Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke W

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Wasbak

'n Wasbak van vlekvrye staal kan jy goed laat blink deur dit te was met sodawater en witasyn. (Lalie)

Roesmerke op ’n wasbak kan jy behandel deur die vloeistof wat vir sigaretaanstekers gebruik word daarop te spuit. Maak dan skoon met jou opwasmiddel.

Indien daar onaangename reuke by jou wasbak is, gooi 'n koppie asyn in die drein en laat vir 30 minute staan. Spoel agterna met koue water.


Watervlek

Indien jy hardnekkige watervlekke in 'n beker of houer het, vul die houer met asyn en laat staan 'n paar uur en verwyder dan met 'n skuursponsie. (Asyn kan oor en oor gebruik word vir die doel)


Weense worsies

Hou Weense worsies in tinfoelie sodat dit nie slymerig word soos in plastiek nie.


Wors

Doop wors in kookwater voordat jy dit bak, dan sal dit nie oopbars nie.

Wortels

Indien jy wortels in slaai gebruik, en dit is nie baie jong wortels nie, gebruik net die buitenste gedeelte. Jy sal sien die binneste pit is ligter van kleur. Dit het nie baie geur nie. Hou dit eerder vir sop en aftreksel.

Wyn

Moenie die oorskiet wyn wat oorbly weggooi nie. Vries dit in blokkies en gebruik in disse en souse.

No comments :

Post a Comment