Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke H

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Heuning

Heuning is die enigste kos wat nie verrot nie.

Red heuning wat gekristalliseer het deur dit te verhit, en NIE in die yskas te bêre nie.

Red heuning wat versuiker het deur die deksel af te haal en dit 30 sekondes op hoog te mikrogolf. Roer dan tot die sandsuiker opgelos is. Let asseblief daarop dat jy dit nie met plastiekhouers kan doen nie.


Hoender

Om hoerdervleis sag en sappig te hou, gooi 'n koppie asyn oor voordat dit gaargemaak word.

Gebruik 'n kooktang in plaas van 'n vurk om hoender om te draai. Dit verhoed dat die vel geprik word en die sous verlore gaan.

'n Mens kan hoenderstukkies in sterk soutwater wat koud is laat lê vir so 30 minute voor jy dit braai. Die resultaat is lekker sappige hoender. (Christine van Staden)

No comments :

Post a Comment