Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke D

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Dadels
Hou dadels in 'n lugdigte houer in die yskas. Dit sal vir tot 8 maande behoue bly.

♦♦♦

Gebruik dadels in plaas van suiker in 'n resep.


Deeg

Stukkies deeg wat aan die oppervlak kleef moet altyd afgeskraap word, anders maak dit die uitgerolde deeg klonterig.

As jy pasteideeg maak, plaas die koekroller vir 'n paar uur in die yskas vooraf, dit vergemaklik die uitrol van die deeg aansienlik.

Plaas 'n stukkie plastiek oor deeg wat moet rys. Dit voorkom dat 'n harde lagie vorm.


Droë kos

Week bone, stampmielies en ander soortgelyke droë kos oornag. Dit sal tyd, geld en ure se kookwerk spaar.


Droëvrugte

Vyetakkies by droëvrugte hou die miet weg.


Druiwe

Om druiwe te skil - doop dit vir 2 minute in kookwater en dan in koue water.

No comments :

Post a Comment