Die resepte in Kos is op die tafel! Gesinskos met weeklikse spyskaarte en inkopielysies is ’n kombinasie van eie gunstelinge en resepte waarvoor familie en vriende telkemale vra.
Daar is iets onweerstaanbaar aan tuisgemaakte kos en die meerderheid resepte is maklik, eenvoudig en net lekker kuierkos.
Benewens die meer as 150 resepte, word raad vir die gesin se weeklikse kosbeplanning ingesluit asook spyskaarte en inkopielysies. Die moeilikheidsgraad en tydsduur van die resepte word aangedui. Daar word ook aangedui wanneer resepte geskik is vir kinders en/of vegetariërs is.
Hierdie resepteboek is aangewys as 2009 se Gourmand Internasionale Kookboek: Beste maklike kookboek
Prys: ongeveer R170.00
Formaat: Sagteband 210 x 280mm 160pp
ISBN: 978 0 7993 4497 4
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/31/2010
7/30/2010
Biltong-quiche
4 eiers
2 eiergele
140 ml room
140 ml vleisaftreksel
sout en peper na smaak
½ koppie gerasperde biltong
1 17,5 cm-deursnee tertdop
botter
Klop die eiers en eiergele goed saam met die room en aftreksel.
Voeg die biltong by en sout en peper na smaak.
Prik jou tertdop met 'n vurk in 'n oond by 230ºC vir 20 minute tot gaar, maar nog nie bruin nie.
Laat die tertdop afkoel voor jy dit gebruik.
Gooi die biltongvulsel in die tertdop, stip met botter en bak by 180ºC vir 30 minute.

Sleutelwoorde:
Peuselhappie
,
Suid-Afrikaans
,
Vleis
7/29/2010
Aartappel- en forelslaai
500 g klein aartappeltjies
die sap van een suurlemoen
3 eetlepels kappertjiesaad
2 eetlepels tarragonasyn
2 eetlepels olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper
2 selderystingels, in klein stukkies opgesny
200 g gerookte forel, in repe geskeur
Kook die aartappels tot gaar in soutwater vir 20 minute.
Sny die aartappels in die helfte deur en hou eenkant.
Meng die suurlemoensap, kappertjies, asyn, olie en sout en peper in ’n bak.
Meng met die aartappels.
Bedien die slaai saam met ’n sauvignon blanc.

7/28/2010
Gebraaide jakopewer met kappertjiesous
8 filette jakopewer, los die vel aan
meel
olyfolie
80 g botter
60 mℓ kappertjies
30 mℓ suurlemoensap
60 mℓ witwyn
15 mℓ dille, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Sout en peper die vis en strooi liggies meel oor.
Verhit ’n bietjie olyfolie in ’n pan en braai die vis bros met die vel na onder.
Draai die filette om en braai tot gaar.
Verwyder die vis uit die pan.
Smelt die botter in dieselfde pan en braai die kappertjies tot bros.
Voeg die res van die bestanddele en kook vir 2 minute.
Gooi die sous oor die vis en bedien.

7/27/2010
SA Terroir Wyntoekennings 2010
Kaapzicht is die top presteerder in vanjaar se SA Terroir Wyntoekennings met twee nasionale wenners, die Kaapzicht Steytler Vision 2007 vir beste rooi versnit en Kaapzicht Merlot 2007 vir beste merlot.
Uit dieselfde omgewing het Wildekrans se Wildekrans Chenin Blanc Barrel Select 2009 die prys ingepalm vir beste chenin blanc en hulle Wildekrans Chenin MCC 2008 is aagewys as die beste vonkelwyn.
Die prys vir die beste cabernet sauvignon het gegaan aan Klein Constantia vir die Klein Constantia Cabernet Sauvignon 2008. Hulle het ook 'n prys gewen met die Klein Constantia Vin de Constance 2006 wat aangewys is as beste natuurlike soetwyn.
Ander wenners was Plaisir de Merle Cabernet Franc 2008 - beste cabernet franc, Bartinney Chardonnay 2008 - beste chardonnay, De Grendel Winifred 2009 - beste wit versnit, Diemersfontein Carpe Diem Pinotage 2008 - beste pinotage, Bloemendal Sauvignon Blanc 2009 - beste sauvignon blanc, Neethlingshof Malbec 2009 - beste malbec, Bon Courage Inkará Shiraz 2008 - beste shiraz, Fort Simon Platinum Collection Viognier 2009 - beste Viognier, Signatures of Doolhof Petit Verdot 2008 - beste petit verdot, David Nieuwoudt Ghost Corner Semillon 2009 - beste semillon en Slanghoek Red Muscadel 2009 - beste Muscat.

Wyn
7/26/2010
Die geheime van tertdeeg / pasteideeg
Jou tertdeeg hoef nooit ’n flop te wees nie. Vir die beste resultate moet jy die volgende reëls nakom:
Let daarop dat indien ’n resep vra vir bv. 500 g tert- of pasteideeg verwys dit gewoonlik nie
na klaargemaakte deeg nie, maar na die hoeveelheid deeg wat verkry word deur 500 g meel te gebruik.
- Die oond moet die verlangde hittegraad bereik voor jy die deeg bak.
- Maak die deeg aan in ’n koel vertrek.
- Werk met die deeg op ’n marmerblad, deegplank of ’n gelamineerde plastiekoppervlakte. Skraap die oppervlakte skoon na elke keer wat jy die deeg uitrol.
- ’n Swaar houtrolstok sonder handvatsels rol die beste.
- Gebruik altyd goedgesifte meel.
- Indien jy water gebruik moet dit yskoud wees.
- Lig af en toe die mengsel hoog uit die mengbak, sodat lug ingewerk word.
- Moet nie die deeg te lank hanteer nie, dit maak dit vetterig.
- Verkoel die deeg vir 30 minute na die tyd.
Let daarop dat indien ’n resep vra vir bv. 500 g tert- of pasteideeg verwys dit gewoonlik nie
na klaargemaakte deeg nie, maar na die hoeveelheid deeg wat verkry word deur 500 g meel te gebruik.
7/25/2010
Sjokolade mousse / Chocolate Mousse
1 blikkie Ideal Milk, verkoel
225 g donker sjokolade, gesmelt en ’n bietjie afgekoel
2 teelepels gelatien, opgelos in 2 teelepels warm water
Klop die Ideal Milk tot dit verdubbel in volume.
Voeg die gelatien by en dan die donker sjokolade.
Verkoel.
(foto Ciro Biro)

Nagereg
7/24/2010
Pynappel in kokosneutmelk / Pineapple in Coconut Milk
'n Wenner by kerrie is pynappelstukke gemarineer in kokosneutmelk.
Beide is in blikkies beskikbaar by jou supermark.
Gooi dit eenvoudig bymekaar en hou in die yskas tot jy jou kerrie bedien.

7/23/2010
Polpette di pesce / Visfrikkadelle
Jy gaan hierdie Italiaanse gunsteling weer en weer maak.
700 g gevriesde vis, ontdooi, die oortollige water uitgedruk en die vis in stukke gebreek
180 mℓ broodkrummels
1 eier, geklits
2 knoffelhuisies, fyngekap
125 mℓ vars, gekapte pietersielie
180 mℓ gerasperde parmesan
125 mℓ witwyn
knypie neutmuskaat
sout
Meng al die bestanddele vir die frikkadelle saam. Voeg meer wyn by indien die mengsel te droog lyk.
Rol frikkadelle van die mengsel en bestrooi dit met meel.
Verhit olyfolie in ’n pan en braai die vis tot goudbruin.
Jy kan die vis bedien met ’n Italiaanse tamatiesous. Gooi dit sommer in die warm sous en laat dit ’n paar minute stadig prut met die deksel op. Bedien saam met linguine.

7/22/2010
Sjokoladetert
Vir die kors van hierdie tert het jy die volgende bestanddele nodig:
200 g meel
125 g strooisuiker
125 g ongesoute botter, in blokkies gesny
2 groot eiers
45 g kakaopoeier
Sif die meel en voeg die strooisuiker, kakao en blokkies botter by.
Meng en voeg dan die eiers by.
Meng verder tot dit ’n ferm pasta begin vorm.
Plaas die mengsel in die yskas vir 1 uur.
Rasper die stywe pasta in ’n 25 cm tertbak en druk dit met jou vingers vas. Maak seker die deeg is eweredig versprei in die bak.
Plaas terug in die yskas vir 20 minute.
Vir die vulsel benodig jy:
500 g donker sjokolade, gesmelt
200 mℓ melk
350 mℓ room
1 vanieljepeul, oopgesny
3 eiers
Meng die melk, room en vanielje in ’n kastrol en laat dit stadig kook.
Klop die eiers in ’n mengbak. Klop die melkmengsel stadig by. Moet nie te veel klits nie, anders maak dit stukke.
Vou die gesmelte sjokolade by die mengsel.
Gooi die mengsel in die tertkors en plaas dadelik in die oond by 180ºC en bak vir 5 minute.
Verlaag die oondtemperatuur na 150ºC en bak vir nog 10 minute.
Verlaag die oondtemperatuur na 120ºC en bak vir nog 20 minute.
Skakel die oond af met die tert binne-in en laat so staan vir 25 minute.
Bedien jou tert in ’n poel sjokoladesous en garneer met kruisementblare.

7/21/2010
Gesmoorde rooikool
Hierdie gereg is baie lekker as jy dit 'n dag vantevore maak en eers met bediening verhit.
900 g rooikool, die stronk uitgesny en die res opgekerf
1 ui, gesnipper
30 g botter
2 appels (kookappels), geskil en in skywe gesny
3 eetlepels asyn
2 eetlepels suiker
sout en peper
30 g beurre manié
Plaas die gekerfde kool in 'n groot kastrol kokende water. Laat dit 1 minuut kook en haal uit.
Smoor die ui in die botter tot sag, maar nie bruin nie.
Voeg die appelskywe by en smoor vir 'n verdere 3 minute.
Pak die kool en appelmengsel in lae in 'n kastrol.
Sprinkel die asyn, 3 eetlepels water, suiker en die sout en peper oor.
Sit 'n laag gesmeerde botterpapier bo-op, sit die deksel op en bak by 160ºC vir 2 uur.
Roer af en toe en voeg 'n bietjie water (of aftreksel) by indien nodig.
Nou roer jy die beurre manié by. Stukkie vir stukkie. Net genoeg om die kool en sappe te bind.
Bedien warm.
(foto Rick Heath)

7/20/2010
Beurre manié
Beurre manié is niks anders nie as frummels wat gemaak word om as verdikkingsmiddel gebruik te word.
Jy vryf 2 dele botter en 1 deel meel saam.
Laat die mengsel wat jy wil verdik eers effens afkoel voor jy die frummels gebruik.
Gebruik dit stukkie vir stukkie, net genoeg om jou sous te verdik.
Daar word ook hierna verwys as “gekniede botter”.

7/19/2010
Kruiebrood / Herb Bread
Hierdie brood is 'n gunsteling by enige geleentheid, veral 'n braai. Jy kan dit klaargemaak by die supermark koop, maar dit is verspot maklik om te maak en kos jou heelwat minder.
1 Franse Brood
110 g botter
20 ml van jou gunsteling kruie (droë kruie)
sap van 'n ¼ suurlemoen
swartpeper
fyngekapte knoffel na smaak (of los uit)
Room die botter saam met die kruie, swartpeper en knoffel.
Sny skuins snye, driekwart deur die brood. Die snye moet omtrent 1,5 cm dik wees.
Smeer die bottermengsel in die snye.
Smeer gewone botter bo-op en langs die kante van die brood.
Draai die brood toe in foelie.Bak die brood vir 10 minute by 220ºC.
Stel die oond af tot by 200ºC, vou die foelie oop en laat die brood vir nog 8 minute bak tot dit mooi bruin en bros is.

7/18/2010
Parmesaan hoender / Parmesan Chicken
Maak 500 g hoendervlerkies skoon en knip die punte van die vlerke af.
Smelt 125 ml botter en doop die hoendervlerkies daarin.
Meng die vlerkies nou met:
250 ml Parmesan
40 ml vars, gekapte pietersielie
10 ml paprika
10 ml vars origanum
10 ml vars basiliekruid
'n knippie sout
'n knippie peper
Pak die vlerkies op 'n gesmeerde bakplaat en bak vir 40 minute by 180ºC.
(die resep is genoeg vir 4 persone)

Hoender
,
Peuselhappie
7/17/2010
Maaskaas en klapper sous
Rooster 30 ml klapper en meng dit met 250 g gladde maaskaas.
Hierdie sous is veral geskik vir kerries.
Hierdie sous is veral geskik vir kerries.
Sleutelwoorde:
Peuselhappie
,
Sous
7/16/2010
Mezze
Die Griekse mezze tafel is ’n gewilde instelling sedert die tyd van antieke Griekeland. Dit is soortgelyk aan hors d'oeuvre, behalwe dat ons ’n hele tafel geregte het om uit te kies.
Die moderne mezze tafel bestaan uit enigiets waarvan jy hou, maar as jy dit ’n klassieke voorkoms wil gee sorg dat die volgende ook op die tafel is:
hummus
olywe
geskilde radyse
slaaiblare
sampioene, liggies gebraai in olyfolie saam met marjolein
artisjokharte, gekook in olyfolie en suurlemoensap
mossels, gebraai in olyfolie
ingelegde vis
taramasalata
feta
Dit is ’n heerlike, informele ete vir ’n klein groepie vriende.
(foto: Stijn)
Die moderne mezze tafel bestaan uit enigiets waarvan jy hou, maar as jy dit ’n klassieke voorkoms wil gee sorg dat die volgende ook op die tafel is:
hummus
olywe
geskilde radyse
slaaiblare
sampioene, liggies gebraai in olyfolie saam met marjolein
artisjokharte, gekook in olyfolie en suurlemoensap
mossels, gebraai in olyfolie
ingelegde vis
taramasalata
feta

(foto: Stijn)
Sleutelwoorde:
Grieks
,
Peuselhappie
,
Voorgereg
7/15/2010
Oostenrykse koffiekoek
Hierdie is 'n baie mooi nagereg. Dit is 'n koek wat deurweek word met koffie en gegeur met brandewyn.
170 g botter
170 g strooisuiker
3 eiers, geklop
170 g bruismeel
knippie sout
280 ml klaargemaakte sterk, swart koffie
suiker
280 ml room, geklop met suiker en 2 druppels vanieljegeursel
amandels, bruin gerooster
brandewyn
Stel die oond op 190ºC.
Room die botter en suiker in 'n mengbak tot dit lig en donsig is.
Klop die eiers geleidelik by en vou die meel en sout by met 'n metaallepel.
Skep die mengsel in 'n gesmeerde koekpan van 20 cm in deursnee vir 40 minute.
Keer die koek uit wanneer dit gaar is en laat afkoel.
Meng die koffie en suiker tot stroperig en geur met brandewyn na smaak.
Plaas die koek op 'n bord, deurweek dit met die koffiestroop en smeer toe met die room.
Versier die koek met die amandels.

Koek
,
Nagereg
,
Oostenryks
7/14/2010
Vegetariërs is gelukkiger
’n Nuwe studie aan Arizona se staatsuniversiteit het bevind dat vegetariërs minder negatiewe emosies het.
Die studie toon dat vegetariërs minder depressief is en meer gereeld in ’n goeie bui is. Die bevindinge ondersteun die algemene siening van “nuwe” vegetariërs dat die leefstyl hulle nie net fisies laat beter voel nie, maar ook psigies.

7/13/2010
Vierkantige sjokoladekoek / Square Chocolate Cake
Jy gaan 2 dae nodig hê om hierdie koek te maak.
Meringue:
Op dag een het jy ’n konfytrolpan nodig. Voer dit uit met bakpapier.
Klits 4 eierwitte en ’n koppies strooisuiker saam tot styf.
Gooi in die konfytrolpan en bak vir 3 uur by 100ºC.
Hou die meringue oornag. Dit is een van die koek se lae.
Sjokoladekoek:
Dag twee voer jy 2 konfytrolpanne uit met bakpapier.
1½ koppie meel
1½ koppie suiker
¼ koppie olie
¼ koppie kookwater
4½ eetlepels kakao
2 teelepels vanieljegeursel
4½ teelepels bakpoeier
6 eierwitte
6 eiergele
Klits die eierwitte styf.
Sif die suiker, meel, kakao en bakpoeier saam.
Meng die olie, water en liggies geklitste eiergele saam.
Voeg die droë bestanddele by die eiergeelmengsel en meng goed.
Vou die eierwitte by en bak vir ongeveer 15 minute by 180ºC.
Laat die koek afkoel.
Sjokoladevulsel:
4 eiergele
1 koppie versiersuiker
200 g sjokolade
125 g margarien
Room die margarien en versiersuiker en klits die eiergele een vir een by. Klits tot donsig.
Smelt die sjokolade in ’n mikrogolfoond tot sag.
Voeg by die bottermengsel.
Roomvulsel:
250 mℓ room
1 koppie versiersuiker
5 mℓ vanieljegeursel
Klits die bestanddele saam tot styf.
Bolaag:
250 mℓ Orley Whip
1 eetlepel kakao
1 eetlepel vanieljegeursel
Klits die bestanddele saam tot styf.
Maak die koek met ’n laag koek, die sjokoladevulsel, die meringue, die roomvulsel, ’n laag sjokoladekoek, gevolg deur die bolaag.
Versier die koek met kersies en sjokoladevlokkies.

7/12/2010
Pitta
Die pitta is 'n brood wat oorspronklik vanaf die Midde-Ooste afkomstig is.
1 pakkie droë gis
½ teelepel suiker
300 mℓ warm water
1 teelepel sout
500 g meel
Roer die gis by die warm water.
Voeg die suiker by.
Laat die mengsel op ’n warm plek staan vir 10 minute.
Meng die gismengsel met die sout en die meel tot ’n deeg.
Knie vir 10 minute.
Plaas die deeg in ’n bak, bedek en laat op ’n warm plek vir 1 ¼ uur.
Knie die deeg af.
Verdeel die deeg in 8 stukke.
Rol elke stuk uit in ’n ovaal vorm (sowat 25 cm x 13 cm).

Plaas die pitas op gesmeerde bakplate en laat staan so vir 8 minute.
Bak vir 8 minute.
Draai die pitas toe in ’n doek, terwyl dit afkoel.

Brood
7/11/2010
Dekadente sjokoladesous / Decadent Chocolate Sauce
Smelt 100 g donker sjokolade oor warm water.
Meng 50 g versiersuiker met 50 g kakao en net genoeg warm melk om dit op te los.
Voeg by die gesmelte sjokolade.
Voeg 350 ml room by en 20 ml brandewyn.

7/10/2010
Soetkoekies
Soetkoekies het oorspronklik 'n rooierige kleur gehad. Vandag maak ons hulle nie meer rooi nie, maar dit is steeds van die lekkerste koekies in die tradisionele spens.
750 ml koekmeel
5 ml sout
5 ml gemaalde naeltjies
5 ml gemaalde kaneel
5 ml gemaalde Allspice
5 ml koeksoda
250 ml suiker
250 g botter
2 eiers, geklits
125 ml soetwyn
Sif die droë bestanddele saam en voeg die suiker by.
Vryf die botter by die mengsel tot dit krummelrig is.
Voeg die eiers en wyn by en meng tot dit 'n sagte deeg is.
Laat staan oornag.
Rol die deeg uit tot 'n dikte van 3 mm en druk koekies uit met 'n koekiedrukker.
Plaas die koekies op 'n gesmeerde bakplaat en bak by 200ºC vir 12 minute.

Koekie
,
Suid-Afrikaans
7/09/2010
Absa Kos- en Wynkonsert 2010 Volksblad-kunstefees
Hierdie suksesvolle Kos- en Wynkonsert word vanjaar deur André Mostert (Mostertsdrift); Beyers Truter (Beyerskloof); Lizz Meiring (Mollie van Mollie en Wors) en die bekende sanger André Schwartz by die Volksblad Kunstefees aangebied.
Beyers Truter wêreldwyd bekend as die Pinotage-Koning met sy passie vir rooiwyn sal saam met André Mostert, entrepreneur van Stellenbosch en eienaar van die wynplaas Mostertsdrift die gaste vermaak met interressante vertellings oor wyn en wynmaak.
Vanjaar is die bekende en bekroonde aktrise Liz Meiring deel van die konsertspan en gaan sy defnitief haar hande vol hê met die drie wynmanne. Liz Meiring is bekend as een van Suid-Afrika se mees veelsydige vermaaklikheidskunstenaars.
André Schwartz, die bekende sanger sal vir die musikale vermaak sorg en saam met Lizz die wynmakers aanvat.
Die konsert is ’n wynproe en ligte ververings sal bedien word. Die aanbieders gaan die gehoor meer vertel van wynproe, kuier, kos en wyn, met baie staaltjies daarmee saam. Beslis ’n onvergeetlike ervaring.
Koste: R90-00 per persoon - Kaartjies by Computicket (Slegs drie vertonings) - Die konsertgangers kry gratis toegang tot die Absa Wynsaal.

7/08/2010
50 van die beste koekieresepte
Koekies bestaan nie net uit krummels en kalorieë nie - dit bestaan ook uit liefde.
Daar is niks so lekker soos om in ‘n kombuis in te stap waar die reuk van varsgebakte koekies swaar in die lug hang nie. Koekies is altyd daar as beloning, gelukwensing of troosprys. Die moderne lewe is egter so gejaagd dat baie min van ons die kans kry om tuisgebakte koekies uit ons eie oonde te geniet. Maar met behulp van die heerlike (en maklike) resepte wat hier volg sal jy dalk vinniger die meel en bakplate nader trek as wat jy dink!
50 van die Beste Koekieresepte sal die kroos laat regstaan vir nog ‘n paar lemoenkoekies, Rollo-koekies of karamelvierkante. Maar koekies het intussen ook grootgeword en van die resepte soos geurige kaasbrosbrood, suurlemoen-en-swartpeperkoekies of sjokoladetruffels kan aan die einde van enige maaltyd geniet word.
Daar is niks so lekker soos om in ‘n kombuis in te stap waar die reuk van varsgebakte koekies swaar in die lug hang nie. Koekies is altyd daar as beloning, gelukwensing of troosprys. Die moderne lewe is egter so gejaagd dat baie min van ons die kans kry om tuisgebakte koekies uit ons eie oonde te geniet. Maar met behulp van die heerlike (en maklike) resepte wat hier volg sal jy dalk vinniger die meel en bakplate nader trek as wat jy dink!

7/07/2010
Masala / Kerriepoeier
Jy kan jou eie kerriepoeier maak en aanpas soos dit jou smaak geval. Jy het nodig:
120 g borrie
100 g komynsaad
60 g fenegriek
120 g koljandersaad
15 g mosterdsaad
30 g vars gemmer
5 swartpeperkorrels
1 gedroogde rooi rissie
Verwerk al die bestanddele tot fyn in 'n voedselverwerker.
Stoor in 'n lugdigte houer in 'n koel, droë plek.

7/06/2010
Hoender en pesto tortillas / Chicken and Pesto Tortilla
olie
hoender, slegs wit vleis - in blokkies gesny
margarien
4 tortillas
30 mℓ pesto
500 mℓ gerasperde mozzarella
Verhit die olie in ’n pan en braai die hoender tot bruin.
Smeer die tortillas liggies met margarien aan een kant.
Verhit ’n skoon, groot pan en plaas die tortilla met die margarien kant na onder in die pan.
Smeer 15 mℓ pesto oor die tortilla, plaas die helfte van die hoender daarop, bedek met helfte van die mozzarella en maak toe met nog ’n tortilla, gesmeerde kant na bo.
Braai tot die tortilla goudbruin is.
Draai om en braai aan die ander kant tot die kaas gesmelt en die tortilla goudbruin is.
Sny in driehoeke en bedien dadelik.

7/05/2010
Karamelsous
250 ml suiker
100 ml water
300 ml room
100 ml vars lemoensap
skil van 1 lemoen, fyngerasper
30 ml brandewyn
Verhit die suiker en water saam oor lae hitte tot die suiker gesmelt is.
Verhit tot kookpunt en kook totdat dit ‘n karamelkleur het.
Verhit en voeg die room by. Wees versigtig, want dit sal spat.
Voeg die lemoensap en -skil en brandewyn by.

7/04/2010
Piesang sambal
Menige hoofgereg moes al in die skadu staan van hierdie piesang sambal.
Jy sny die piesangs in skywe, doop dit in suurlemoensap en braai dit dan liggies in botter.
Dit is altyd ’n wenner.
Jy sny die piesangs in skywe, doop dit in suurlemoensap en braai dit dan liggies in botter.
Dit is altyd ’n wenner.
Sleutelwoorde:
Slaai
,
Vegetaries
7/03/2010
Sjokoladesous
200 g sjokolade, grof gekap
180 ml dun room
½ houer Nutella-sjokolade-haselneutsmeer
60 ml Frangelico-likeur
Sit die sjokolade en room in ‘n bakkie oor ‘n kastrol pruttende water (die bak moenie aan die water raak nie).
Roer tot die sjokolade gesmelt is.
Voeg die Nutella en likeur by en maak dit deurwarm.
Verwyder van die hitte.
Plaas kleefplastiek op die oppervlak van die sous om te voorkom dat n skil vorm.

7/02/2010
Aarbei Romanov
Aarbei Romanov is 'n klassieke Russiese nagereg. Dit is waarskynlik vernoem na Alexander I van Rusland.
Die aarbeie moet sowat 3 ure voor die tyd voorberei word.
Was 4 koppies aarbeie, halveer, sprinkel 'n kwart koppie suiker oor en laat in die yskas vir drie ure.
Net voor opdiening klop jy 'n koppie room styf en meng met 4 eetlepels Kirsch tot glad.
Skep die roommengsel oor die aarbeie.
Garneer met kruisement.

(foto Thomas Leong)
(die resep is genoeg vir 6 persone)

7/01/2010
Lemoenstroop
Hierdie sous kan gebruik word vir pannekoeke, roomys of enige ander nagereg.
125 g suiker
60 ml lemoensap
160 ml water
2 heel steranys
1 vanieljepeul
30 ml lemoenlikeur
Verhit die suiker, lemoensap, water en steranys in ‘n kastrol oor matige hitte en roer tot die suiker opgelos is.
Sny die vanieljepeul oop en skraap die saadjies uit.
Voeg die vanieljesaadjies en -peul by die suikerstroop en bring tot kookpunt.
Verlaag die hitte en laat prut tot ‘n dik stroop gevorm het.
Verwyder van die hitte en roer die lemoenlikeur by.

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)