Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke T

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Tamarinde
Indien jy nie tamarinde kan kry nie, gebruik 'n bietjie karringmelk gemeng met asyn.

Tamaties
Maak groen tamaties ryp deur hulle in 'n nat afdroog-doek toe te draai en in 'n papiersak te sit.

Tamatieslaai
'n Bietjie suiker by tamatieslaai verbeter die smaak.

Toffielekkers
As jy toffie lekkers of fudge maak, giet die warm mengsel in platiek ysbakkies wat jy vooraf met margarien gesmeer het.

Tong
Die vel van tong sal maklik aftrek indien daar asyn by die water gegooi word as die gekook word.


Tupperware

Smeer jou taai of gevlekte Tupperware met 'n pasta van koeksoda en laat dit oornag staan.

Voorkom vlekke en klewerigheid deur die houers dadelik af te spoel nadat jy dit gewas het.


Turksvy

Turksvypitte verhard indien jy dit verhit. Druk die turksvy deur ’n sif om die pitte te verwyder, voor jy dit gebruik in ’n gereg waar hitte betrokke is.

Verwyder turksvydorings deur die vrug versigtig te vryf met ’n dik growwe lap.

Die blare van die turksvy kan as slaai gebruik word.

No comments :

Post a Comment