Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

8/26/2012

Hoe om te marineer

Die doel van 'n marinade is om geur te verskaf aan die vleis of vis en in sommige gevalle die vleis ook sagter te maak.

Marinades wat wyn en groente bevat word gewoonlik eers gekook voor dit gebruik word. Die gekookte marinade word eers afgekoel voor dit gebruik word. Vir biefstuk (steak) en vis word gewoonlik 'n ongekookte marinade gebruik.

Jy sou dalk al opgelet het dat die hoeveelheid marinade gewoonlik baie klein is. Gebruik 'n dipe bak om vleis te marineer. Die vleis moet net in die bak pas. Gooi die marinade op die vleis. Draai die vleis af en toe om. Die idee is om dit net klam te hou aan weerskante.

Wild moet ten minste 3 dae in marinade lê. Bees en lam ten minste 24 uur en biefstuk of vis 2 tot 3 uur.

Biermarinade vir vark

Marinade vir hoender

Marinade vir vis

Marinade vir lam

Marinade vir bees

Hoender in Coke

Marinade vir wild

Potjiemarinade

Hoendermarinade

Braaivleismarinade

Marinade vir spit of rooster (tamatiemarinade)

Pynappelmarinade

Wynmarinade

Romerige marinade

Mosterdmarinade

Roosmarynmarinade

Petro se marinade

Kerriemarinade

No comments :

Post a Comment