Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

6/30/2008

Wenke U

WENKE A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

Ui

As jy rou ui wil gebruik, maar die ui is baie sterk. Laat dit vir 30 minute in yswater lê. Dit is dan soet en vars.

♦♦♦

Die reuk van 'n ui wat aan hande kleef nadat daarmee gewerk is kan geneutraliseer word deur 'n mens se hande met bietjie koffiepoeier te vryf nadat uie hanteer is. Was hande daarna gewoon en siedaar die uiereuk is verbloem. (Yolandi Hall)

♦♦♦

Wanneer jy die ui klaar geskil het en voordat jy die ui in stukke sny, spoel hom eers af met water, dit sal al die sappe wat jou oë laat brand afspoel. Jy kan ook jou neus toehou met een of ander knyper, sodat jou neus nie die walms kan opvang nie.
As jy klaar uie gesny het, spoel jou hande deeglik af, want anders kan jou oë tog na die tyd brand.

♦♦♦

Sit twee vuurhoutjies met die koppe na buite in jou mond terwyl jy uie skil. Die swael absorbeer die uie se brand.

♦♦♦

Om te voorkom dat uie wat bewaar word uitloop, kan die worteltjies in kookwater gebrand word voordat dit opgehang word.

♦♦♦

Vryf jou hande met droë mosterd om van uie-reuk ontslae te raak.

♦♦♦

Gooi 'n bietjie asyn en suiker by uie wat gesmoor word. Dit sal 'n lieflike ligbruin kleur en 'n aangename geur aan die uie verleen.

No comments :

Post a Comment