Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke R

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Radyse

Skud radyse in 'n fles vol water om hulle deeglik te was.


Ravioli

Moet nooit gaar ravioli in 'n vergiettes gooi nie. Skep dit uit jou pastapot met 'n gaaitjieslepel.


Reuke

Anita Marais: Vir onaangename reuke, bv. in yskas, kaste of enige plek. Plaas katsand in tinfoeliebakkies en laat staan dat reuk in sand intrek.

♦♦♦

Plaas 'n piering met vanielje in die kombuis om van die reuk van gebraaide voedsel ontslae te raak.

♦♦♦

Verwyder reuke in die kombuis deur 'n kastrol met met asyn en water te kook.


rissie

Voeg ’n paar druppels vanilla-ekstrak by geregte met rissie. Dit neutraliseer die hitte van die rissie effe, maar bring die geur meer na vore.


Roereier

Vir lekkerder roereiers of omelette, klits suurroom, roomkaas of room by.

♦♦♦

Gooi 'n bietjie mosterd by roereiers, vir meer kleur en geur.

♦♦♦

Die roereiers sal meer wees as vir elke eier 'n teelepelvol mielieblom bygevoeg word.

♦♦♦

Voeg 'n skootjie sjerrie by die eiermengsel vir roereier vir 'n heerlike smaaksensasie.


Rook

Anneke: Indien jy vleis aanbrand en die rook laat jou kombuis stink verhit jy 'n baie asyn. Gooi dit in 'n paar bakke en sit dit oral in die kombuis. Laat dit so staan vir 'n dag of twee. Dan brand jy vanieljekerse.


Room

Twee teelepels heuning in vars room sal help dat die room lekker dik klop.

♦♦♦

Drup lepels geklopte room op waspapier en bevries dit vir daardie koppie koffie later.

♦♦♦

Om room styf geklits te kry voeg bietjie kremetart by.

♦♦♦

Voeg 'n bietjie opgeloste gelatien by indien jy sukkel om room styf te klop.

♦♦♦

'n Plaasvervanger vir 250 ml room is 185 ml melk plus 65 ml botter OF 170 ml karringmelk en 80 ml olie.


Roomys

Sit 'n klein marshmellow onder in ´n roomyskelkie. Dit sal verhoed dat die kelkie lek.

♦♦♦

Gevriesde roomys sal makliker skep as jy dit vir 'n halwe minuut in die mikrogolfoond verhit.

♦♦♦

Moenie roomys direk uit die vrieskas probeer uitskep nie. Laat dit minstens 10-20 minute in die yskas.


Rys

Voeg 'n teelepel droë klapper en 'n pakkie sampioensop by jou rys vir 'n heerlike geur.

♦♦♦

Voeg 'n teelepel asyn by wanneer jy rys kook. Dit maak die rys makliker hanteerbaar.

No comments :

Post a Comment