Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke M

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Maalvleis

Gooi 'n teelepel by maalvleis wanneer jy dit braai. Dit help om die vet en vleis te skei.


Maaskaas


Die gewone maaskaas in supermarkte hou langer indien jy dit onderstebo bêre.


Masala


Gebruik 'n mengsel van komyn en koljander, indien jy nie masala het nie.


Mayonnaise

Indien mayonnaise te skerp smaak in 'n slaai kan jy dit verbeter deur eers joghurt met die slaairoom te meng.

♦♦♦

Indien jy sukkel om die laaste mayonnaise uit die bottel te kry. Gooi 'n paar druppels van jou gunsteling asyn by. Draai die deksel op en skud.


Meel

Hou meel in 'n lugdigte houer om dit vars te hou.

♦♦♦

Plaas 'n lourierblaar in meel om miet uit te hou.

♦♦♦

Bêre enige meel,koekmeel, mieliemeel, ens., in die vrieskas. Dit sal langer vars bly.


Melkkos

Melkkos smaak lekkerder as jy 5 ml vlapoeier daarby inroer.


Messe

Messe van vlekvrye staal bly langer skerp.


Messegoed

Om jou messegoed weer te laat skitter moet jy dit 24 uur lank week in 'n mengsel van 1 deel bleikmiddel en 2 dele water.


Mielie
As jy 'n mielie koop moet die blare nog klam voorkom. As dit oud en vergeel lyk is die mielie oud.


Mielieblom

Koekmeel kan as 'n plaasvervanger vir mielieblom gebruik word, maar jy moet dan dubbeld die hoeveelheid gebruik.


Mieliemeel

Week mieliemeel oornag in water en jy hoef dit net 15 minute lank te kook in die oggend.


Miere

Indien jy 'n probleem het met miere in jou kombuis sal dit help indien jy al die werksoppervlaktes en kaste uitwas met witasyn.


Miet

Om miet uit jou koskaste te kry moet jy al die kos weggooi wat moontlik miet in het of kan hê. Blikkies kan gehou word, maar die etikette moet afgetrek en weggegooi word. Verwyder die rakke indien moontlik en stofsuig alles. Gaan met 'n baie warm haardroër deur die kas om te sorg dat elke hoekie en gleufie kurkdroog is.


Mikrogolfoond

Meng 60 ml asyn met 250 ml water en kook dit in die mikrogolfoond. Dit sal aangepakte spatsels los maak en dit makliker maak om jou oond skoon te maak.


Mossels

Wanneer jy mossels koop moet dit ongeveer 450 g per persoon wees. Dit maak voorsiening vir die wat jy gaan weggooi.

Mossels wat oop is, gebreekte skulpe het of na bo dryf gedurende die gaarmaakproses is nie meer reg nie.

♦♦♦

Lewendige mossels moet geëet word op dieselfde dag as wat jy dit gekoop het. Hou hulle in die yskas onder 'n klam afdroogdoek voor jy hulle gaarmaak.

♦♦♦

Mossels kan gevries word in plastieksakkies.


Muffins

As jy muffins bak en jy vul nie al die muffinholtes nie, gooi water in die res sodat die hitte eweredig versprei kan word.

♦♦♦

Verhit muffins langs 'n koppie water in 'n mikrogolfoond. Dit hou hulle klam en verhit dit vinniger.


Muggies

Meng 500 mℓ water met 30 mℓ suiker, 30 mℓ appelasyn en 'n paar druppels opwasmiddel. Dit sal muggies aantrek. Verwyder ook enige verrotte organiese materiaal uit jou kombuis.


Muskiete

Brand takkies basiliekruid op 'n braaivleisvuur om muskiete te verdryf.

No comments :

Post a Comment