Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

11/25/2013

Pikante appel- en witwortelsop

Sop is weereens ‘n staatmaker om familie en gaste tevrede te stel en komplimente uit te lok. Berei genoeg van die heerlike sop voor om toe te laat vir tweede skeppies.

Voorbereidingstyd: 10 min
Gaarmaaktyd : 20 min
Lewer: 6 - 8 porsies

1 ui, grofgekap
15 ml botter of olyfolie
5 ml gekapte vars knoffel (1 huisie)
2,5 ml gerasperde vars gemmer
1 ml mosterdpoeier
1 ml gemaalde komyn
2,5 ml garam masala of kerriepoeier
2,5 ml addisionele gunsteling sterk of matige kerriepoeier
ruim knippie neutmuskaat (opsioneel)
2 - 3 witwortels (± 300g), geskil en opgesny
2 appels, geskil en opgesny (bv Braeburn of Granny Smith)
1 liter water
5 ml hoender- of goente-ekstrakpoeier
5 ml suurlemoensap of 2 ml wit asyn
10 ml bruinsuiker
2,5 ml sout
60 ml room of ingedampte melk

Om te garneer en te bedien:
gemaalde swart peper
diagonaal gesnipperde grasui

Soteer die ui 2 minute lank stadig in botter of olie, terwyl dit van tyd tot tyd geroer en ‘n ligte goue kleur verkry word.
Voeg die knoffel, gemmer en speserye by en soteer en roer nog 2 minute.
Voeg die witwortel en appel, water, ekstrakpoeier, suurlemonesap of asyn en suiker by en bring tot kookpunt. Verminder die hitte, bedek gedeeltelik en laat 20 minute lank prut.

Versap die mengsel met ‘n stangversapper tot glad en roer die room of ingedampte melk by. Pas die geurmiddels aan en bedien warm, besprinkel met swart peper en grasui.

Variasies:
Appel-, prei- en witwortelsop
Vervang die ui met prei en garneer met gekapte pietersielie.

Peer- en babamurgpampoentjiesop
Vervang die appels met pere en die witwortel met babamurgpampoentjies. Garneer met gesnipperde anysknol (fennel) of kruisement.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

No comments :

Post a Comment