François Ferreira se Okkasies moedig jou aan om van elke maaltyd ’n spesiale geleentheid te maak, al is dit ontbyt, middag- of aandete. Eerder as ontbyt op die gallop eet, middagete agter jou lessenaar of in die motor afsluk.
Behalwe al die liplekker resepte verskaf die boek ook algemene inligting soos spyskaartbeplanning, tafelvoorbereiding, uitnodigings, plasing van gaste, spyskaartterme en kos- en wynkombinasies om te help om van elke maaltyd iets spesiaals te maak.
Ontbyt sluit interessante geregte in soos mini-patat-en-preifrittatas, ’n amasi-en-kruiebrood wat perfek bak asook Croque Madame (Franse roosterbrood).
Met hoofstukke oor slaai, kaas, vleis, nagereg en eenskottelgeregte is die boek maklik om te gebruik.
Daar is ook ’n hoofstuk vir baie spesiale geleenthede met voorbeelde van spyskaarte.
Die boek eindig met vriende se gunstelinge - waarvan Alan Coxon se kaaskoek sekerlik die voortreflike is.
’n Moet vir smulpape en elkeen wat daarvan hou om die lewe te vier.
Die boek word op 31 Julie 2011 vrygestel.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
5/31/2011
5/30/2011
Klein sampioene
Klein knopiesampioene is heerlike happies.
Maak hulle in ’n kastrol warm saam met witwyn en laat prut vir 8 minute.
Haal die sampioene uit die wyn en gooi in ’n Franse slaaisous. Laat so lê tot jy hulle bedien - ten minste vir 2 uur.

Sleutelwoorde:
Groente
,
Peuselhappie
,
Vegetaries
5/29/2011
Haassop / Hare Soup
Jy kry deesdae haas te koop in Suid-Afrikaanse supermarkte. Hierdie winter kan jy jou eerste haassop maak. Probeer hierdie klassieke resep.
Die haas is gewoonlik gevries. Laat dit ontdooi en sny die haas in stukke. Plaas die haas in ’n kastrol saam met 500 g ham wat in groot blokke gesny is. Sny 3 uie in stukkies en gooi by.
Wat die kruie betref het jy ’n hand vol elk van die volgende nodig: tiemie, pietersielie en salie. Voeg ook 3 stukkies foelie by.
Nou gooi jy 2,5 liter bouillon / vleisaftreksel by en laat dit baie stadig kook. Dit moet vir 3 uur lank kook.
Haal nou al die vleis uit die pot. Sny die haasvleis van die bene af en plaas in ’n voedselverwerker saam met die ham. Maak die stukkies vleis net effens kleiner met die voedselverwerker. Moet nie te fyn maak nie.
Plaas die vleis terug in die pot saam met ’n hand vol broodkrummels en 250 mℓ port. Laat dit stadig kook vir ’n uur.
Geur met sout en peper en bedien.

5/28/2011
Dadelvingers
Vir die deeg benodig jy:
250 mℓ botter
250 mℓ suiker
2,5 mℓ sout
625 mℓ koekmeel
625 mℓ hawermout
5 mℓ koeksoda
125 mℓ warm water
Verroom die botter en suiker.
Voeg die meel, sout en hawer by en meng goed.
Los die koeksoda op in die warm water en voeg by mengsel. Knie tot alles goed gemeng is.
Rol die deeg uit.
Vorm die uitgerolde deeg in twee dele.
Maak die vulsel deur die volgende bestanddele vir 10 minute saam te kook, terwyl jy gereeld roer. Laat dit afkoel voor jy dit gebruik:
500 g ontpitte dadels
125 mℓ water
125 mℓ suiker.
Smeer die vulsel op die een laag deeg. Plaas die ander helfte van die deeg bo-op.
Sny dit in vingers en bak 15 minute lank by 200ºC.

Koekie
5/27/2011
Maklike roomys / Easy Ice Cream
1 blikkie gekondenseerde melk
1 blikkie ingedampte melk
1 koppie melk
5 mℓ vanillageursel
Hou die blikkie ingedampte melk oornag in die yskas en klits dan goed.
Voeg al die res van die bestanddele by en klits goed.
Vries.
resep: Ronel Swanepoel

Nagereg
5/26/2011
Temperatuur braaigids
Roudeeg 160ºC - 190ºC
Vis 180ºC - 190ºC
Vleis 180ºC - 190ºC
Aartappelskyfies 180ºC - 200ºC
Poffers 180ºC - 200ºC
Vis 180ºC - 190ºC
Vleis 180ºC - 190ºC
Aartappelskyfies 180ºC - 200ºC
Poffers 180ºC - 200ºC
5/25/2011
Denemarke verban Marmite
"Chris Morris, ‘n Europese korrespondent vir BBC, sê ‘n winkel in Kopenhagen het reeds opdrag gekry om die bottels Marmite van hul rakke te verwyder."
5/24/2011
Esau-sop / Esau Soup
Hierdie sop kos jou dalk jou geboortereg.
Maak lensies gaar deur dit in ’n kastrol te gooi, te bedek met water en te kook tot sag.
Verwerk die sagte lensies tot dit fyn is in ’n voedselverwerker.
Meng die lensies met genoeg bouillon / vleisaftreksel vir ’n sop.
Kook vir ’n uur.

5/23/2011
Comrades Carbo Load
Hierdie week “carbo load” al wat ’n deelnemer is aan vanjaar se Comrades.
Kookkuns het ’n verskeidenheid resepte met pasta vir die geleentheid.
Klik hier!
Kookkuns het ’n verskeidenheid resepte met pasta vir die geleentheid.
Klik hier!
Sleutelwoorde:
Pasta
5/22/2011
Russiese slaai / Russian Salad
Hier is ’n Russiese slaai wat julle sal geniet saam met ’n braai.
Jy het die volgende bestanddele nodig, die hoeveelhede hang van jou af:
groenboontjies, in lang stukkies gesny
ertjies
ingelegde agurkies, in stukkies gesny
wortels, geskil en in ringe gesny
aartappels
5 mℓ ingelegde kappertjiesaad
mayonnaise
gaar beet vir garnering
Kook die aartappels sag, skil en sny op soos vir ’n aartappelslaai.
Kook die groenboontjies, ertjies en wortels tot gaar, maar nog ferm.
Meng die groenboontjies, ertjies, agurkies, wortels, aartappels en kappertjiesaad met genoeg mayonnaise om alles te bedek - soos vir aartappelslaai.
Garneer met dun skywe beet en bedien.

5/21/2011
Rotskoekies
250 mℓ botter
250 mℓ suiker
2 eiers
500 mℓ meel
15 mℓ bakpoeier
2,5 mℓ neutmuskaat
knippie sout
250 mℓ rosyne, ontpit en opgesny
125 mℓ okkerneute, gekap
Verroom die botter en suiker.
Klits die eiers en voeg by.
Sif die droë bestanddele en voeg by. Meng goed.
Voeg die rosyne en neute by en meng tot dit goed versprei is.
Maak klonte so groot soos okkerneute en plaas op ’n gesmeerde bakplaat en bak 10 minute lank by 200ºC.

5/20/2011
Vinnige nagereg
1 pakkie lemoenjellie
15 mℓ koffielikeur
1 groot stuk roomys
Laat die roomys sag word.
Maak die jellie aan met 250 mℓ kookwater.
Voeg die likeur by.
Klits die mengsel by die roomys.
Bedien dadelik of plaas weer in die yskas om te stol.
resep: Ella Marais

5/19/2011
Panna cotta
Panna cotta is Italiaans vir “gekookte room”. Jy kan ook jogurt gebruik vir ’n laevet weergawe.
Dit moet liefs reeds die vorige dag voorberei word.
60 mℓ vetvrye melk
7 g gelatien
625 mℓ room
125 mℓ suiker
7,5 mℓ vanillageursel
Roer die gelatien by die melk in ’n beker. Laat staan eenkant.
Roer die room en suiker saam oor medium hitte.
Bring tot kookpunt en gooi die melk en gelatien by. Roer tot dit opgelos is.
Kook vir ’n minuut terwyl jy aanhoudend roer.
Verwyder van die hitte en roer die vanilla by.
Gooi dit in klein bakkies of koppies om te bedien. Laat dit afkoel teen kamertemperatuur.
Draai nou die bakkies toe in kleefplastiek en hou ten minste oornag in die yskas voor jy dit bedien.
Dit is heerlik saam met enige vrugte of karamelsous.

5/18/2011
Eiervrug kaviaar / Eggplant Caviar
Die eiervrug kom oorspronklik van Indië, maar die resep is Europees.
Bak 3 eiervrugte in ’n 200ºC oond vir omtrent 20 minute. Die eiervrugte moet sag wees.
Jy gaan ook die volgende nodig hê: 2 tamaties wat geskil en waarvan die pitte verwyder is en ’n ui wat ook fyn opgekap is. Die tamaties moet ook fyn gekap word.
Skil die eiervrugte en kap dit fyn op.
Meng al die bestanddele saam in ’n voedselverwerker en drup dan 150 mℓ olyfolie by, terwyl die masjien aan is - net soos jy sou mayonnaise maak.
Verkoel in die yskas.
Garneer met kwarte hardgekookte eier.

5/17/2011
Pynappel tapioka / Pineapple Tapioka
1 eier, geskei
500 mℓ vetvrye melk
45 mℓ tapioka
10 mℓ suiker
2,5 mℓ vanillageursel
knypie sout
’n blik pynappelmoes
2,5 mℓ mielieblom
Klop die wit van die eier styf.
Meng die eiergeel met die melk en bring tot kookpunt.
Voeg die tapioka, suiker en sout by en roer aanhoudend tot dit begin dik word.
Meng die eierwit by die mengsel.
Gooi die vanilla by en laat staan om af te koel. Plaas dan in die yskas.
Terwyl die tapioka in die yskas is dreineer jy die pynappel en gebruik die sap om ’n sous te maak in ’n kastrol. Verhit die sap en verdik met die mielieblom.
Roer die moes by.
Bedien in lae in glase. Begin met die tapioka en eindig met die pynappel.
resep: Penny van der Merwe

5/16/2011
Gebotterde tagliatelle / Buttered Tagliatelle
As bygereg is gebotterde tagliatelle veral heerlik saam met gebraaide hoender of vis.
225 g tagliatelle
30 g botter
varsgemaalde swartpeper
Kook die tagliatelle volgens aanwysings.
Dreineer en spoel af met warm water.
Smelt die noedels in die pasta se kastrol en gooi die tagliatelle terug. Skud dit vir 3 minute oor die hitte.
Geur met die swartpeper.

5/15/2011
Knuppeldik aan Koningskos - Polisie se kookboek
Die jaar 1985 was 'n uitsonderlike goeie jaar vir die SAPD Damesklub. Onder leiding van mevv Mollie de Wit, Juliette Neething en Joey Pienaar is daar besluit om 'n resepteboek saam te stel om die klub se fondse aan te vul. Joey Pienaar, 'n baaskok, was die outeur en sy het talle eerste pryse in die Pretoria Skou se huisvlytafdeling verower. Sy het elke resep getoets. Hierdie uitsonderlike resepteboek staan in die volksmond as die "Polisie se kookboek" bekend.
Die voorwoord is deur mev Snow Cruywagen, voormalige administrateursvrou van Transvaal, geskryf.
Die Engelse weergawe, Fit for a King is vanaf 1989 beskikbaar.
Die verkope van die boek het egter so goed gedoen dat 'n Trust in 1991 gestig is om die verkope te hanteer. Die opbrengs van die boek word aan maatskaplike dienste in die SAPD geskenk en talle bejaardes, gestremdes en ander maatskaplike gevalle in die SAPD word deur die skenkings gehelp. Ongeveer R2 miljoen is deur die jare aan die onderskeie maatskaplike dienste oorbetaal.
Die boek is 'n absolute moet vir elke vrou (of man) wat graag in die kombuis eksperimenteer of wil uithang vir 'n spesiale geleentheid. Die resepte is prakties en die metodes is logies uiteengesit. Probeer gerus die "Saratoga tert van Paraguay" op bl. 330 en laat die komplimente inrol! Die sjokolade koek is eweneens 'n treffer.
Uitstaande kenmerke van die boek is dat ou en nuwe mates gebruik word, die oorgrote meerderheid bestanddele is in jou kombuis en elke bladsy het oulike lewenswaarhede, onder andere van Langenhoven.
Die grootte van die druk is maklik leesbaar en die boek se grootte verseker maklike hantering en berging. 'n Groep resepte vir 'n groot groep gaste soos bv. troues is ook ingesluit. Die likeurs in die drankie afdeling is opvallend nuut en anders.
Die "Stroganoff met 'n verskil" is 'n watertandlekker resep. Resepte vir gemaalde vleis is vir daardie vinnige dae met die "Waterblombobotie" wat uitstaan. Die "Warm koringslaai" en "Macaronislaai met biersous" bring baie moontlikhede vir die kok na vore.
Die boek bevat 'n hoofstuk oor wildsvleis asook spyskaarte vir 'n sjampanje ontbyt. Mooi kleurfoto's is van sekere resepte geneem en dit komplimenteer die boek.
Soveel jong bruide spog met Knuppeldik in hulle kombuis en dit is ook 'n baie bekostigbare Kersfees-, moedersdag- of verjaarsdaggeskenk.
Met soveel Suid-Afrikansers wat oorsee woon en werk, swerf die boek ook in die buiteland rond. As die heimwee te groot raak, kan 'n egte boeregereg net die regte medisyne wees.
Kontakbesonderhede:
Carien Liebneberg 012 567 2082 (T & F) / 083 319 9636 / clieb@iburst.co.za
Knuppeldik aan Koningskos,
Bettie Blom,
15 Mei 2011.
4

5/14/2011
Mulligatawny
Mulligatawny is ’n Indiese sop en die naam beteken letterlik peperwater.
Begin deur 4 appels, 4 uie, 4 knoffelhuisies en ’n rissie fyn op te sny en in 50 g botter te smoor saam met 30 mℓ kerriepoeier.
Jy het ’n hele hoender nodig wat in stukke gesny is. Kook dit in 2 liter water saam met die bogenoemde groente. Kook tot die hoender baie sag is - ten minste vir 2 ure. Voeg swartgemaalde swartpeper by en proe vir sout.
Verwyder alle bene en vel uit die sop, roer 5 ml suurlemoensap by en plaas terug op die hitte tot die sop weer warm is.
Jy kan rys saam met dit bedien vir ’n hoofgereg.

5/13/2011
Franse skuimtertjies
500 mℓ suiker
180 mℓ water
die wit van 5 eiers
5 mℓ vanillageursel
Roer die suiker en water saam, terwyl jy dit verhit. Roer tot die suiker opgelos is.
Kook verder sonder om te roer tot die stroop dik is.
Klits die eierwitte styf.
Gooi die stroop geleidelik by die mengsel, terwyl jy klits.
Na die stroop gooi jy die vanilla by.
Sit ’n deksel op die bak en laat vir 15 minute staan.
Vorm die tertjies op ’n plaat wat met bakpapier uitgevoer is.
Bak vir 30 minute by 150ºC.

5/11/2011
Oester attereaux / Oyster attereaux
Posjeer jou oesters.
Sny ’n hand vol sampioene in dik skywe. Soteer die sampioene in botter.
Ryg die oesters en sampioene alternatiewelik op sosatiestokkies.
Doop die sosaties in geklitste eier en rol in broodkrummels.
Diepbraai.
Sny ’n hand vol sampioene in dik skywe. Soteer die sampioene in botter.
Ryg die oesters en sampioene alternatiewelik op sosatiestokkies.
Doop die sosaties in geklitste eier en rol in broodkrummels.
Diepbraai.
Sleutelwoorde:
Peuselhappie
,
Seekos
5/10/2011
Bierbredie / Beer Stew
Hierdie resep gaan jou die held van die huis die winter maak.
750 g stowebeesvleis, in blokkies gesny
60 mℓ meel
15 g botter
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny - gebruik melerige aartappels
1 ui, in ringe gesny
1 wortel, geskil en in ringe gesny
5 mℓ swart peperkorrels
375 mℓ bier
1 koppie vleisaftreksel
20 mℓ sojasous
1 lourierblaar
Bedek die blokkies vleis met die meel. Gooi die orige meel weg.
Braai die vleis vinnig bruin in die botter in ’n swaarboompot. Dreineer die vleis op kombuispapier.
Rangskik die aartappels op die bodem van die pot. Plaas die vleis op die aartappels, gevolg deur die uie en dan die wortels.
Strooi die peperkorrels oor en plaas die lourierblaar in die pot.
Gooi nou die aftreksel, bier en sojasous oor.
Plaas net so sonder deksel in ’n 180ºC oond en los vir 2 ure om gaar te word.
Bedien met Franse brood.
Die resep is genoeg vir 4 persone.
(foto deur Eric)

5/09/2011
Italiaanse hoender / Italian Chicken
1 skoongemaakte hoender
30 g botter
1 ui, fyn gekap
20 mℓ tamatiepasta
300 mℓ hoenderaftreksel (resep 2)
sout en peper
bouquet garni
5 mℓ meel
’n blik knopiesampioene, 210 g
60 g spek, gebraai
pietersielie, fyn gekap
Braai die hoender alkante bruin in die botter in ’n swaarboompot.
Voeg die ui by die hoender en braai tot die ui goudbruin is.
Meng die tamatiepasta, aftreksel en kruie by. Geur met sout en peper.
Bring die mengsel tot kookpunt.
Sit die pot se deksel op, draai die hitte op laag. Jy kan dit stadig op die plaat kook of in ’n 180ºC oond gaarmaak. Dit moet vir ’n uur kook.
Verwyder die pot van die hitte en haal die hoender uit.
Verdik die sous nou met die meel oor lae hitte.
Voeg die sampioene en spek by.
Sny die hoender op in porsies en plaas terug in die pot.
Hou dit oor die hitte tot alles warm is.
Strooi die pietersielie oor en bedien.
Heerlik saam met enige groente.

5/08/2011
’n Russiese broodjie / Russian Sandwich
Die Russe hou van komkommer en suurroom saam. Gebruik rogbrood en smeer dit lekker dik met botter. Plaas hierop papierdun skywe komkommer wat jy bedek met ’n lekker groot blerts suurroom.
5/07/2011
Vlaamse sop / Flemish Soup
groot bos bronkors, fyngesnipper
knypie sout
5 mℓ witasyn
4 aartappels, geskil en in kwarte gesny
50 g botter
500 mℓ bouillon
Kook die bronkors stadig in 1,5 liter water saam met die aartappels, sout en asyn.
Voeg die bouillon by en kook nog 20 minute.
Roer die botter by net voor die sop bedien word.

5/06/2011
Kos vir die kenner
’n Aangepaste heruitgawe van C. Louis Leipoldt se klassieke werk uit 1933, Kos vir die kenner.
Naas sy talente as skrywer en medikus, was Leipoldt ook een van Suid-Afrika se vroegste koskenners. Hy word vandag steeds in koskringe met groot agting bejeën en inspireer kosmense sowel as gewone kokke. Kos vir die kenner bevat meer as 2000 van sy klassieke resepte wat die volle spektrum van die kookkuns dek.
Die boek, wat tereg as Africana beskou kan word, is meer as ’n resepteboek. Dit verskaf ook ’n terugblik op Suid-Afrikaanse eetgewoontes. Geregte wat amper vergete geraak het – soos kastaiings, araroet, pelikaan- of pikkewyneiers en korhaanbredie – word in die boek beskryf en so word toeka se kos en kosterme vir die nageslag bewaar. Die boek bevat ook ’n omvattende hoofstuk oor veldkos.
Die boek word op 15 Junie 2011 vrygestel.

5/05/2011
Skuimkoek / Angel cake
250 mℓ eierwitte, dis enigiets van 1 tot 2 dosyn eiers
310 mℓ strooisuiker, gesif
5 mℓ kremetart
250 mℓ meel
knippie sout
5 mℓ vanillageursel
2,5 mℓ amandelgeursel
Vir die versiersel benodig jy:
90 mℓ botter
750 mℓ versiersuiker, gesif
3 eiergele
7,5 mℓ vanillageursel
45 mℓ room
gevlokte amandels, gebraai en fyngekap
Klits die eierwitte tot dit begin styf word.
Voeg die kremetart by en klits tot styf, maar nie droog nie.
Sif die meel en strooisuiker ’n paar keer saam en vou dit dan versigtig met ’n vurk by die eierwit.
Vou die geursel by.
Gooi die mengsel in ’n koekvorm met ’n gat in die middel.
Bak 50 minute lank by 150ºC.
Draai die oond nog af en bak vir nog 10 minute.
Haal die koekpan uit, draai om, plaas op ’n draadtrek en laat so koud word.
Maak die versiersel aan deur die botter te verroom, terwyl jy die versiersuiker geleidelik byvoeg. Klop tot dit lig en romerig is.
Voeg die eiergele en vanilla by en meng.
Voeg die room by en klop tot die mengsel dik genoeg is om te smeer.
Haal die koek versigtig uit die pan.
Versier die koek bo-op en langs die kante.
Strooi die amandels oor.

Koek
5/04/2011
Tongrolletjies
Kap olywe en gherkins fyn en meng dit met smeerkaas.
Smeer dit op skywe gaar tong, rol die tong op en steek vas met ’n tandestokkie.
Smeer dit op skywe gaar tong, rol die tong op en steek vas met ’n tandestokkie.
Sleutelwoorde:
Peuselhappie
,
Vleis
5/03/2011
Vlapoeding
1 liter melk
4 eiers, geklits
30 mℓ meel
knypie sout
suiker
fyngemaalde kaneel
botter
125 mℓ lemoensap
vla
eierwit, styf geklits
30 mℓ fyn appelkooskonfyt
30 mℓ klapper
Verhit die melk. Terwyl die melk warm word meng jy die meel en die 4 eiers. Voeg die sout en ’n bietjie koue melk by. Kook die vla tot dit dik is.
Strooi ’n dik laag suiker en ’n laag kaneel onder in ’n vuurvaste bak. Sit ’n paar stukkies botter bo-op.
Gooi die vla in die bak.
Strooi weer ’n laag suiker, kaneel en botter bo-oor. Gooi die lemoensap oor. Hou dit warm terwyl jy nog ’n bietjie vla maak om bo-oor te gooi.
Meng die eierwit, konfyt en klapper en plaas bo-op die vla.
Bak by 180ºC tot die poeding ligbruin is.
resep: Karen Erasmus

5/01/2011
Lamsbredie / Lamb Stew
olyfolie
2 uie, in ringe gesny
vars gemmer, gerasper
6 knoffelhuisies, fyn gekap
6 kardemomsade, gekneus
5 mℓ gemaalde koljander
5 mℓ gemaalde komyn
5 mℓ gemaalde kaneel
15 mℓ kerrie
15 mℓ borrie
4 kg lamskenkels
1 liter warm vleisaftreksel
400 g klappermelk
Verhit die olyfolie en braai die uie, gemmer, knoffel en speserye tot sag.
Voeg die vleis by en meng goed. Braai tot die vleis geseël is. Doen die vleis bietjie vir bietjie indien nodig.
Voeg die aftreksel by en bring tot kookpunt. Stel die hitte op die laagste en prut vir ’n uur. Die vleis moet sag wees en amper van die bene afval.
Voeg die klappermelk by en kook tot die bredie warm is.
Bedien met rys of aartappels.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)