Voetspore is ’n dokumentêr-avontuur op SABC 2. Johan Badenhorst en sy makkers het onlangs die agtste reeks, "Voetspore op die Ewenaar", voltooi. Maar sulke reise kos fyn beplanning, veral wat die spys en drank aanbetref. Wie kan gaan krokodille kyk of ’n voertuig uit die modder sleep op 'n leë maag?
Johan en Alma het uit ondervinding die resepte en beplanningslyste saamgestel. Alle resepte dui die voorbereidings- en gaarmaaktyd aan – sodat jy self kan besluit hoeveel tyd jy het voor die son sak. Die resepte is eenvoudig maar watertand-lekker, alles saamgestel uit die beplande inkopies.
Hoogtepunte in die nuwe uitgawe sluit in Keniaanse Vermicelli brood, Pangebraaide oester, Hoenderflambe in whiskey en Cajun Kabeljou. Die kookboek pas gemaklik in jou voertuig se paneelkissie – en is net so belangrik soos jou domkrag, spaarwiel en sleeptou.
Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste [teks] / deur Johan Badenhorst -- Human & Rousseau, 15 Mei 2014. -- 176 p. ; sagteband. -- ISBN 9780798163323
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/31/2014
7/30/2014
Sampioene en aartappels
Bring klein aartappeltjies in soutwater tot kookpunt. Kook dit tot driekwart gaar. Dit sal omtrent 15 tot 20 minute neem.
Verhit olyfolie in ’n pan en braai die aartappels, klein sampioene, vars gekapte pietersielie en gemaalde swartpeper saam. Braai tot die sampioene sag is. Maak seker jou aartappels is ook gaar.
Strooi gerasperde parmesaan oor en bedien.

Sleutelwoorde:
Groente
7/29/2014
Hoenderlewer-sosaties
Sny skoongemaakte hoenderlewers in twee en marineer dit in ’n mengsel van 200 mℓ olyfolie, sout, peper en fyngekapte kruie van jou keuse.
Voeg dáárby klein sampioene en ’n skeut suurlemoensap.
Intussen blansjeer jy lekker dik stukke spek wat jy in repe gesny het – net so vir 3 minute.
Maak dit dan droog met handdoekpapier.
Rol nou die lewer in broodkrummels en ryg dit dan alternatiewelik op sosatiestokkies met die sampioene en spek.
Maak dit gaar onder die oondrooster of op die braai.

7/28/2014
Eiervrug met rissie
Vir die gewone mense soos ons gebruik ons ’n soetrissie vir die resep. Indien jy skerp smake kan hanteer kan jy die soetrissie vervang met 3 of 4 rissies.
Hierdie is ’n tipe slaai wat jy by Indiese geregte of vleis kan bedien.
2 eiervrugte
1 ui, gerasper en nog ’n ui waarvan jy ’n paar baie dun uieringe sny
1 soetrissie, fyngekap
sout
suiker na smaak
’n skeut suurlemoensap
1 suurlemoen in baie dun skyfies gesny
Draai die eiervrugte toe in bakpapier en bak 40 minute by 180°C tot sag.
Krap al die pulp uit die sagte eiervrugte en meng die pulp met die gerasperde ui. Meng die soetrissie daarmee en geur dit dan met sout en suiker na smaak. Voeg ook suurlemoensap by na smaak.
Verkoel die mengsel.
Garneer dit met die uieringe en suurlemoenskyfies net voor jy dit bedien.
foto: Emma Galloway

,
Slaai
,
Vegetaries
7/27/2014
Gariepfees 2014 Kosmark
‘n Fees sonder feeskos is mos nie ‘n fees nie; daarom spog die Gariep Kunstefees met ‘n uitgebreide kosmark met ‘n verskeidenheid interessante kos en lekkernye sonder om die immergewilde en tradisionele feeskos soos “mini-doughnuts”, boereworsrolle, roosterkoeke, “rib burgers”, sosaties, pannekoek, droë vrugte, schwarmas, pizzas en Yankees af te skeep.
Vir die swerwendes, is daar stokkiekos! ‘n Stomende koffie-stalletjie sal ook beskikbaar wees vir ‘n bietjie ekstra hitte wanneer ons laat-aand nog fees vier op die terrein of na ‘n kunstenaar gaan luister. Lekkergoed, spookasem, koeldrank, “slush puppies” en roomys is natuurlik ook op die kosmark-spyskaart. Die “early birds” kan selfs ‘n heerlike plaasontbyt kom nuttig. Kom proe self!
28 - 31 Augustus 2014
Kimberley
Gariepfees 2014

7/26/2014
Spinasie gaargemaak in spinasiesap
Indien jy van spinasie hou MOET jy hierdie resep probeer.
Was die spinasie goed en verwyder die harde stele.
Kook dit vir 5 minute in kookwater met 5 mℓ sout.
Plaas dit in ’n vergiettes en spoel dit af met koue water voor jy dit laat dreineer.
Druk nou enige oorblywende sap uit die spinasie in ’n bakkie. Jy gaan die sap weer gebruik.
Sny die spinasie fyn.
Plaas ’n groot stuk botter in ’n pan. Wanneer die botter gesmelt is roer jy 5 mℓ meel by. Voeg geleidelik die sap van die spinasie by en geur dit met sout en peper. Laastens voeg jy die spinasie by en verhit dit in die sap.
Strooi croûtons oor voor jy dit bedien.
Jy kan die spinasie garneer met gekookte eier.

7/25/2014
Grondboontjiekoekies
Maak geskilde grondboontjies fyn met jou voedselverwerker. Jy wil uiteindelik sowat 250 mℓ hê.
Meng die 250 mℓ grondboontjies met 250 mℓ broodkrummels, 2 geklitste eiers, 125 mℓ fyngekapte tamaties, ’n knippie sout en peper en ’n fyngekapte rissie.
Maak plat koekies met die mengsel en braai dit in olie.

7/24/2014
2014 George Kaasfees
Die 12de Vodacom George Kaasfees word hierdie jaar vanaf 25 tot 27 Julie aangebied by ‘n splinternuwe terrein – die bekende Outeniquapark (rugbystadion).
Die feesprogram bied ‘n paar nuwe hoogtepunte aan. Die immergewilde kosdemonstrasies is terug en sal aangebied word deur sjefs soos Kokkedoor se Trudie Niehaus, bekende Marlene van der Westhuizen, ons plaaslike Francois Ferreira en ander top sjefs in die land. Hierdie demonstrasies sal in die Checkers Emporium te siene wees met Checkers as die hoofborg.
‘n Ander nuweling op die fees is Antoinette Pienaar wat die bekende Karoo kruie-werkswinkels aanbied. Sy gaan gesels oor kruie en kaas. Jeanne Els, belowende Suid-Afrikaanse skrywer, sal Saterdag 26 Julie gesels oor hoe sy jou met reënboë en ritmes meevoer na plekke en oomblikke wat jy herken of wil ken. Hierdie beloof om ‘n gunsteling gesprek te wees en daarom moet belangstellendes maar vroeg kaartjies koop by Outeniqua Laerskool teen R40 per kaartjie. Indien daar ‘n aanvraag vir ‘n tweede vertoning is, sal Jeanne aanbly vir die Sondag.
Wat vertonings aanbetref, bied die fees ‘n vol program aan. Die fees skop Donderdag aand, 24 Julie, af met Barnyard Productions se vertoning “Strictly Number 1‘s” wat 60 jaar se beste no 1 liedjies sal aanbied. Kunstenaars soos Barry Hilton, Flashback en Claude Pretorius, as seremoniemeester, sal ook optree. Vir die res van die naweek kan feesgangers uitsien na verdere optredes deur Flashback, die Donkiekar Boereorkes, Kobus Muller en Joe Niemand.
Met ongeveer 86 kos, wyn en winkelstalletjies met goeie kwaliteit unieke ware te koop en die welbekende kombinasiesessies werkswinkels met wyn, port, bier, whisky en brandewyn, sal die feesganger oorgenoeg aktiwiteite vir vol feesdae geniet. Die toegangskaartjies sluit deurentyd gratis musiekvermaak in.
Die kosstalletjies sal tot laat oop wees Vrydag- en Saterdagaande om die hongerpyne te stil.
Daar sal ook weer ‘n aparte sone vir die kinders wees met toesig sodat die kinders veilig kan besig wees met ouderdom geskikte aktiwiteite.
Buiten die genot wat feesgangers uit die geleentheid kry, het die Kaasfees ‘n veel dieper betekenis waar ‘n deel van die fees se inkomste aan plaaslike welsynorganisasies geskenk word. Die res van die inkomste word aangewend deur Outeniqua Laerskool vir die ontwikkeling van die skool en kinders.

7/23/2014
Tradisionele Sondagmiddag Boerebuffet in Schoemanshoek
Sluit die Klein Karoo Klassique op ’n hoë noot af met ’n tradisionele Sondagmiddagete uit die heel boonste rakke.
Egte boerekos word voorgesit, met ’n sop- en broodtafel, drie heerlike vleisgeregte, groente soos jy gunsteling tante dit voorberei het en ’n kreunende poedingtafel.
Tafelwyn is by die koste van die ete ingesluit. Plaaslike wyn van Karusa, ’n wynkelder net om die draai, word met die ete bedien. Daar is slegs 120 kaartjies beskikbaar.
17 August • 12:30 • NG Kerk Kangovalleie, Schoemanshoek • R 250 • 120 min
Klein Karoo Klassique

7/22/2014
Roosterbrood met skelvis
’n paar snye roosterbrood
gaar skelvis
witsous
gerasperde kaas
fyngekapte vars pietersielie
sout en peper
Sny die brood in repe.
Meng die skelvis met witsous. Roer die pietersielie by en geur na smaak. Smeer die mengsel op die brood.
Strooi die kaas oor en bak in ’n warm oond tot die kaas gesmelt het.
Bedien dadelik.
Jy kan ook meer witsous gebruik en 'n sous maak wat jy apart bedien met geroosterde brood.
Stuur jou resepte na con@qvrp.net. Foto's van die resepte is ook welkom.

Peuselhappie
,
Vis
7/21/2014
Klassique voedsel en wyn
Karusa wyne en The Colony Restaurant bied ’n klassieke Karoo kos- en wynervaring aan – ’n toonvenster van die beste plaaslike wyn en kontreikos van Oudtshoorn.
Dit is ook die viering van Karusa se 5de verjaasdag. ’n 5-Gangete met die top wyne van Karusa.
Bespreek per e-pos by info@karusa.co.za of alie@queenshotel.co.za.
15 August • 19:00 • The Colony at the Queen’s Hotel • R 200 • 150 min
Klein Karoo Klassique
Dit is ook die viering van Karusa se 5de verjaasdag. ’n 5-Gangete met die top wyne van Karusa.
Bespreek per e-pos by info@karusa.co.za of alie@queenshotel.co.za.
15 August • 19:00 • The Colony at the Queen’s Hotel • R 200 • 150 min
Klein Karoo Klassique
Sleutelwoorde:
Wyn
7/20/2014
7/19/2014
Delizioso Pasto Italiano
’n Gala-konsert, bestaande uit onder andere weergawes van vurige Italiaanse opera-arias met ’n prima Italiaanse buffetete by die Colony Restaurant by die Queens Hotel in Oudtshoorn.
Disse soos Toskaanse bonesop en ciabatta, osso buco, pollo cacciatore, tiramisu en panna cotta word bedien en die ete word afgerond met amaretti biscotti en ’n aperitif. Wyn is by die koste van die ete ingesluit.
16 August • 20:00 • The Colony at the Queen’s Hotel • R 235 • 120 min

7/18/2014
7/17/2014
Karookos Buffet
’n Buffetete geínspireer deur die cuisine van die Karoo met boontjiesop, vars gebakte brood, ’n verskeidenheid winterslaaie, gebakte vis met tartaresous, plaashoender met basmati rys, Karoo lamsboud met roosmaryn, gebakte aartappels, springbokpastei, pampoenkoekies, blomkool en witsous, brandewynpoeding met vla, appeltert met room en vars vrugteslaai.
Baccarat-wyne is te koop.
15 August • 20:00 • Protea Hotel Riempie Estate, Oudtshoorn • R 195 • 120 min
Klein Karoo Klassique
Baccarat-wyne is te koop.
15 August • 20:00 • Protea Hotel Riempie Estate, Oudtshoorn • R 195 • 120 min
Klein Karoo Klassique
7/16/2014
7/15/2014
Marita van der Vyver in die Paarl ten bate van Laat ons Lees!
Marita van der Vyver en haar nuwe boek Winterkos in Provence is die fokus van ’n spesiale skrywersete wat op Saterdag 19 Julie deur die Grande Roche Hotel, in samewerking met die Afrikaanse Taalmuseum en -monument en NB Uitgewers, in die Paarl aangebied word.
Van der Vyver is een van Suid-Afrika se mees geliefde skrywers met tien boekpryse en verskeie topverkopers agter haar naam. Haar debuut, Griet skryf ’n sprokie, het opslae gemaak en is talle kere herdruk. Sedertdien bly sy in die openbare oog, veral sedert haar huwelik met ‘n Fransman en haar nuwe lewe in Frankryk waaroor sy skryf in haar gewilde rubrieke. Sy is ook bekend vir haar TV-reeks, MaritaKook, op KykNET.
Die geleentheid begin om 18:00 en sluit ’n viergang maaltyd in met spesiaal uitgesoekte wyne. Van der Vyver sal oor haar nuwe boek Winterkos in Provence gesels, wat van haar gunstelingresepte en kosstories insluit. Dit is op Suid-Afrikaanse kokke gemik en al die bestanddele is plaaslik beskikbaar.
Kaartjies vir die skrywersete kos R495. Twintig persent van die kaartjieverkope gaan aan die Taalmuseum se Laat ons Lees!-projek. Honderde kinders is reeds bereik sedert dié projek in 2013 van stapel gestuur is. Op Porterville verskaf die Taalmuseum boeke aan volwassenes wat een keer per week vir groepe kinders voorlees; op Oesterbaai in die Oos-Kaap is boeke geskenk aan leerders van Laerskool Sandwater wat in ‘n gemeenskapsaal skoolonderrig ontvang; en in Drakenstein borg die museum elke kwartaal via die Paarl Post se Borg-‘n-skool-projek gratis eksemplare van dié koerant vir een skool.
Belangstellendes kan bespreek by Christine by tel. 021 863 5100. Winterkos in Provence is ook in Engels beskikbaar en sal by die geleentheid te koop wees.

7/14/2014
Forel met kruie en sultanas
’n Ongewone manier om forel te geur.
800 g forel, skoongemaak
50 g sultanas
1 ui
1 stok roosmaryn
4 blare salie
1 stok seldery
1 knoffelhuisie
100 mℓ olie
asyn
gerasperde skil van ’n ½ lemoen
500 mℓ visaftreksel – jy kan ook consommé gebruik
sout
varsgemaalde swartpeper
Beurre manié gemaak van 15 mℓ botter en 7,5 mℓ meel.
Week die sultanas in louwarm water vir 30 minute.
Intussen sny jy die ui fyn op saam met die roosmarynblare, salie, seldery en knoffel.
Verhit die olie in ’n pan, verkieslik een wat groot genoeg is vir die vis om plat te lê.
Braai die uimengsel daarin tot sag, moet dit nie toelaat om te verbruin nie.
Plaas nou die vis in die pan en sprinkel ’n paar drupels asyn oor die vis.
Voeg ook die lemoenskil by.
Voeg nou die aftreksel en die sultanas by.
Geur met sout en peper en plaas ’n deksel op tot die vis gaar is.
Verwyder die vis versigtig uit die pan en plaas dit op die bord waarop jy dit gaan bedien. Verwyder die vel versigtig.
Voeg nou die beurre manié by die vloeistof in die pan en verhit, terwyl jy dit aanhoudend roer. Hou so aan tot dit ’n romerige sous begin vorm.
Gooi die sous oor die vis en bedien dadelik.
(foto Grant Hutchinson)

7/13/2014
One Night in Paris
’n Driegangete met ’n spyskaart geínspireer deur die Franse cuisine met disse soos baguette met romerige knoffelmossels of aartappel- en preisop, coq au vin met gratin douphinoise of quiche lorraine of roosmaryn & knoffel lamribstuk.
Die nagereg bevat ’n keuse van bessie-pavlova of pere in rooiwyn geposjeer met sjokolade mousse. Probeer daarmee saam ’n wyn in die Franse styl, soos La Capra of Mourvèdre wat te koop aangebied word.
’n Kaartjie bied ’n keuse van een voorgereg, een hoofgereg en een nagereg van die Franse spyskaart af.
14 August • 20:00 • The Black Swan - Restaurant & Wine Bar • R 175 • 120 min

7/12/2014
Port / Cape Ruby
Port is ’n sterk soet gefortifiseerde wyn, gewoonlik rooi. Dit is oorspronklik van Portugal. In Suid-Afrika praat ons gewoonlik van Cape ruby of Cape vintage.
Dit word normaalweg na afloop van ’n ete gedrink, of saam met nagereg. Wit port word egter voor ’n maaltyd gedrink.
Dit word normaalweg na afloop van ’n ete gedrink, of saam met nagereg. Wit port word egter voor ’n maaltyd gedrink.
Sleutelwoorde:
Portugees
,
Suid-Afrikaans
,
Wyn
7/11/2014
7/10/2014
Kaasstrooitjies
Gebruik gelyke hoeveelhede botter, kaas en meel. Meng die botter en meel saam met ’n knypie sout en rooipeper.
Voeg nou die kaas by en meng tot jy ’n gladde deeg het. Rol dit uit en sny in repe.
Bak by 180°C tot ligbruin.
Voeg nou die kaas by en meng tot jy ’n gladde deeg het. Rol dit uit en sny in repe.
Bak by 180°C tot ligbruin.
Sleutelwoorde:
Kaas
,
Peuselhappie
7/09/2014
Kalfiefees 2014 Vrouedagviering
Begin die oggend met ’n glas heerlike vonkelwyn en ’n uitsig oor die sprankelende Walkerbaai, en geniet vrouwees saam met vermaakkunstenaar Emile Minnie en skrywer Karin Brynard.
Emile is ’n sanger, musikant, komponis, liedjieskrywer en vermaakkunstenaar. Hy sê sy sangloopbaan het begin met sy eerste gil, toe die dokter uitroep: “Jislaaik, maar die kêreltjie het ’n paar longe aan hom!” Sy liefde vir musiek het hy aan sy ouers te danke wat hom ook aangemoedig het om sy talent uit te leef.
Karin Brynard, skrywer van Plaasmoord en Onse Vaders, gesels oor haar loopbaan as vryskutjoernalis, haar obsessie met skryf en die navorsing wat sy moes doen vir haar boeke. Karin sê sy is bang vir niks, behalwe spinnekoppe.
Proe en peusel tussendeur aan ’n varsvrugte-konkoksie, frittata, quiche, croissants en mini-lemon meringue.
120 min R120
Harbour rock restaurant, Nuwe Hawe, Hermanus
Sat 9 Aug 10:00 - 12:00
Kalfiefees 2014

7/08/2014
Normande sous
30 mℓ meel
botter
500 mℓ wit aftreksel – ’n kalfsconsommé of consommé
250 mℓ visaftreksel
2 eiergele
suurlemoensap
sout en varsgemaalde swartpeper
Die sous is veral geskik vir vis.
Gebruik die meel, botter en aftreksel soos vir ’n witsous.
Maak ’n visaftreksel van hierdie resep, maar gebruik witwyn in plaas van rooiwyn.
Roer die visaftreksel by die sous en prut vir 15 minute. Verwyder enige opdrifsels.
Verwyder van die hitte en roer die eiergele by.
Gebruik nou ’n balonklitser om 30 mℓ botter wat in blokkies gesny is by te klits.
Geur met suurlemoensap, sout en die peper na smaak.

7/07/2014
Kalfiefees 2014 Openingsaand
Sarah Theron word al vir twee dekades staande toegejuig en gehore ken haar “Torch Song”, klaende Blues-nommers en prentjiemooi volksliedjies. Dis juis op dié gemene gronde wat Sarah, die Gugulethu Tenors en meester-pianis Lucas Heinen, mekaar vind om gehore te oorrompel met uithalermusiek.
Maak reg vir tradisie en vernuwing, lag, huil en dans!
Met: Sarah Theron, Gugulethu Tenors en pianis Lucas Heinen
Regie: Pedro Kruger
180 min R180 Sandbaaisaal
Don 7 Aug 19:00 (Openingsaand met ete vooraf)
Tafels kan voor die tyd bespreek word by die kantoor.
Tel 028 316 1687 (10:00 – 13:00 weeksdae)

7/05/2014
Koue seekos lasagne
Hierdie lasagne kan in skywe gesny word en as voorgereg bedien word.
8 velle lasagne – pas die getal aan soos wat dit jou bakpan of bak pas.
500 mℓ ricotta
375 mℓ mascarpone
30 mℓ suurlemoensap
15 mℓ fyngekapte basiliekruid
15 mℓ fyngekapte dille
15 mℓ fyngekapte tarragon
1 mℓ witpeper
500 g gerookte salm, in repe geskeur as dit te groot is
120 g viseiers of kaviaar
Kook die lasagne in water tot gaar, volgens aanwysings op die verpakking. Hou eenkant.
Plaas die ricotta, mascarpone, suurlemoensap, peper en kruie in ’n voedselverwerker en meng goed.
Jy het ’n geskikte vorm, soos ’n terrien bak, nodig hiervoor. Enige langwerpige bak so breed soos die lasagne behoort te werk. Voer dit uit met kleefplastiek. Laat die plastiek ten minste 12,5 cm oor die kante hang.
Pak ’n laag lasagne op die bodem van die houer. Bedek dit met ’n laag kaas, lê ’n laag salm op die kaas en strooi so 2 teelepels viseiers oor die salm. Herhaal die lae tot al die bestanddele op is. Eindig met ’n laag lasagne.
Plaas die bak in ’n yskas tot dit goed gestol het.
Verwyder die lasagne versigtig uit die houer daardeur aan die kleefplastiek op te lig. Verwyder dan die plastiek.
Garneer die lasagne met nog salm en kruie.

7/04/2014
Omelet met sampioene, salie en gruyère
Braai klein sampioene in ’n bietjie botter tot sag. Maak ’n omelet en vul dit met die sampioene, vars gekapte salie en gerasperde gruyère.
Sleutelwoorde:
Eier
7/03/2014
Varksosaties met pruime
Koop ’n pakkie pruime – een waarvan die pruime reeds ontpit is. Draai elke pruim toe met ’n stukkie strepiespek en steek dit vas met ’n tandestokkie.
Sny varklende in blokkies of repe.
Marineer die vleis en pruime vir ten minste 30 minute in ’n mengsel van olie, sout, peper, ’n knypie neutmuskaat en ’n knypie rooipeper.
Dreineer die vleis en pruime en steek dan op sosatiestokkies. Maak dit gaar onder ’n oondrooster of op die braai. In die oond neem dit omtrent 10 minute.

7/02/2014
Amandelkoekies / Tuiles
90 g botter
90 g strooisuiker
60 g meel
knippie sout
90 g fyn gesnipperde amandels
Verroom die botter. Voeg die suiker by en klop met ’n houtlepel tot dit lig en donsig is.
Sif die meel en sout saam en roer dan by die bottermengsel.
Roer die amandels by.
Skep hopies van die mengsel op ’n gesmeerde met ’n teelepel. Druk hulle plat met ’n nat vurk. Laat baie spasie tussen die hopies, want dit sprei nogal wyd uit.
Bak in ’n 200°C oond tot die koekies begin verkleur – 6 tot 8 minute.
Laat dit vir ’n sekonde of twee rus, tel op met ’n skerp mes en krul dit om ’n rolstok tot koud.
Laat die koekies heeltemal koud word en bêre dan in ’n lugdigte houer.

7/01/2014
Spruitkool en kastaiings
Kan jy kastaiings in die hande kry. ’n Uitstekende kombinasie is spruitkool en kastaiings. Maak beide gaar, gelyke hoeveelhede van elk. Bedien dit met ’n witsous.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Suid-Afrikaans
Subscribe to:
Comments
(
Atom
)