele bevolking as tradisionele inheemse disse. Die gewildste dis in Engeland vandag is van Indiese oorsprong; kerrie-en-rys.
No comments :
Post a Comment