Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke S

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Safraan

Die blomblare van Skotse gousblomme is 'n goedkoop plaasvervanger vir safraan in geregte.


Sampioene

Bêre sampioene in 'n bruin papiersakkie in die yskas. Dit hou langer as in plastiek.


Skaal

Bedek die bak van 'n kombuis-skaal met kleefplastiek voordat jy die bestanddele daarop weeg. Die bak bly skoon en jy hoef dit nie te was nie.


Skons

Tamatiesap in plaas van melk verleen 'n soutsmaak aan skons - heerlik met botter en kaas daarop.


Skottelgoedwasser

Om jou skottelgoedwasser skoon te maak gebruik jy 'n klam lap wat in koeksoda gedoop is. Indien daar nare reuke in jou skottelgoedwasser is sprinkel jy bietjie koeksoda onder in die masjien en laat dit oornag staan.

♦♦♦

Vir skoon en blink glase gooi jy 500 mℓ witasyn onder in die skottelgoedwasser, sit gewone wasmiddel in en laat die masjien loop.


Slaai

Slaaikoppe bly langer vars in die yskas in papiersakke, nie plastieksakke nie.

♦♦♦

Maak verlepte slaaiblare weer bros deur dit in ´n bak yskaswater te plaas; nie yswater nie.


Slaaisous

Gebruik die soetsuur vloeistof van piekelagurkies om 'n lekker slaaisous te maak.

♦♦♦

Indien jy sukkel om die laaste slaaisous uit die bottel te kry. Gooi 'n paar druppels van jou gunsteling asyn by. Draai die deksel op en skud.


Smoor

Smoor is die beste gaarmaakmetode vir goedkoop vleissnitte en taai wild.

♦♦♦

Alle gesmoorde vleis moet eers gemarineer word voor dit gaargemaak word.


Snoek

As snoek te sout is, week dit oornag in koue water en kook die volgende dag vir 'n rukkie in vars water. Moenie weer sout byvoeg nie.


Snybord

Om jou hout snybord te ontsmet moet jy dit afvee met wit asyn.

Sop

Om die vet van sop af te skei, gooi die sop deur 'n doek wat goed natgemaak is in koue water.

Sosaties

As jy beplan om sosaties te berei, smeer eers 'n bietjie olie aan die stokkie. Dit sal baie makliker deur die bestandele steek.


Sous

Gebruik kits kapokaartappels om sous of sop te verdik.

♦♦♦

Gooi 'n bietjie suurlemoensap by 'n sous wat te soet is.

♦♦♦

Om sous mooi bruin te maak, kan jy een teelepel kitskoffie byvoeg. Dit verander nie die smaak erg nie, net die kleur.

♦♦♦

Die geur van menige sous of sop word opgekikker met 5 mℓ asyn.


Sout

Plaas 'n rou aartappel in jou sop/bredie indien jy te veel sout ingegooi het. Die aartappel absorbeer die ergste soutsmaak.

♦♦♦

Wanneer gereg te sout is gooi bruinsuiker by.

♦♦♦

Gooi 'n paar ryskorrels in die soutpotjie om te verhoed dat die sout klonterig raak in klam weer.

♦♦♦

Om sout wat in potjies vassit los te kry, plaas potjie eers 'n paar minute in lou oond.

♦♦♦

Sout vleis voor jy dit kook. Dit help om die natuurlike suikers van die vleis te karamelliseer, wat die vleis sappig en geurig maak. Gebruik growwe sout.

♦♦♦

Soutwater vat langer om te kook, so gooi die sout eers by wanneer die water kook vir byvoorbeeld pasta.

♦♦♦

Hou altyd 'n houer tafelsout gereed by die stoof. Sou 'n pan of kastrol met vet of olie vlam vat kan jy dit smoor deur sout daaroor te gooi.

♦♦♦

Soutvleis

Sit 'n stukkie suurlemoen in die water waarin soutvleis gekook word. Dit laat die vleis gouer sag word.


Spek

'n Paar druppels vars suurlemoensap by die ontbytspek gee 'n heerlike geur.


Spinasie

Spinasie was gouer skoon in soutwater.

♦♦♦

Kook spinasie met die deksel af om die kleur mooi groen te hou.


Springmielies
Mikrogolf jou springmielies in 'n bruinpapiersak. Dit is baie goedkoper en gesonder as die gekoopte soort.


Stoof

Maak jou stoof skoon met 'n mengsel van sout en asyn.


Stroop

Red stroop wat versuiker het deur die deksel af te haal en dit 30 sekondes op hoog te mikrogolf. Roer dan tot die sandsuiker opgelos is. Let asseblief daarop dat jy dit nie met plastiekhouers kan doen nie.


Suiker

Suiker en botter sal gouer meng as 'n bietjie suurlemoensap bygevoeg word.

♦♦♦

Bruinsuiker wat hard geword het, kan weer sag gemaak word deur dit 'n paar dae in die yskas te hou.

♦♦♦

Gebruik 200 ml heuning of gouestroop as plaasvervanger vir 250 ml suiker.


Suurlemoen

Laat lê 'n suurlemoen in warm water voor jy dit uitdruk. Jy sal meer sap kry.

♦♦♦

'n Plaasvervanger vir 5 ml suurlemoensap is 3 ml asyn.


Suurroom

Om vinnig suurroom te maak - neem vars room en voeg 'n bietjie karringmelk of suurlemoensap by. Dit proe die beste indien dit oornag gestaan het.

♦♦♦

'n Ander Plaasvervanger vir 250 ml suurroom is 250 ml melk plus 20 ml suurlemoensap of 15 ml asyn.


Swartsakke

Swartsakke vir die asblik is altyd in 'n gemors. Die ene wat nie op die rolle is nie. Soos jy dit oopvou uit die vierkantige gevoude bundel, draai dit net langwerpig, hang dit op 'n hanger wat jy agter jou kombuisdeur het, en die sakke kom een een netjies op 'n keer van die hanger af. (Cathy Jordaan)

No comments :

Post a Comment