Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke P

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Pampoen

Om 'n gesnyde pampoen vars te hou, verwyder die pitte en bedek die binnekant met 'n lagie koeksoda.

♦♦♦

As jy weer pampoenkoekies bak, doop eers die skeplepel in die warm olie voordat jy die deeg uitskep. Die deeg sal dan nie aan die lepel vasklou nie.

♦♦♦

Om pampoen makliker te skil - maak ‘n stuk pampoen warm vir 2 minute op hoog in die mikrogolfoond. Skil dan.


Pan

Skrop muwwerige panne wat roes skoon met asyn en laat droog word in die son.

♦♦♦

Voordat 'n nuwe pan gebruik word, kook 'n bietjie skoon asyn daarin vir 'n paar minute. Sal ook voorkom dat vasbrand.


Pannekoek

Voeg 'n bietjie asyn of witwyn by pannekoekdeeg om te verhoed dat dit taai word.

♦♦♦

Warm melk oor pannekoeke sal verhoed dat hulle taai raak.

♦♦♦

Verwyder die bruin aanpaksel met ´n droë stukkie staalwol, terwyl die pan nog warm is.

♦♦♦

Verhit pannekoek langs 'n koppie water in 'n mikrogolfoond. Dit hou hulle klam en verhit dit vinniger.


Pap

Patricia: "Ek ondervind as ek pap maak en my pap is so amper gaar, voeg 2 rou eiers in jou pap wat nog kook op die stoof, roer dit deeglik deur, los die botter of die bakpoeier om dit fluffy te maak. Die rou eiers maak' n groot verskil en gee' n lekker smaak aan daardie pot pap."

Parmesaan

Waar moontlik gebruik vars gerasperde Parmesaankaas wanneer dit in resepte benodig word, nie die wat jy so koop nie. Dit gee die beste geur.

♦♦♦

Die ideale manier om parmesaan te stoor is toegedraai in 'n afdroogdoek in die groentelaai van die yskas.


Pasta

Kook pasta in ‘n draadsif of vergiettes in die pot. Sodra dit gaar is, lig jy dit net op terwyl die water in pot agterbly.

♦♦♦

As jou pastasous te waterig en dun lyk, voeg 'n rou eier by en roer goed net voordat jy dit van die hitte verwyder.

Patats

Voeg 'n paar lemoenskyfies met skil aan by gestoofde patats vir 'n heerlike geur.

♦♦♦

Stowe patats kry 'n mooi kleur as 'n mespunt koeksoda bygevoeg word terwyl dit kook.


Pasta

Gebruik mayonnaise om oor pasteie te smeer. Dit bevat ook eier en so spaar jy 'n eier.


Peper

Peper is gebruik om kos te bewaar, voor ys geredelik beskikbaar was.

Pere

Indien jy wil hê jou pere moet gouer ryp raak, sit hulle in 'n papiersak saam met 'n appel. Maak 'n gaatjie aan die bokant en laat staan dit op 'n warm plek.

Piekels

Piekels moet altyd, wanneer dit geweek word in sout, in 'n glas of keramiek bak wees.

Piesang

Om te voorkom dat piesangs verkleur in 'n tert of gereg: gooi kokende water oor ongeskilde piesang en binne oomblikke sal skil begin verkleur. Wag totdat grootste deel van die skil verkleur.Gooi water af, skil af en gebruik soos benodig.

♦♦♦

Bêre groen piesangs in 'n bruin papiersak in 'n donker, warm plek om dit ryp te maak.

♦♦♦

Breek jou piesangs los vanmekaar as jy by die huis kom daarmee. Dit sal dan stadiger ryp word, as wat hulle vas aan mekaar is.


Pizza

Gebruik 'n kombuisskêr eerder as 'n mes om pizza mee te sny - dit is baie makliker.

♦♦♦

Om oorskiet pizza op te warm, sit dit bo-op die stoof in 'n nie-kleefbare pan en maak warm op lae hitte.

Plastiekhouers

Het jy plastiekhouers met reuke wat nie wil uit nie. Vul die houers met kookwater en 250 mℓ asyn en laat oornag staan.

Pot

Anoniem: Ek het nou die dag my pap pot verbrand en gesukkel om die swart onder af te krap. My dogter kom daaraan en sy gooi bietjie Domestos met bietjie water in die pot en maak effens warm die swart kom af sonder skuur of enige gesukkel, pot lyk weer normaal.

♦♦♦

Om jou potte en panne blink en skoon te hou, gebruik witasyn en koekie sunlightseep en skuur met staalwol.

♦♦♦

Was jou potjiekospot met warm seepwater, droog af en spuit met Spray-'n-Cook. Dit voorkom dat dit roes.

♦♦♦

Vir enige potte wat erg aangebrand het gooi een koppie jik of domestos daarin en laat een uur staan en spoel uit. Daar bly nie 'n teken van brand oor nie.

♦♦♦

Strooi koeksoda op die aangebrande deel in 'n pot. Maak klam met 'n bietjie water.

♦♦♦

Citrus soda en asyn maak 'n aangebrande pot sommer vinnig skoon.

No comments :

Post a Comment