- quatre-épices [kê-tre-pies]
- Frans vir ’n vierspeserymengsel.
- Queijo da Ilha
- Die Portugese kaas word bemark onder die naam "Island Cheese". Dit laat mens dink aan ’n kombinasie van cheddar en parmesaan. Dit is tradisioneel geproduseer op verskillende Portugese eilande.
- Queijo de entorna
- Is die koningin van die Portugese kase. Dit word gemaak van skaapmelk. Dit word gewoonlik verkoop in ’n materiaalagtige omhulsel. Dit word ook genoem Queijo de Serra.
- Queijo de Serra
- Is die koningin van die Portugese kase. Dit word gemaak van skaapmelk. Dit word gewoonlik verkoop in ’n materiaalagtige omhulsel. Dit word ook genoem Queijo de entorna.
- Queijo Fresco
- ’n Portugese kaas wat tradisioneel van bokmelk of skaapmelk gemaak is. Deesdae maak hulle dit egter ook van koeimelk.
- Queso Chihuahua
- ’n Ryk, half-sagte kaas met ’n roomkleur wat maklik smelt. Cheddar kan gebruik word as ’n plaasvervanger hiervoor.
- quiche
- Die Frans vir ’n souttert gevul met ’n mengsel van kaas, eiers en ander bestanddele. In Duits is dit ’n Kuchen koek.
- quinoa
- ’n Saad met met ’n sagte neuterige geur. Daar is rooi en wit variasies.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
Follow @kookkuns

7/02/2008
Q - Glossarium, Woordelys van Kookterme - voedsel en wyn
A B C D E F G H I J K L M N O P Q R S T U V W X Y Z
Sleutelwoorde:
Indeks
Subscribe to:
Post Comments
(
Atom
)
No comments :
Post a comment