Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

7/02/2008

Indeks Z

A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z

(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)

zabaglione [za-bah-jone]
’n Skuimende Italiaanse nagereg van eierwit, wyn en suiker. Die woord se oorsprong is in ’n Italiaanse dialek se verwysing na skuim. (zabaoine, zabajone)

zakuski
Warm en koue Russiese peuselhappies wat voor ete saam met wodka bedien word. (zakuska)

zampone
’n Italiaanse gereg van varkpote gestop met maalvleis, spek en truffels. Dit word gewoonlik saam met lensies bedien. Die naam kom van die Italiaanse woord "zampa", wat "poot" beteken.

zarzuela
’n Italiaanse ragout met vis en seekos. Uie, soetrissie, ham, tamaties en amandels word ook gebruik in die gereg. Die naam beteken letterlik "operette".

zephyr
Die naam word gebrui vir ’n verskeidenheid ligte, skuimerige geregte. Die woord beteken letterlik "ligte wind".

Zinfandel
’n Druifsoort gebruik vir die maak van ’n vrugtige rooiwyn.

zingara
’n Italiaanse sous wat paprika en tamatie bevat. Dit word gemeng met ham, tong en sampioene en word bedien saam met vleis of eiers. Die woord beteken sigeuner.

ziti
’n Tipe macaroni, in kort lengtes gesny.

zraza
’n Vleisrol met ’n groentevulsel, voorgesit met sampioensous.

zrazy
Roulades van bees- of kalfsvleis gevul met broodkrummels, eier en geurmiddels. In Pole word die woord gebruik vir dun escalopes van bees, kalf of lam gebraai en geprut in ’n sous van sampioene en uie.

zucchini [zoe-kie-nie] (baby marrow)
Die Italianers en Amerikaners praat van ’n zucchini wanneer hulle verwys na ’n jong murgpampoentjie. In Frans is dit ’n courgette.

zungenwurst
’n Geurige, gerookte wors gemaak met stukkies vleis soos tong.

zuppa ingelese
’n Nagereg ontwerp deur Napolitaanse kokke in die 19de eeu in Italië. Dit is geïnspireer deur die Engelse poedings wat baie gewild was in daardie tyd. Dit beteken letterlik “Engelse sop”. Dit is gewoonlik sponskoek deurweek met likeur en gevul met vla en vrugte en bedek met meringue.

zushi
’n Rysgereg gegeur met asyn en sout of met suiker.

zwieback [tswie-bak]
’n Harde Duitse beskuitjie.



Wynwoordeboek

No comments :

Post a Comment