Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

U - Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)
udo
Delikate, geurige kruie met eetbare lote wat op dieselfde manier as aspersies geëet en voorgesit word. (oudo)

ugli
’n Kruis tussen ’n pomelo en ’n nartjie.

UHT-behandeling
Gehomogeniseerde melk wat aan hitte-behandeling onderwerp is en verpak word om bakterieë te vernietig.

ui
’n Knolplant, Allium cepa, met ’n sterk geur. Die knol word as groente of kruid gebruik.

uiegras
’n Kruidagtige plant soortgelyk aan ’n ui met dun lowwe en plat knolle. Ook bekend as grasuie.

uieknol
Die bolvormige, eetbare deel van ’n uieplant.

uielof
Die blare van ’n uieplant wat bo die grond groei.

uier
Die deel van ’n koei wat die melkkliere bevat. Dit word vars, gesout of gerook geëet word.

uieskil
Die buitenste laag van ’n uieknol.

uieslaai
’n Slaai met uie as die hoofbestanddeel.

uiesous
’n Sous uie of uiesap as die hoofbestanddeel.

uintjie
’n Klein, eetbare knolplant.

uitbraai
Deur verhitting die smeltbare deel van kos af te skei.

uitdop
Uit ’n dop of ’n peul haal.

uitrys
Deur te vermeerder.

uitskink
Vloeistof van een houer na ’n ander laat loop.

uitskraapsel
Dit wat uit iets geskraap is.

uitsmyter
’n Nederlandse gebotterde broodjie met ’n gebakte eier en ’n skyf ham.

uitswel (plump)
Om kos in warm vloeistof te week sodat dit sag word of swel.

ukha
’n Helder Russiese vissop.

umqombothi
Bier gemaak van mielies, sorgum, gis en water. Dit het ’n swaar en kenmerkende suur aroma.

urd-boontjie
’n Indiese boontjie verwant aan die mungboontjie.



Wynwoordeboek

No comments :

Post a Comment