Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke E

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Eier

Wanneer jy eiers bak, sprinkel 'n bietjie sout of meel oor die olie voordat hy die eier in die pan breek. Die eier sal dan nie aan die boom van die pan vassit nie.

♦♦♦

Om te keer dat eiers bars wanneer jy dit kook, sit 'n speld of teelepel in die kastrol.

♦♦♦

Om eiers langer vars te hou meng 400 g ongebluste kalk met 6 liter water en plaas die eiers daarin.

♦♦♦

Gooi gekookte eiergeel in ’n zip-lock sakkie. Seël sakkie en druk fyn. Gooi ander bestanddele by en meng goed. Sny nou die punt van die sakkie stukkend. Druk die inhoud by die gaaitjie uit. Gooi dan die sakkie weg.

♦♦♦

Geklitste eiers met ’n knippie sout kan vir 3 maande gevries word.

♦♦♦

Eiers by langer vars as hulle by ’n temperatuur van 5°C en by ’n voggehalte van 70% tot 80% bewaar word. ’n Lae temperatuur verhoed ook dat organismes in die eier groei.

♦♦♦

Dop gekookte eiers dadelik af om te keer dat 'n swart ring om die eiergeel vorm.

♦♦♦

As jy koek bak en jy het nie eiers nie, gebruik asyn. 1 teelepel asyn is die ekwivalent van 1 eier.

♦♦♦

As jy eiers oopbreek en die eierwit en eiergeel loop dadelik dan is die eiers nie baie vars nie.

♦♦♦

As jy die eier oopbreek om dit gaar te maak, gooi dit altyd eers in 'n piering anders kan jy dalk die ander eiers in die pan bederf as daardie een vrot is.

♦♦♦

As jy 'n gekookte eier se dop oopgesny het en dis nog te rou na jou sin, plaas die afgesnyde deel terug en bedek die hele eier met kleefplastiek. Sit dit terug in die kookwater en kook dit verder.

♦♦♦

Gooi sout op 'n eier wat op die vloer val en breek. Wag 5 minute en maak dan maklik skoon.

♦♦♦

As jy nie genoeg eiers het vir 'n resep nie kan jy 1 uit 3 met 15 ml mielieblom vervang.

♦♦♦

Moenie eiers gebruik wat ouer as 21 dae is nie. Dit is nie meer vars nie.

♦♦♦

Bêre eiers met die gepunte deel na onder in die yskas. Dit bly langer vars so.

♦♦♦

Plaas 'n eier in water om te bepaal of dit vars is. Indien dit dryf is dit nie meer vars nie.

♦♦♦

Klits eierwitte net voor gebruik, want hulle hou nie lank hulle volume nie.

♦♦♦

Om eiergeel 'n paar dae lank vars te hou, gooi koue water of olie bo-oor, bedek en bêre in die yskas.

♦♦♦

Sny hardgekookte eiers deur met 'n mes wat in water gedoop is en die eiergele sal nie breek nie.

♦♦♦

Eierwitte kan 3 weke lank vars gehou word in 'n fles met 'n deksel in die yskas.

♦♦♦

Voeg 'n knippie sout by eierwit as jy dit klop, die eierwit sal gouer styf word.

♦♦♦

Voeg bietjie asyn by die water as jy eiers bak. Dit keer dat die eiers bars.

♦♦♦

'n Lepel asyn in die water wanneer jy ´n eier posjeer keer dat die wit versprei.

♦♦♦

Week papierhanddoek in 2 eetlepels asyn. Vee die mengbak of draadklitser af met die handdoek voor jy eierwitte klop. Droog af en klits dan jou eierwitte. Dit sal ekstra volume hê.


Eiervrug

Plaas eiervrugskywe in 'n vergiettes en besprinkel met sout. Laat 30 minute lank staan, spoel af en druk droog met handdoekpapier. Die metode voorkom dat die eiervrug tydens die gaarmaakproses water trek, dit verwyder die bitter smaak en voorkom ook dat dit pap word of te veel olie absorbeer wanneer dit gebraai word.

No comments :

Post a Comment