In Vuurwerke deel die bekende en ikoniese Jan Braai vir die eerste keer sy omvattende kennis van vuurmaak en vleisbraai met al sy aanhangers en dié wat graag die eeue oue kuns wil bemeester.
Jan is waarskynlik die persoon in Suid-Afrika wat al die meeste vrae oor braai in onderhoude moes beantwoord. Hy is dus goed in voeling met dit waaroor die meeste mense wonder en spreek dit in Vuurwerke aan.
Die boek bevat Jan se duidelike en deeglike instruksies vir die braai van steak, lamstjops, sosaties en beesstert-potjie. As jy dit eers onder die knie het, kan jy die braairibbetjie, lamsboud of spitbraai probeer. En al die ou gunstelinge soos braaibroodjies, stywe pap, mielies en selfs ’n nagereg of twee is ook daar.
Maar wat Vuurwerke werklik uniek maak, is Jan se passie wat spreek uit die details by elke resep. Van die uitsoek van jou vleis in die winkel of slaghuis tot die voorbereiding en die ideale manier van gaarmaak, word deeglik uitgelê. Boonop deel Jan graag sy kennis oor slagters en ander verskaffers.
Met Vuurwerke wou Jan nie net ’n versameling braairesepte met vae instruksies bymekaar bundel nie. “My doel met die skryf van die boek was om waarde toe te voeg tot jou lewe en om dit op so ’n manier te skryf dat dit nut het en bruikbaar is,” sê Jan.
Dit is by die vuur waar die koring van die kaf geskei word en met sy nuwe boek wys Jan Braai jou hoe!
Vuurwerke / deur Jan Braai -- Human & Rousseau, 2012. -- 250 p. ; hardeband. -- ISBN 9780798155403 : R 200.00
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
6/30/2012
6/29/2012
Boeke, Bacchus en Brood
Hierdie vertoning is ’n kombinasie van vele lekkertes: Lizz Meiring se pittige sêgoed uit Bizzy Lizzy word gekombineer met die soet en sappige nartjie-proe van
Clemengold. Jak de Priester se polsende klanke word geknoop aan kraakvars brode.
En dan ’n wynproe met ’n verskil: Leopard’s Leap wyne word afgesluk met die geur van kruie in die neusgate - wat tot vir Bacchus, die wyngod, sal laat glimlag: die subtiele Chardonnay, die dominerende donker geure van Merlot en die versteekte aromas van Shiraz.
Tussendeur gaan jy smul aan ’n heerlike ligte ete, jy gaan luister hoe ’n Eugene van Zyl – Leopard’s Leap se wynmaker reg uit die Kaap - vertel van hul unieke wyne. Kom proe die sonskyn in Clemengold se nartjies en ander produkte. Kom word meegevoer na ’n nartjieboord waar die reuk van nartjies in die boord hang en rol die heuningsoet-smaak oor jou tong.
Ilse Salzwedel, bekende joernalis en skrywer van Seerowers, kameelkoppe en chillies vir tee gaan met deernis gesels oor haar onlangse boek Bloedsusters wat handel oor twee susters wat daagliks doen waarvoor niemand anders kans nie. Ilse praat ook oor die interessante Afrikaanse gemeenskappe waaroor sy skryf in haar derde boek wat later vanjaar verskyn.
Wat kry jy as jy boeke, nartjies, wyn, kunstenaars en versnaperinge bymekaar sit? ’n Unieke produksie wat jy beslis nie moet misloop nie.
Innibos 2012
Met: Lizz Meiring, Jak de Priester, Ilse Salzwedel van Rooi Rose, Heine du Toit van Clemengold en Eugene van Zyl van Leopard’s Leap.
Gradering: Volwassenes
Datum en tyd: Vr 29 Junie 11:00, Sa 30 Junie 11:00
Venue: Nelspruit Hoërskool Huis Hermann Davin Seunskoshuis, Nelspruit
Tydsduur: 90 minute
Prys: R97

6/28/2012
Cordon Broers Kôssert
Lochner de Kock en Jannie du Toit snoer kragte saam om ’n Kossêrt te skep waarin boeke, kos en musiek gekombineer word.
Hierdie vertoning heet Cordon Broers en die gehoor word vermaak met kosdemonstrasies, anekdotes, wenke, staaltjies en musiek uit die twee kunstenaars se reise deur hulle kos- en musiekervarings. Lochner gaan ’n paar geheime uit sy kookboeke Smaakfees uit Suid-Afrika en Cordon Boer kruiewiel pluk om ekstra geur aan die produksie te verleen.
Innibos 2012
Met Lochner de Kock en Jannie du Toit
Datum en tyd: Vr 29 Junie 16:00
Venue: Stoep Restaurant (langs Inniboskantoor), Nelspruit
Tydsduur: 55 minute
Prys: R52

6/27/2012
Maklike Black Forest
12 sjokolade-muffins (koop klaar gebakte muffins)
2 blikkies ontpitte swartkersies
500 g roomkaas
2 blikke kondensmelk
sap van 1 suurlemoen (2 eetlepels van die botteltjie soort)
125 ml brandewyn
500 ml room
Whispers-sjokoladeballetjies vir versiering
versiersuiker om oor te sif
kruisementblare
Sny die sjokolade-muffins in die helfte.
Dreineer die kersies.
Meng die roomkaas en kondensmelk goed en voeg die suurlemoensap by.
Pak ’n laag sjokolade-muffins in ’n groot bak of glase. Gooi van die brandewyn oor die muffins.
Gooi ’n laag roomkaasmengsel oor die muffins en pak dan ’n laag kersies. Herhaal dié proses.
Klop room styf en skep heel bo-op.
Versier met die Whispers (niemand is tog lus om sjokolade-krulle te maak nie), en sif versiersuiker oor.
Druk kruisementblaartjies in vir die mooi.
Resep: Okkie C. Jansen van Vuuren

Sleutelwoorde:
Koek
6/26/2012
Gepofferde aartappel
Skil die aartappels en sny dit in dun skywe.
Was die skywe en maak dit dan goed droog.
Gooi die skywe in baie warm olie. Die olie moet dan kook nadat die aartappels ingegooi is.
Die skywe aartappel sal na bo dryf wanneer dit gereed is. Verwyder dit en droog weer af.
Dompel dit nou weer in die olie. Dit sal die aartappels laat oppof.
Verwyder die poffers en laat dit dreineer op kombuispapier.
Gooi sout oor en bedien.

Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
6/25/2012
Hou kruie langer vars
Wil jy graag vars kruie langer hou? Hierdie eenvoudige metode werk so goed dat jy jou kruie vir weke sal kan hou.
- Knip die onderste punte van die kruie se stingels af.
- Maak seker die kruie is kurkdroog. Was die kruie eerder net voor jy dit gebruik.
- Neem 'n glasfles en vul dit met water.
- Druk die stingels in die water.
- Plaas nou 'n plastieksakkie los oor die kruie en sit die fles in die yskas. Jy kan pietersielie ook teen kamertemperatuur hou, terwyl basiliekruid eerder nie in die yskas moet kom nie.
- Vervang die water indien dit troebel raak.
Sleutelwoorde:
Groente
6/24/2012
Suurlemoen en pecorino spaghetti
Kook 500 g spaghetti volgens aanwysings en dreineer.
Sodra die spaghetti klaar is gooi jy olyfolie oor (met 'n swaar hand) en die gerasperde skil van 2 suurlemoene.
Strooi 'n hand vol gerasperde pecorino oor en bedien - dis belangrik dat die pasta warm bedien word.
Die resep bedien 4 persone.

Pasta
,
Vegetaries
6/23/2012
Geroosterde botterskorsie en ricotta quiche
'n 400 g pakkie klaargemaakte broskorsdeeg
500 g botterskorsie, in blokkies gesny
suiker
30 mℓ gedroogde roosmaryn
4 eiers
50 mℓ melk
50 mℓ room
200 g ricotta, verkrummel
sout en varsgemaalde swartpeper
Plaas die botterskorsie in 'n roosterpan en strooi 'n bietjie suiker en die roosmaryn oor.
Plaas onder 'n oondrooster vir 30 minute.
Voer 'n tertbak uit met die deeg.
Versprei die botterskorsie oor die deeg.
Klop die eiers, melk en room saam.
Gooi die mengsel oor die botterskorsie.
Strooi die ricotta oor en bak vir 45 minute by 180°C.

Eier
6/22/2012
Aartappel en ansjovis gratin
Die woord verwys na die kors wat op 'n gereg vorm in die oond of onder 'n rooster. Dit is ook die naam van 'n gereg gebak of gerooster met 'n beskermde kors. Normaalweg is die bokant van die gereg bedek met kaas, broodkrummels of eier - in hierdie geval is dit room.
500 g aartappels, geskil en in papierdun skywe gesny
1 ui, in dun skywe gesny
2 filette ansjovis, saam met 10 mℓ van die olie waarin dit was – sny die ansjovis in stukkies
varsgemaalde swartpeper
160 mℓ room
20 mℓ botter
Jy gebruik 'n gesmeerde gratin bak hiervoor, maar as jy nie een het nie sal enige oondbak doen.
Pak 'n laag aartappels onder in die bak – gebruik die helfte van die aartappels. Geur met 'n swartpeper.
Bo-opkom 'n laag uie – met die helfte van die uie.
Nou strooi jy die ansjovis oor.
Nou volg 'n laag met die res van die aartappels – geur met swartpeper.
Die laaste laag is die res van die uie.
Meng die visolie met die helfte van die room.
Gooi die roommengsel oor die lae aartappel en uie.
Stip die gereg met die botter.
Bedek die bak met foelie en bak vir 1 uur by 220°C.
Gooi nou die res van die room oor en blaas onder die oondrooster tot dit verbruin.
Die resep is genoeg vir 3 persone.

6/21/2012
Gebakte kruie aartappels
Kook die aartappels met skil en al tot halfgaar.
Roer stukke botter by en laat afkoel en sit in yskas tot dit gebak moet word.
Maak 'n sny of twee aan die bokant van elke aartappel en druk 'n takkie oreganum, pietersielie, salie, tiemie of roosmaryn in die snye.
Bak in oond teen 180ºC tot gaar.
Roer stukke botter by en laat afkoel en sit in yskas tot dit gebak moet word.
Maak 'n sny of twee aan die bokant van elke aartappel en druk 'n takkie oreganum, pietersielie, salie, tiemie of roosmaryn in die snye.
Bak in oond teen 180ºC tot gaar.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
6/20/2012
Sigorei pasta
1 ui, in blokkies gesny
2 koppe sigorei (witloof), gekerf
2 blikke gekapte tamaties
2 knoffelhuisies, fyngedruk
botter
300 g van jou gunsteling pasta
sout en varsgemaalde swartpeper
gerasperde parmesaan
Maak die pasta gaar volgens aanwysings en hou eenkant.
Braai die ui in botter tot dit sag is.
Draai die hitte tot op laag, gooi die knoffel by en braai vir 2 minute.
Voeg nog 'n bietjie botter by, gooi die sigorei by en braai nog 2 minute.
Gooi die tamatie by, geur met sout en peper en laat dit prut vir 20 minute.
Meng die sigoreimengsel met die pasta en strooi parmesaan oor.

6/19/2012
Sampioen quiche
250 g sampioene, enige soort, in kwarte gesny
1 knoffelhuisie, fyngedruk
30 mℓ botter
die gerasperde skil van 1 suurlemoen
sout en peper na smaak
10 mℓ koekmeel
250 mℓ room
45 mℓ gerasperde parmesaan
hand vol grasuie, opgekap
3 eiers
'n 400 g pakkie skilfertertdeeg (puff pastry – ready rolled)
Smelt die botter in 'n pan en braai die sampioene stadig tot dit sag is.
Roer die knoffel en suurlemoenskil by.
Verwyder dit van die hitte, geur met sout en peper en roer die meel by. Hou eenkant tot dit afgekoel het.
Klop die eiers, parmesaan, grasuie en room saam.
Meng die sampioenmengsel by. Geur met sout en peper.
Voer 'n gesmeerde tertpan uit met die skilferkorsdeeg.
Gooi die sampioenmengsel in.
Bak vir 30 minute by 180°C.
Bedien saam met 'n groenslaai.

6/18/2012
Aspersie-omelet
Om 'n aspersie-omelet te maak gebruik jy die basiese resep vir 'n omelet.
Skep 4 eetlepels aspersiestukkies op die omelet en vou toe.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net . Foto's van die resepte is ook welkom.

6/17/2012
Aartappelgebak met gerookte salm en crème fraîche
40 mℓ botter
4 aartappels, in dun skywe gesny
250 g gerookte salm, in stukkies geskeur
'n hand vol grasuie, gekap
die skil van 2 suurlemoene
60 mℓ gerasperde parmesaan
250 mℓ crème fraîche
250 mℓ room
sout en peper na smaak
Smeer 'n oondbak en vul dit met afwisselende lae van aartappel, salm, grasuie, suurlemoenskil en parmesaan.
Meng die crème fraîche en room en geur met sout en peper.
Gooi dit oor die lae aartappels.
Bedek die bak met foelie en bak by 180°C vir 1 uur.
Verwyder die foelie en bak nog 15 minute.

Vis
6/16/2012
Bigos / Jagtersbredie
Bigos is 'n Poolse dis. Dit staan ook bekend as jagtersbredie. Basies is dit afwisselende lae kool en oorskiet vleis wat baie lank in bouillon gekook word.
4 kg witkool, skoongemaak
gaar oorskiet vleis, in plat skywe gesny sovêr moontlik
4 appels, geskil, die kern verwyder en in blokke gesny
2 uie, opgekap
80 mℓ botter
bouillon
roux / witsous
Plaas die kool in 'n kastrol en bedek met koue water. Bring tot kookpunt.
Verwyder die kool uit die kastrol en dreineer dit.
Meng die kool met die appel en uie.
Smelt die botter in die kastrol en pak dan 'n laag van die koolmengsel op die bodem. Volg met 'n laag vleis en hou so aan met afwisselende lae tot die kastrol tot amper bo vol is.
Gooi genoeg bouillon oor die lae om dit te bedek. Plaas die deksel op en bak dit in 'n 180°C oond vir 1½ uur.
Intussen meng jy 'n bietjie van die bouillon met 'n bietjie roux. Na die 1½ gooi jy dit in die kastrol. Bak dan die bigos vir nog 30 minute.

6/15/2012
Gesmoorde vleis
Goedkoop vleissnitte is gewoonlik taai en meer geskik vir smoor.
Smoor maak nie net die vleis sag nie, maar sorg ook vir 'n lekker geurige sous.
So min as moontlik vloeistof moet gebruik word tydens die smoor van vleis, dit moet in 'n pot gesmoor word wat 'n deksel het wat goed pas en die pot moet in jou oond pas. Dit word in die oond gedoen sodat die vleis hitte van bo en onder kan kry.
Die basiese proses vir die smoor van vleis of wild verloop as volg:
Verhit 40 mℓ olie in jou pot.
Wanneer dit begin rook plaas jy die vleis in die pot en braai dit bruin aan alle kante.
Verwyder die verbruinde vleis uit die pot.
Draai die hitte so laag as moontlik en gooi 500 mℓ opgesnyde groente (byvoorbeeld uie, wortel, seldery en soetrissie) in die pot, plaas die deksel op en smoor dit vir 5 minute lank.
Plaas nou die vleis op die groente, geur met sout en peper en plaas 'n bouquet garni in die pot.
Gooi die vloeistof by soos in jou resep aangedui word. Die vloeistof behoort so 5 tot 7 cm van die bodem af te lê.
Plaas die deksel op en plaas en plaas in 'n 160°C-oond vir die tyd soos in die resep aangedui. Die tyd hang af van die grootte van die vleis. Dit moet 20 minute per 450 g wees plus 'n ekstra 20 minute. So sal 'n 900 g boud byvoorbeeld (2 x 20 minute) + 20 minute = 1 uur in die oond wees.
Jy moet af en toe die vleis bedruip en omdraai.
Verwyder die vleis uit die sous en skep die vet af en gooi dit deur 'n sif. Gooi die groente op jou komposhoop. Al wanneer jy die groente saam met die vleis bedien is wanneer die gaarmaakproses kort was en die groente nog geur behou het.
Jy kan die sous saam met die vleis bedien. Voor dit bedien word kan dit met beurre manié verdik word.
Vleissoorte wat geskik is vir smoor:
Beesvleis:
stert
bolo
nek
borsstuk
boud
lewer
hart
pens
Varkvleis:
skenkel
borsstuk
dikrib
lewer
hart
pens
Skaapvleis / Lamsvleis:
nek
lies
borsstuk
dikrib
blad
lewer
hart
pens
Wild:
rugstring
boud
lewer
hart
pens
Wildvoëls:
patryse
fisante
duiwe
tarentale
ou hoenderhane

6/14/2012
Eier in tamatie / Oeufs ravigotants
Die tamaties vir hierdie resep moet ferm wees.
Sny die bokant van die tamatie af en hol die tamatie uit.
Draai dit om en laat dit vir 'n tydjie staan om te dreineer.
Verhit 'n bietjie olyfolie in 'n pan en braai die tamaties vir 2 minute.
Verwyder die tamaties uit die pan en pak dit op 'n gesmeerde oondplaat en geur met sout en peper.
Breek 'n eier in elke tamatie. Bak dit in 'n warm oond tot die eier gaar is.
Jy kan die eier garneer met fyngekapte soetrissie, pietersielie of salotte.

6/13/2012
Braaiballe
1 pakkie Potato Bake (Bacon & Cheese)
250 ml room (teen kamertemperatuur)
250 ml melk (teen kamertemperatuur)
150 ml gerasperde kaas
2 teelepels fyngekapte knoffel
1 kg witbrood deeg
Smeer 'n Pyrex bak met margarien.
Klop die Potato Bake, melk , room en knoffel goed saam.
Gooi die helfte van die mengsel in die Pyrex bak.
Rol die deeg in balle en blaas dit in die Pyrex bak.
Gooi die res van die mengsel oor die balle en strooi die kaas oor.
Laat dit op 'n warm plek staan om te rys vir 40 minute.
Plaas in 'n oond wat voorverhit is by 180°C en bak vir 35 minute.
Bedien dit warm en gebruik die sous op die bodem van die bak as botter.
Resep: Ronelle

6/12/2012
Eiers à la Grecque
6 eiers, hardgekook, afgedop en in 'n bak koue water gehou
180 g kabeljoukuite
50 g ongesoute botter
15 mℓ suurlemoensap
10 mℓ gelatien
120 mℓ tamatiesap
250 mℓ mayonnaise
Sny die eiers in die helfte deur.
Verwyder die eiergele en maak dit fyn.
Stamp die kabeljou, eiergele en botter saam fyn in 'n vysel.
Voeg die suurlemoensap en 40 mℓ van die mayonnaise by om dit romerig te maak.
Vul die eierwitte met die mengsel. Druk die eierhelftes nou weer vas aan mekaar en rangskik die eiers op 'n groot bord.
Week die gelatien in die tamatiesap en los dit op oor hitte.
Roer dit by die mayonnaise. Wanneer die mayonnaise verdik skep jy 'n eetlepel daarvan oor elke eier. Sorg dat die eiers bedek is met die sous.
Bedien saam met tamatieslaai.

6/11/2012
Aartappel met wyn
Berei kapokaartappels voor en gooi daarby 'n knypie neutmuskaat, 30 mℓ sjerrie en die geel van 2 eiers.
Maak die aartappels in die vorm van 'n Franse brood op 'n gesmeerde oondpan. Verf die aartappels met geklitste eier en strooi broodkrummels oor.
Bak in 'n 180°C oond tot bruin.
Maak die aartappels in die vorm van 'n Franse brood op 'n gesmeerde oondpan. Verf die aartappels met geklitste eier en strooi broodkrummels oor.
Bak in 'n 180°C oond tot bruin.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
6/09/2012
Wortels met kruisement
Sny wortels in 5 cm stafies en kook in water tot dit begin sag word.
Dreineer en plaas oor lae hitte in 'n kastrol saam met 'n groot klont botter. Roer gereeld.
Kook stadig tot die wortels sag is.
Bedien met vars gekapte kruisement.
Dreineer en plaas oor lae hitte in 'n kastrol saam met 'n groot klont botter. Roer gereeld.
Kook stadig tot die wortels sag is.
Bedien met vars gekapte kruisement.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
6/08/2012
Aartappels en pampoen
As kind het ons altyd ons kapokaartappels gemeng met ons pampoen. Ek het dit so begin voorsit by die huis en dit is steeds 'n treffer.
Jy maak kapokaartappels en dan meng jy dit met saggekookte pampoen.
Resep: Victoria
Jy maak kapokaartappels en dan meng jy dit met saggekookte pampoen.
Resep: Victoria
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
6/07/2012
Bercy-omelet / Omelette à la Bercy
Om 'n Bercy-omelet te maak gebruik jy die basiese resep vir 'n omelet.
Braai 'n paar chipolata worsies tot gaar. Sny in stukkies.
Strooi gekapte vars kruie oor die omelet en strooi die worsies oor.
Bedien hierdie omelet saam met tamatiesous.

6/06/2012
Gemarineerde stokvis
Sny 'n paar stokvisfilette in stukke en marineer die (vir ten minste 1 uur) in 'n mengsel van sojasous, fyngekapte gemmer en fyngedrukte knoffel.
Plaas onder die oondrooster in 'n oondpan tot gaar.
Sprinkel suurlemoensap oor en bedien.
Plaas onder die oondrooster in 'n oondpan tot gaar.
Sprinkel suurlemoensap oor en bedien.
Sleutelwoorde:
Vis
6/05/2012
Gebraaide lamsboud met kruie
2 kg ontbeende lamsboud
sout en varsgemaalde swartpeper
50 mℓ fyngekapte pietersielie
30 mℓ fyngekapte kruisement
15 mℓ fyngekapte salie
10 mℓ vars tiemie
10 mℓ vars roosmaryn
30 mℓ vars geskeurde basiliekruid
2 knoffelhuisies, fyngedruk
10 mℓ vars uitgedrukte suurlemoensap
10 mℓ olyfolie
350 mℓ pinot noir
Vryf die vleis in met sout en peper.
Meng al die droë bestanddele vir die vulsel en smeer dit oor die boud.
Rol die boud op en bind dit vas met tou.
Sprinkel die suurlemoensap en olyfolie oor die vleis.
Braai die vleis in die oond by 200°C in 'n braaipan wat gespuit is. Braai vir 20 minute.
Gooi die wyn in die braaipan en gooi 125 mℓ water by, bedek met foelie en bak by 180°C vir 1 uur en 30 minute.
Verwyder die vleis uit die pan en hou warm.
Gooi die vloeistof in 'n kastrol en kook tot dit met die helfte verminder het. Bedien as 'n sous saam met die vleis.
Die resep is genoeg vir 8 persone.

6/04/2012
Hoender à la biarotte
1,5 kg hoender, in stukke gesny
genoeg olyfolie vir braai
150 mℓ droë witwyn
150 mℓ tamatiesous
1 knoffelhuisie, gerasper
150 g knopiesampioene
150 g aartappel, in blokkies gesny
1 eiervrug, in klein blokkies gesny
1 ui, in baie dun ringe gesny
Braai die hoender bruin in olyfolie.
Voeg die wyn by, plaas die deksel op en kook dit in die wyn tot meeste van die vloeistof weggekook het. Skud die pot gereeld sodat alles eweredig kook en met die wyn in aanraking kom.
Voeg die tamatiesous en knoffel by en kook tot alles goed verhit is.
Verwyder die hoender en hou warm. Behou die sous wat in die pot oorgebly het.
Braai die sampioene, aartappel en eiervrug in 'n aparte pan in olyfolie tot die aartappels sag en effens verbruin is.
Braai die uie in 'n skoon pan in olyfolie tot sag.
Wanneer jy die hoender bedien skep jy die sous oor en rangskik die groente om die hoender.

6/03/2012
Gevulde appels in meringue
6 groot kookappels
60 mℓ suiker, opgelos in 420 mℓ water
4 druppels vanillageursel
Vulsel
110 g gemengde droëvrugte
stukkie versuikerde lemoenskil
15 g botter
meringue van 2 eierwitte
strooisuiker
sjokoladesous
Bring die suikerwater tot kookpunt, gooi die vanilla by en laat 10 minute lank kook.
Skil en ontpit die appels met 'n appelboor.
Posjeer die appels in die stroop. Draai die appels af en toe om. Hulle moet heeltemal sag word.
Verwyder die appels uit die stroop met 'n dreineerlepel. Behou die stroop. Rangskik solank die appels op die bord / bordjies waarop jy dit gaan bedien.
Berei die vulsel deur al die vrugte op te kap. Meng dit dan oor lae hitte vir 5 minute saam met die botter en 20 mℓ van die stroop.
Vul die appels met die mengsel.
Bedek elke appel met meringue.
Strooi strooisuiker oor en bak tot goudbruin (20 minute) by 150°C.
Gooi warm sjokoladesous oor die meringue net voor bediening.

Nagereg
6/02/2012
Veerligte eiers / Cocotte eiers / Oeufs cocotte / Oeufs en cocotte
Jy het individuele soufflé bakkies nodig vir hierdie eiers.
Jou oond moet op 180°C wees en daar moet 'n groot oondpan met warm water gereed staan in die oond.
Plaas 'n klont botter in elke soufflé bakkie en laat dit staan in die warm water.
Breek 2 eiers in elke bakkie.
Wanneer die eiers gaar is word dit met sout en peper gegeur en dadelik bedien.
'n Heerlike variasie hiervan is oeufs cocotte à la crème. Jy laat die botter eers smelt voor jy 20 mℓ room in elke bakkie gooi. Dan breek jy een eier in elke bakkie voor jy dit bak.
Nog 'n idee is om gerasperde kaas oor die eier te strooi.
Of geur die eier met peper en pak gehalveerde kersietamaties, gerasperde mozzarella en fyngekapte rissies by. Bak vir 20 minute teen 180ºC. Geur die gereg met sout, fyngekapte kruie en opgesnyde avokado.

6/01/2012
Gebakte kapokaartappels
Maak jou kapokaartappels (mash) volgens hierdie resep.
Gooi die kapokaartappels in 'n oondbak, stip met botter en strooi broodkrummels oor.
Bak in 'n 180°C-oond tot ligbruin.
Ander opsies is om 'n laag geklopte eierwit op die aartappels te smeer in plaas van broodkrummels. Jy kan ook gekapte uie vooraf braai en dit met die aartappel meng voor jy dit in die bak skep.
Gooi die kapokaartappels in 'n oondbak, stip met botter en strooi broodkrummels oor.
Bak in 'n 180°C-oond tot ligbruin.
Ander opsies is om 'n laag geklopte eierwit op die aartappels te smeer in plaas van broodkrummels. Jy kan ook gekapte uie vooraf braai en dit met die aartappel meng voor jy dit in die bak skep.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)