Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke G

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Gas
Gas is vinniger en nadat ek dit nou by my ingesit het, maak ek makliker kos (en geniet ek dit meer!). Een probleem wat ek het is dat my kos nie lekker kan prut nie. Wat doen ek om vleis langer en dus sagter te kook in bredies? - Frikkie Wallis
Bianca skryf: Die klein gasplate is normaalweg stadiger. Die verhouding tussen plaat en pot is ook belangrik. Groot pot en klein plaatjie prut lekker saam.


Glase

Wanneer glase inmekaar vassit - plaas onderste een in 'n bakkie met warm water en gooi koue water in boonste een.


Gousblomme

Die blomblare van gousblomme is ‘n goedkoop plaasvervanger vir safraan in geregte.


Grasuie

Grasuie moet normaalweg teen die einde van die kookproses gebruik word, anders ontwikkel dit 'n bitter smaak.


Groenbone

As jy groenbone kook, haal die deksel vir die eerste paar minute af wanneer dit begin kook om die kleur te behou.


Groente

Om groete langer vars te hou, draai dit toe in waspapier voordat dit in die yskas gebêre word.

♦♦♦

Om groente gouer te laat sag kook, voeg 'n teelepel suiker by terwyl dit kook.

♦♦♦

Moenie groente te lank kook in koper- of gietysterpotte nie - die metaal vernietig vitamien C.

♦♦♦

Marie de Klerk :
"Om groente langer te bewaar in die koelkas plaas dit saam met 'n wortel of twee in 'n lugdigte houer. Wortels absorbeer alle vog van die ander groentes m.a.w. dit word nie sweeterig nie."

♦♦♦

'n Goeie manier om groente met 'n fyn tekstuur gaar te maak is om dit stadig in botter te kook, voorbeelde is ertjies en spinasie.

♦♦♦

Meeste groente sal langer hou in die yskas indien dit met plastiek bedek is.

♦♦♦

Gee verlepte groente nuwe lewe deur dit in koue water te week waarby 'n bietjie asyn gegooi is. Dit help ook om enige bakterieë op die groente dood te maak.

No comments :

Post a Comment