Art of Cooking is die mees omvattende Suid-Afrikaanse kookboek. Dit is geskryf deur 'n bekende voedselkonsultant en poog om almal se behoeftes te bevredig - van die beginner en huiskok tot die loopbaan sjef en spysenier. Die boek vergelyk gunstig met die voorste internasionale bronne op hierdie gebied.
Die voortgesette gewildheid van die boek en kommentaar van lesers oor die jare bewys dat dit groot vreugde verskaf aan beide kokke en eters. Vir baie mense het dit 'n onmisbare deel van die kombuis geword en menige dogter verlaat die huis deesdae met hul eie Art of Cooking. Hulle sê as jy die boek een maal gebruik het, gaan jy nooit daarsonder klaarkom nie.
Die resepte, wat oor baie jare ontwikkel is, is in lyn met internasionale standaarde en fokus op aanbieding en onderskryf die beginsels van goeie gesondheid. Die boek bevat uitgebreide artikels oor kookmetodes, resepte vir al die maaltye van die dag, die onderskeie gange van die spyskaart, die gebruik van 'n mikrogolfoond en spesialisareas van die kookkuns. Art of Cooking bevat gunsteling resepte van beide Suid-Afrika en die res van die wêreld.
Die skrywer, Carolie de Koster, is 'n dieetkundige, voedselkonsultant, kookkunskenner en skrywer van 10 kookboeke.
Hoe om Art of Cooking te bestel:
Vir meer inligting oor hoe om hierdie boek te bestel kontak Carolie by caroliedekoster@gmail.com. Die koste van die boek, afgelewer R 850. Indien jy meer as een boek laat aflewer by dieselfde adres kos dit R 800 per boek.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
2/28/2013
2/27/2013
Proe Mosselbaai
Proe Mosselbaai is 'n naweek van gastronomiese proporsies, hoofsaaklik gewy aan kos en kook en resepteboek, met 'n goeie dosis kuns as bygereg.
Het jy geweet die moderne mens het sy kookkuns in Mosselbaai begin verfyn – 164 000 jaar gelede.
Proe Mosselbaai is gepak met proe, restaurants, praatjies, vertonings, boekuitstallings, kunsgalerye en nog vele meer.
Proe Mosselbaai program >>

2/26/2013
Gebakte artisjok met tamatie
Koop blikkies met artisjokharte om jou ergernis te spaar. Nie almal kan die artisjok bewerk nie.
Maak die harte fyn en meng dit met 'n gelyke hoeveelheid tamatiesous.
Gooi die mengsel in 'n gesmeerde oondbak, strooi kaas oor en bak by 180°C vir 20 minute – of tot alles warm en die kaas gesmelt is.

Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
2/25/2013
Maalvleis met ertjies en rys
Hierdie is 'n eenskottelgereg, genoeg vir 6 persone.
500 mℓ rys
50 mℓ botter
5 mℓ komynsaad
1 ui, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngedruk
2 mℓ vars gerasperde gemmer
6 heel naeltjies
250 g maalvleis
50 mℓ ertjies
1 liter warm water
15 mℓ sout
5 mℓ garam masala
Smelt die botter in 'n swaarboompot en braai die ui, komyn, knoffel, gemmer en naeltjies saam tot die ui sag is.
Voeg die vleis by en braai tot die vleis bruin is.
Voeg die ertjies by saam met 125 mℓ van die water. Roer om alles goed te meng en kook vir 5 minute.
Voeg die rys en res van die water by.
Roer die sout by.
Bring dit tot kookpunt, draai dan die hitte so laag as moontlik, plaas die deksel op en kook vir 10 minute.
Strooi die garam masala oor die gereg – moet nie roer nie.
Bedek weer en kook vir nog 10 minute – of tot die water geabsorbeer is.
Bedien warm met 'n slaai en brood.

2/24/2013
Avokado salsa
2 avokado’s, fyngedruk
10 mℓ suurlemoensap
2 stingeluie, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap
1 klein tamatie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele saam.
10 mℓ suurlemoensap
2 stingeluie, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap
1 klein tamatie, fyngekap
sout en varsgemaalde swartpeper na smaak
Meng al die bestanddele saam.
Sleutelwoorde:
Peuselhappie
,
Sous
2/23/2013
Palingbredie
Vir almal wat nog palings vang. Die resep is vir 1 kg paling. Jy moet die paling se vel verwyder en dit dan indik skywe sny.
Jy het ook nodig:
750 mℓ rooiwyn
10 salotte, fyngekap
130 g botter
60 mℓ brandewyn
250 g sampioene
150 g klein uitjies
250 g pruimedante
15 g meel
'n bouquet garni
sout en peper
Braai die sampioene en uie in 60 g botter tot sag. Hou dit eenkant.
Braai die salotte in 30 g botter tot sag in 'n dikboompot.
Plaas die paling by die salotte, gooi die brandewyn by en steek dit aan die brand.
Geur met sout en peper, gooi die rooiwyn by en plaas die bouquet garni en die pruimedante ook in die pot. Kook dit vir 20 minute.
Verwyder die paling en dreineer dit eenkant. Plaas die res van die botter by. Kook die sous vir 2 minute terwyl jy aanhoudend roer.
Gooi die inhoud van die pot oor die paling wanneer jy dit bedien en garneer die gereg met die sampioene en uie. Jy kan dit ook met hardgekookte eier wat in kwarte gesny is bedien.
Bedien roosterbrood saam met die gereg.

Vis
2/22/2013
Van der Merwe-fees
Van 1 tot 3 Maart 2013 sal mense van regoor Suid-Afrika byeenkom om hul familienaam en voorouers op die Van der Merwe-fees 352 te eer. Die fees probeer om mense te kry om in hul verlede te delf en hulle aan hul voorouers te herinner.
Met kosstalletjies, kunsuitstallings, toere na die oorspronklike familieplaas, ‘n kinderarea, geskiedkundige praatjies, ‘n Sarel van der Merwe boek ondertekening, musiekoptredes deur onder andere Wicus van der Merwe en die Mej. Van der Merwe-kompetisie is dit ‘n fees vir die hele gesin.
Dis die Van der Merwe-fees 352 van 1 tot 3 Maart 2013 op die Backsberg-Wynlandgoed.
Kaartjies is beskikbaar by Computicket. Kaartjies sal by die hek verkoop word. Besoek ook die webwerf www.vandermerwefees.co.za, bel Nicolene vir navrae by 079 642 2892 of stuur ‘n e-pos aan nicolene@vandermerwefees.co.za

2/21/2013
Woord-en-Wyn Paradys
Vir die eerste keer op die eerste Woordfeesnaweek: ’n heerlike kuierfees van kultivars, kos en klank. Raak feesfiks vir die week deur te gaan dak natmaak by die feesterrein!
Skuur skouers met van die kunstenaars, skrywers, donateurs en ander glansmense wat Woordfees toe kom. Dié stemmingskepper sal jou by voorbaat vlerke gee!
Gaan wy die Boektent in met wyn, in ’n proe-fees soos min, met 15 bekende wynplase wat hul beste wyntjie voorsit en meeding om ’n prys vir die oorspronklikste en mees gepaste sêding. So reg in Matie-styl word jy beloon as jy die Woordfees-program op-‘swot’: beantwoord vrae daaroor en wen kaartjies!
In die Plataankafee wys Mia watter hemelse geregte tydens die fees op jou wag, saam met meesleurende akkordeon- en ander musiek.
De Vette Mossel se sand lê en wag vir jou en ’n viskossie sis al op die kole. Dié stukkie paradys word net vir die dag die Drostdy-Hof Wyntuin, met die Tuindwergies en ander wat sorg vir vermaak.
Glip tussendeur weg na feeskunstenaar Wim Botha se indrukwekkende installasiekuns in die Sasol Kunsmuseum of na Evette Weyers se boeiende woord-en-beeld uitstalling langsaan by Stellenbosch Galery.
Laai gerus jou kleingoed af by die veilige kykNET Kinderfees by PJ Olivier vir pure kinderplesier!
2 Maart
12:00-22:00
Boektent, Plataankafee en De Vette Mossel, Stellenbosch
R60
Woordfees 2013

2/20/2013
2/19/2013
Tassal-vleis
Hierdie is 'n ou tradisionele manier om vleis te bewaar. Die biltongsnitte is veral geskik hiervoor, maar jy kan ook die rugstringsnit of beeshaas (steak) gebruik. Verder het jy sout, peper, koljander en asyn nodig. Die sout, peper en koljander moet liggies in die oond geskroei word.
Sny die vleis in lang stukke van ongeveer 7,5 cm dik. Strooi die speserye oor en sprinkel asyn oor.
Laat dit vir 'n dag lank so lê en dan hang jy dit op om droog te word.
Wanneer jy dit vleis wil braai week jy dit eers in water en vlek dit dan so wyd oop as moontlik.

Braai
,
Inlê
,
Suid-Afrikaans
,
Vleis
2/18/2013
Kalfsniertjies
Halveer die niertjies in die lengte.
Verbruin dit in botter.
Voeg nou 'n skeut brandewyn by en steek dit aan die brand.
Draai dit hitte af tot op laag en gooi aftreksel by, genoeg om net die niertjies te bedek. Voeg 'n paar jenewerbessies by.
Plaas die deksel op en prut tot die niertjies sag is.
Garneer met vars gekapte pietersielie.
As jy wil, kan jy ook 'n skeut rooiwyn by die aftreksel gooi.

2/17/2013
2/16/2013
kykNET Deurnag Teaterfees + Eetgoed
Vir die eerste keer: ’n Marathon van 5 topteaterstukke in een nag, sodat jy meer kan sien deur die week!
Koop een heelnagkaartjie, heerlike eetgoed ingesluit, vir die weggeeprys van R400 – jy sal in die wolke wees! As jy bang is vir Klaas Vakie, kry gerus enkel-kaartjies.
1. 22:30: Die lelike eend + ’n bottel wyn (R90)
2. 00:15: Deksels + slap chips en ’n Coke (R90)
3. 01:30: Heiland + vonkelwyn en soesjie (R95)
4. 03:15: Hol + Red Bull en Kit-kat (R95)
5. 04:30: 2092 God van klank + koffie en beskuit (R75)
1-2 Maart
22:30 – 05:00
Klein Libertas Teater, Stellenbosch
R400 vir die hele pakket

2/15/2013
Gevulde eiervrug
3 eiervrugte, gehalveer in die lengte en die pitte verwyder
3 fyngekapte tamaties
250 mℓ broodkrummels
125 fyngekapte vleis – gebruik sommer oorskiet
30 mℓ bottersout en peper
3 hardgekookte eiers, gehalveer
vars fyngekapte pietersielie
Kook die eiervrug in water tot sag.
Plaas iewers om te dreineer, terwyl jy die res van die bestanddele voorberei.
Meng die tamatie, broodkrummels en vleis en smoor dit in die botter tot alles lekker sag is en die geure gemeng het.
Geur met sout en peper.
Vul die halwe eiervrugte met die tamatiemengsel.
Bak by 180°C vir 20 minute.
Bedien met 'n halwe eier op elkeen en strooi die pietersielie oor.

2/14/2013
Hemelse geregte
Vir die eerste keer – ’n gereggeveg!
Eet tydens die Woordfees heerlike geregte by enige van die 13 deelnemende restaurante vir net R50.
Stem dan vir jou gunsteling, neem ’n foto van die gereg, plaas dit op hulle Facebook-blad, en wen groot pryse!
1-10 Maart
Stellenbosch

2/13/2013
Kook rys met aftreksel / Rice Cooked in Stock
Gee jou rys bietjie woema deur dit eenvoudig in aftreksel te kook, plaas van net in water. Hierdie resep gaan so bietjie verder:
1 liter aftreksel
625 mℓ rys
80 mℓ botter
1 ui, fyn opgesny
2 mℓ saffraan
2 knoffelhuisies, fyngedruk
2,5 mℓ vars gerasperde gemmer
2,5 mℓ garam masala
2,5 mℓ gemaalde kardemom
7,5 mℓ sout
45 mℓ rooswater
60 mℓ ontpitte rosyne
60 mℓ gevlokte amandels, gerooster
250 mℓ gekookte ertjies
3 hardgekookte eiers, in kwarte gesny
Braai die ui in die botter tot dit goudbruin is.
Voeg die saffraan, knoffel en gemmer by en braai vir nog 'n minuut. Roer aanhouden.
Gooi die rys by en braai 'n verdere 5 minute oor matige hitte. Roer gereeld.
Gooi die aftreksel, garam masala, kardemom, sout, rooswater en rosyne by.
Plaas 'n deksel op en prut oor lae hitte vir 20 minute.
Garneer die rys met die ertjies, amandels en eiers.
Bedien hierdie gereg saam met hoender, brood en 'n komkommerslaai.

Rys
,
Vegetaries
2/12/2013
2/11/2013
KOOK op Valentynsdag
Dis maklik om vuur in 'n verhouding te blaas. Die eenvoudige antwoord is: Wees bietjie meer romanties. Die beste van alles is dat die nie rerig moeite is nie. Neem nou maar hierdie 11 idees:
Sien ook 14 Februarie, Valentynsdag
- 'n Stukkie sjokolade op die kussing is 'n stokou idee, maar werk nog net so goed.
- Wanneer jou geliefde na 'n vermoeiende dag by die huis kom is daar 'n skuimbad getap met kerse, sjampanje en romantiese musiek.
- Daag onverwags by hulle werk op met middagete uitgerus met 'n piekniekmandjie vol van hul gunsteling eetgoed.
- 'n Romantiese aandete faal selde.
- Ontbyt in die bed is ook 'n ou wenner.
- Skep 'n gereg en vernoem dit na hom. Stuur die na Kookkuns.com en laat hom weet. (Maak net seker dit smaak na wense.)
- Hou 'n braai vir al julle vriende, waartydens jy 'n boom uitpluk en plant as simbool van julle liefde.
- Julle is iewers by 'n braai wanneer jy almal stilmaak en sê jy het 'n belangrike aankondiging: "Ek is lief vir Hansie / Grietjie!" (Onthou om jou geliefde se naam te gebruik in plaas van Hansie of Grietjie.)
- Skep 'n geheime kodewoord vir die volgende braai waarvan net julle twee die ware betekenis weet, soos byvoorbeeld 'warm' en dit beteken 'Ek wil jou hê'. Dan kan julle dinge sê soos "Sjoe die vuur is 'warm'!" of "Dit was 'n 'warm' dag vandag."
- Skryf "Ek is lief vir jou!" op al die blikkieskos in die kas.
- Stuur 'n liefdesgedig vir Roekeloos.co.za en laat hom / haar weet wanneer dit gepubliseer is.
Sien ook 14 Februarie, Valentynsdag
2/10/2013
Gemarineerde lewer
Marineer 200 g lewer van 'n bees in 'n mengsel van die volgende vir ten minste 30 minute:
50 mℓ appelkooskonfyt
30 mℓ port
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit 30 mℓ olyfolie en braai die lewer aan beide kante tot gaar. Bedien warm.
50 mℓ appelkooskonfyt
30 mℓ port
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit 30 mℓ olyfolie en braai die lewer aan beide kante tot gaar. Bedien warm.
Sleutelwoorde:
Bees
2/09/2013
Bougras
Bougras is 'n Franse groentesop. Die water vir die sop is water wat gebruik is vir die maak van bloedwors.
Sny 'n koolkop in kwarte, blansjeer dit en doop direk daarna in yskoue water.
Kook 2,5 liter water wat vir bloedwors gebruik is. Vul die water aan met kraanwater indien dit nie genoeg is nie.
Voeg hierby:
8 wortels, in kwarte gesny
4 witwortels, in kwarte gesny
3 uie, in kwarte gesny
4 preie, in kwarte gesny
4 stokke seldery, in kwarte gesny
bouquet garni
Kook 45 minute en gooi dan 400 g aartappels by wat in dun skywe gesny is. Kook stadig vir 'n verdere 25 minute.
Verwyder nou die helfte van die groente en braai dit in vet / botter.
Gooi nou 200 mℓ vleisaftreksel by dié gebraaide groente.
Gooi nou dit terug by die sop en kook die sop vir nog 15 minute.
Bedien die sop saam met 'n lekker varsgebakte brood.

2/08/2013
Avokado doopsous
Vir 'n vinnige doopsous meng die volgende:
1 avokado, fyngedruk
¼ ui, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap
30 mℓ vars fyngekapte koljander
1 avokado, fyngedruk
¼ ui, fyngekap
1 rissie, ontpit en fyngekap
30 mℓ vars fyngekapte koljander
2/07/2013
Roomys met frambose
Los 100 g strooisuiker op in 100 mℓ water oor matige hitte.
Roer 100 g vars of gevriesde frambose by. Prut dit vir 25 minute. Die vloeistof moet ten minste met die helfte verminder.
Druk die mengsel deur 'n sif en bedien oor vanillaroomys.
Roer 100 g vars of gevriesde frambose by. Prut dit vir 25 minute. Die vloeistof moet ten minste met die helfte verminder.
Druk die mengsel deur 'n sif en bedien oor vanillaroomys.
Sleutelwoorde:
Nagereg
2/06/2013
Lewer met appel
Pak skoongemaakte lewer in 'n vlak oondbak. Pak 'n laag appels, wat geskil en in skywe gesny is, op die lewer. Strooi ui, wat in ringe gesny is, oor. Geur met sout en peper.
Nou volg 'n laaste laag van spek, wat in blokkies geknip is.
Gooi net genoeg aftreksel oor alles om dit net-net te bedek.
Sit die bak se deksel op en bak vir 1 uur by 180°C.
Nou volg 'n laaste laag van spek, wat in blokkies geknip is.
Gooi net genoeg aftreksel oor alles om dit net-net te bedek.
Sit die bak se deksel op en bak vir 1 uur by 180°C.
Sleutelwoorde:
Vleis
2/05/2013
Bloedwors
250 mℓ meel
250 mℓ hawermeel
375 mℓ suiker
10 mℓ sout
1 liter vars bloed
500 mℓ melk
750 mℓ spek, in blokkies gesny
500 mℓ sultanas / ontpitte rosyne
skoongemaakte derms van 'n vark of bees
Onthou om gedurig die bloed te roer, sodat dit nie stol nie.
Meng die meel en hawermeel.
Voeg die sout en suiker by.
Meng die melk en spek met die bloed.
Roer dit by die meel en suiker.
Voeg die rosyne by.
Vul die derms met die mengsel en werk dit toe. Onthou om bietjie spasie te los in die derms, sodat die mengsel kan uitsit.
Plaas die wors in 'n kastrol kookwater. Prik die wors om die lug te laat ontsnap. Kook dit vir 15 minute.
Dit word gewoonlik koud en in dun skywe bedien. Jy kan dit ook braai en warm bedien.

2/04/2013
Gewildste resepteboek van 2012
Barefoot Contessa Foolproof: Recipes You Can Trust het wêreldwyd die meeste kopieë verkoop in 2012.
Miljoene mense is gek oor Ina Garten se resepte, want dit laat die huiskok goed lyk. En dan is haar resepte boonop eenvoudig, maklik om voor te berei en kan jy al die bestanddele by jou supermark kry.
Die resepte sluit in:
Barefoot Contessa Foolproof - Recipes You Can Trust / deur Ina Garten -- Clarkson Potter, 2012. -- 272 p. ; hardeband. -- ISBN 9780307464873

- Jalapeño Cheddar Crackers
- Hot Smoked Salmon, Lobster & Potato Salad
- Easy Tomato Soup with Grilled Cheese Croutons
- Elegant Slow-Roasted Filet of Beef with Basil Parmesan
- Seared Scallops & Potato Celery Root
- Sticky Toffee Date Cake with Bourbon Glaze
- Salted Caramel Brownies.
Barefoot Contessa Foolproof - Recipes You Can Trust / deur Ina Garten -- Clarkson Potter, 2012. -- 272 p. ; hardeband. -- ISBN 9780307464873
2/03/2013
Gestoofde eiervrug met broodkrummels
3 eiervrugte, geskil en in blokkies gesny
botter
suiker
sout en peper
gerasperde vars gemmer
broodkrummels
1 ui, fyn opgesny
neutmuskaat
250 mℓ bouillon / aftreksel
olie
Smeer 'n dikboompot met olie en pak 'n laag van die eiervrug daarop.
Geur met sout en peper en strooi broodkrummels oor.
Stip met botter en strooi 'n knypie neutmuskaat, 10 mℓ suiker, 'n bietjie ui en 'n knypie vars gemmer oor.
Maak lae tot die eiervrug op is.
Gooi die aftreksel oor en plaas die deksel op. Kook oor baie lae hitte tot die eiervrug sag is.
Haal die deksel af en plaas dit onder 'n oondrooster vir 10 minute.

2/02/2013
Lewer / Liver
Na aanleidimg van die resep vir kalfslewer is dié resep ingestuur. Dit is vir die lewer van ’n bees.
Maak die lewer skoon.
Sny dit in dun skywe.
Braai die lewer in olyfolie saam met 'n fyngekapte knoffelhuisie, 5 ml fyngemaalde komyn ’n gekapte ui en ’n gekapte tamatie.
Maak die lewer skoon.
Sny dit in dun skywe.
Braai die lewer in olyfolie saam met 'n fyngekapte knoffelhuisie, 5 ml fyngemaalde komyn ’n gekapte ui en ’n gekapte tamatie.
2/01/2013
Gort-en-groentesop
450 g skaapnek
1 raap, in blokkies gesny
1 wortel, in blokkies gesny
1 ui, in blokkies gesny
15 mℓ gort, geblansjeer
1 liter water
sout en peper
5 mℓ vars gekapte pietersielie
Geur die vleis met sout en peper en sit dit in 'n pot saam met die gort en water. Verhit dit stadig tot dit begin prut. Plaas die deksel op en kook 2 uur lank.
Na 1 uur voeg jy die groente by en proe vir sout en peper.
Wanneer die sop klaar is sny jy die vleis van die bene af, sny dit in blokkies en plaas dit terug in die pot.
Strooi die pietersielie by en bedien.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)