Spaghetti het lanklaas so goed gesmaak.
(bedien 4 persone)
125 ml olyfolie
2 uie, fyngekap
125 ml sultanas
8 safraandrade
3 vinkelbolle, skoongemaak
2 ansjovisfilette
¼ koppie dennepitte
'n handvol vinkel, gekap
500 g spaghetti
sout en varsgemaalde swartpeper
Gooi die vinkelbolle in kokende soutwater en laat prut vir 15 minute.
Haal die bolle uit en behou die water om die spaghetti daarin te kook. Druk die oortollige water uit die bolle en kap dit fyn.
Week die sultanas in louwarm water vir 10 minute en kap dan fyn.
Los die safraandrade op in 2 teelepels water.
Braai die uie en vinkel in die olyfolie tot wanneer dit begin goudkleurig raak.
Voeg die ansjovis, roer dat dit fyn opbreek en kook vir 10 minute..
Voeg die sultanas, dennepitte en saffraanwater by en verwyder van hitte.
Gooi ekstra sout by die vinkelwater en kook die spaghetti daarin tot gaar.
Wanneer die spaghetti klaar dreineer het gooi jy alles (onthou die handvol vinkel) saam in die warm pot en meng. Toets vir sout en peper.
Sorg dat dit warm is wanneer jy dit bedien.
Die Volledige Afrikaanse Gids tot Kookkuns met resepte en definisies. Suid-Afrikaanse resepte in Afrikaans, klassieke resepte in Afrikaans, alle resepte in Afrikaans.
Soek vir 'n resep
Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.
Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes
7/31/2008
Gazpacho

Hierdie gewilde Spaanse groentesop word koud voorgesit.
1 kg tamaties, afgeskil en opgekap
1 komkommer, afgeskil en fyngekap
1 groen soetrissie, die saad verwyder en fyngekap
½ ui, fyngekap
1 stuk seldery, fyngekap
1 knoffelhuisie, fyngekap
25 ml tamatiepurée
125 ml koue water
50 ml olyfolie
25 ml witwynasyn
2 snye wit brood sonder die korsie
10 ml sout
varsgemaalde swartpeper
Gooi alles in jou menger en meng tot dit 'n dik gladde mengsel is.
Los in die yskas vir ten minste 2 ure voor opdiening.
(die resep bedien 6 persone)
Croûtons / Croutons
Hierdie brood word gewoonlik by sop gebruik of as garnering.
Vat brood wat 'n dag oud is en sny dit in snye van so 10 mm dik.
Smeer dit met botter en bak in die oond by 180ºC tot dit goudbruin is.
Sny in blokkies van 10 mm.

Sleutelwoorde:
Brood
Vindaloo
Vindaloo, by baie mense bekend as 'n Indiese dis, is van Portugese oorsprong. Dit is wel die speserye van die Portugese se Indiese kolonie wat die inspirasie was.
Vindaloo is heel waarskynlik 'n samevoeging van die Portugees vir wyn (vinho) en knoffel (alho). Die Portugese het die gepekelde varke wat hulle aan boord van die skepe gehad het in rooiwyn en baie knoffel gekook. In Indië het hulle nog speserye raakgeloop wat hulle mettertyd ook in die pot gegooi het.
'n Klassieke vindaloo behoort dus met vark gemaak te word. Die hoeveelhede sal jy maar self moet bepaal en moenie bang wees vir 'n fout maak nie. 'n Vindaloo is ook gewoonlik BAIE sterk.
Jy stamp die volgende speserye saam fyn:
Gemmer, knoffel, rissie, borrie, kardemom, naeltjies, peperkorrels, kaneel, koljandersaad en komyn.
Sny jou varkvleis in blokkies. Meng met jou speserye, plaas in 'n bak en gooi genoeg rooiwyn by om die vleis te bedek. Strooi kerrieblare oor. Hou oornag in die yskas.
Verhit olie in 'n pot en strooi mosterdsaad in. Sodra die saad begin knetter gooi jy die vleismengsel in SONDER die kerrieblare.
Laat alles prut tot die vleis sag is (so 1 uur lank). Indien jou rooiwyn te veel wegkook kan jy bietjie water byvoeg.
Bedien met basmati.
Vindaloo is heel waarskynlik 'n samevoeging van die Portugees vir wyn (vinho) en knoffel (alho). Die Portugese het die gepekelde varke wat hulle aan boord van die skepe gehad het in rooiwyn en baie knoffel gekook. In Indië het hulle nog speserye raakgeloop wat hulle mettertyd ook in die pot gegooi het.
'n Klassieke vindaloo behoort dus met vark gemaak te word. Die hoeveelhede sal jy maar self moet bepaal en moenie bang wees vir 'n fout maak nie. 'n Vindaloo is ook gewoonlik BAIE sterk.
Jy stamp die volgende speserye saam fyn:
Gemmer, knoffel, rissie, borrie, kardemom, naeltjies, peperkorrels, kaneel, koljandersaad en komyn.
Sny jou varkvleis in blokkies. Meng met jou speserye, plaas in 'n bak en gooi genoeg rooiwyn by om die vleis te bedek. Strooi kerrieblare oor. Hou oornag in die yskas.

Laat alles prut tot die vleis sag is (so 1 uur lank). Indien jou rooiwyn te veel wegkook kan jy bietjie water byvoeg.
Bedien met basmati.
Pikante fettucine met gerookte salm / Spicy Fettucine with Smoked Salmon
Hierdie is 'n variant van die klassieke kombinasie van gerookte salm, room en pasta.
500 g fettucine
80 ml olyfolie
die gerasperde skil en sap van 1 suurlemoen
20 ml kappertjiesaad, afgespoel in koue water
20 ml volgraan mosterd
1 rooi ui, fyngekap
250 ml suurroom
200 g gerookte salm, in stukke geskeur
40 ml gekapte pietersielie
40 ml gekapte vinkel
sout
varsgemaalde swartpeper
Kook jou pasta volgens aanwysings op die verpakking.
Verhit die olie in 'n pot en braai die ui vir 1 minuut.
Voeg die kappertjies, suurlemoenskil en -sap, mosterd en suurroom by en kook oor medium hitte vir 3 minute. Voeg sout en peper by.
Gooi die mengsel oor die gedreineerde pasta en roer die kruie en salm by.
(bedien 4 persone)
bydrae: Carlien

Tunaburger / Tuna Burger
Heerlik en maklik om te maak. Kinders is mal hieroor.
340 g tuna uit 'n blikkie (in soutwater), gedreineer
60 ml gekapte vinkel
4 sprietuie, gekap
10 ml gerasperde suurlemoenskil
4 snye witbrood, korsies af en gekrummel
2 eiers, geklits
1 klein gerasperde aartappel
60 ml broodmeel
5 ml bakpoeier
sout en varsgemaalde swartpeper
120 ml mayonnaise
60 ml lemmetjiesap
olie vir braai
Meng die tuna, vinkel, suurlemoen, brood, eier, aartappel, meel, bakpoeier en sout en peper saam. Verdeel in 4 burgers en sit dit vir ten minste 30 minute in die yskas voor jy dit braai.
Braai die burgers vir 5 minute aan elke kant.
Bedien op broodrolletjies. Meng die mayonnaise en lemmetjiesap en gooi oor die burger.
(bedien 4 persone)
Hierdie resep is verbeter op 23 Februarie 2016. Die aartappel is bygevoeg, asook die meel en bakpoeier. Dit bind beter en dit het nou ’n beter gebalanseerde smaak.

Chop Suey met vark / Chop Suey with pork
Hierdie Chinese styl groentedis is in die Verenigde State van Amerika ontwerp aan die einde van die negentiende eeu deur Chinese immigrante. Dit bestaan uit 'n mengsel van gekapte groente en soms ook repe vleis. Vark word tradisioneel gebruik. Dit word normaalweg saam met rys bedien.
(bedien 4 persone)
500 g varkvleis, in repe gesny
Marineer die vark vir 15 minute in 1 teelepel sojasous, twee teelepels oestersous, 1 teelepel sout en peper na smaak.
2 bossies bok choy (gebruik spruitkool indien jy nie bok choy kry nie), in repe gesny
½ koppie bamboeslote, in dun repe gesny
250 g sampioene, in dun skywe gesny
125 ml kastaiings, in stukkies gesny
1 groen soetrissie, pitte verwyder en in lang repe gesny
2 stokke seldery, in skyfies gesny
1 ui, in dun halwe mane gesny
250 g ertjies
olyfolie vir roerbraai
Verhit die olie in 'n wok. Roerbraai die vleis tot jy nie meer 'n rooi kleur sien nie. Verwyder die vleis en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die uie en seldery saam. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die soetrissie en ertjies saam. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die kastaiings. Verwyder en hou eenkant.
Gooi nog olie by en roerbraai die sampioene. Verwyder en hou eenkant.
Gooi 'n bietjie water by, bedek en kook die bok choy tot gaar.
Toets elke keer vir sout wanneer jy 'n gereg roerbraai.
Gooi alles saam in die wok en roerbraai tot warm.
Bedien dadelik.

Vars groenboneslaai / Fresh Green Bean Salad
1 pakkie vars jong groenbone, in die helfte gesny
1 pakkie klein tamaties, in die helfte gesny
1 ui, fyn gesny
1 skyf feta, gekrummel
2 stingels seldery
Paar vars sampioene, in skywe gesny
olywe (opsioneel)
Stoom die boontjies net vir 5 minute, meng alles saam, gooi growwe peper, sout en slaaisous.
bydrae: H. Pieterse

Groente
,
Slaai
,
Vegetaries
Spek- en ertjiesop met room / Bacon and Pea Soup with Cream
2 koppies gesplite ertjies
250 g spek
1 ui, opgekap
4 wortels, gerasper
grasuie
5 naeltjies
swartpepper
sout
water soos nodig
Kook erjies apart.
Kook uie, naeltjies, wortels en grasuie in water. Voeg saggekookte ertjies by. Voeg speserye by na smaak. Kook na gelang van dikte van sop wat jy verlang.
Voeg stukkies spek by - prut.
Voeg room by met opdiening. Ook lekker met ingedampte melk.
Bedien met geroosterde brood wat in blokkies gesny is.
bydrae: Florence Phillips
(resep bedien 4 persone)

Bergkelder - Fleur du Cap
Ek loop my so ´n wyle terug vas in die aanvallige wynmaker van Bergkelder se Fleur de Cap reeks. Op haar uitnodiging gaan ek en Mark met den Slappekar Stellenbosch toe om te kyk wat sy met hierdie trotse Suid-Afrikaanse handelsmerk aangevang het wyl dit in haar hande toevertrou is. Daargekom hoop ek om Helene Carstens in haar Wellingtons en oorjas te sien, maar nee, deesdae se wynmakers is baie meer opgedollie. Bergkelder is ´n baie indrukwekkende attraksie en goed ingerig vir wyntoeriste. Ons word na ´n gesellige proetafel geneem en bederf met die Fleur du Cup reeks. Helene maak vir my en Mark eerstehands touwys in die fyner kunsies van wynproe. Ek kry ook soveel meer waardering vir die wyn deur insae aan die hand van die wynmaker te ontvang.
In die algemeen is die wyne heerlike drinkwyne met uitstekende balans tussen vrugtigheid, hout en alkohol. Die reeks is mynsinsiens ook ´n baie goeie balans tussen kwaliteit en prys. Met ander woorde, wynsnobs soos my vriend J. Louw sal meeste mense met die wyn kan beïndruk sonder om sy sak seer te maak. (ek twyfel of hy gesnyde gras in die sauvignon blanc sal ruik, eerder tropiese vrugte soos die wynmaker aan my uitgewys het). Mark was in sy noppies met die sauvignon blanc, maar ek stem met die wynmaker saam dat die shiraz en die pinotage my gustelinge in die reeks is. (Pinotage beginne dit alhoemeer vir my doen, maar meer lofgesange oor pinotage op ´n latere stadium.) Ek sien ook dat ek en Mark is nie alleen beïndruk is met Helene en haar wyn nie, omtrent al Fleur du Cap se wyne het medaljes gekry op die onlangse Veritas-wynskou. Ongelukkig het ons nie in die dieselfde asem die ongefiltreerde reeks geproe nie, maar glo my gerus dat dit ´n reeks by uistek is. (Ek het by ´n vorige geleentheid kon tap uit die wynmaker se persoonlike voorraad). En lesers, gaan proe gerus die ongefiltreerde wyn in die Fleur du Cap-stal. Volgens die bekende wynguru, Robert Mondavi, gaan ons gaan in die toekoms al hoe meer hiervan op die rakke sien. Moet dus nie onkunde pleit indien julle smaakorgane nie daaraan gaan byt nie. ´n Jarelange dieet van dooswyn kan meeste se proesisteem terminaal beskadig. Dus, gaan heen en gaan oefen. (Meer oor die Fleur du Cap ongefiltreerd volgende week.)
Wyne geproe:
q Sauvignon Blanc R 23.90
q Merlot R 41.39
q Pinotage R 39.90
q Shiraz R 39.90
q Cabernet Sauvignon R 44.30
Bergkelder, in die skadu van die Papegaaiberg te Stellenbosch, sit ook ´n aangename kaasbord op die tafel en leergieriges kan meer te wete kry oor wynmaak en die plaaslike wynindustrie deur ´n DVD lesing by te woon.Vir meer inligting, skakel 021 809 8582.
Sêgoed
"You have only so many bottles in your life, never drink a bad one."
Op Frans, Santé! (gesondheid)
- Kris-Jan Alleman

Wyn
Skemerkelkies
Alles in die lewe het ´n oorsprong, maar partykeer baklei mense om hulle weergawe van die oorsprong as waar en korrek te verklaar. So is dit ook nie anders met skemerkelkies (cocktails) nie. Die oorsprong kan moeilik bepaal word, en gelukkig ook so vir ons, want nou is hier ´n paar interessante stories om te lees.
Gedurende die Revilusionêre Oorlog in Amerika van 1763 tot 1810 het die Franse en Amerikaanse soldate gereeld besoek gebring aan die kroeg Hall's Corner in New York. Daar het die kroegdame ´n drankie bedien wat sy Betsy's Bracers genoem het. Amerikaanse soldate het gereeld hoenderhane gesteel by die Britse troepe. Nou is die storie onduidelik, maar lyk my die hane het saam met die manne gaan drink.
Elke keer as hulle Betsy's Bracers gedrink het, het die Amerikaanse soldate geskreeu "Here's to the divine liquor which is as delicious to the palate, as the cock's tail is to the eye", waarop die Franse soldate dan geskreeu het "Vive Le Cocktail".
´n Volgende storie is van ´n ander kroeg ook in New York waar die kroegeienaar stories aan die kliënte vertel het en ook sy mooi dogter daar laat werk het om guns te wen by sy kliënte. Peggy, die eienaar se dogter, het glo ´n sterk en gevaarlike konkoksie gemaak, waarvan sy die resep geheim gehou het.
Peggy was verlief op ´n matroos en toe hy eendag terugkom van sy ervaringe af het hy en sy geliefde vegtende hoenderhaan saam gehad. Die hoenderhaan se naam was Lighting. So het Peggy dan vir die matroos en die haan ja gesê. Die aand na die troue in die bed, toemaar ek weet, het Lighting gekraai (of het hy dalk gelag) en een van sy stertvere het losgekom en in een van die drankies geval. Peggy was so opgewonde (oor ´n haan se veer, ek glo nie) dat sy uitgeroep het Lighting het die drankie sy naam gegee "Cocktail".
Hier is ´n paar ongewone mengeldrankies.
My gunsteling:
Jalatini
Hierdie een sal jou bloedgroep verander.
rissie
2 dele wodka
½ teelepel fyngekapte jalapeno
½ teelepel gerasperde suurlemoenskil
fyngekapte knoffel na smaak
ys
Plaas ´n klein rissie in die glas. Plaas die ander bestanddele in ´n cocktail shaker en skud goed. Gooi in glas en geniet.
SA Cocktail
Hier is nog ´n egte Suid Afrikaanse cocktail. Nou wonder ek wat sal ´n mooi Afrikaanse woord wees vir cocktail. Hoendergatvere? Laat weet my asb. wat ons cocktails kan noem in Afrikaans. Die regte benaming is mos skemerkelkie / mengeldrankie maar kan ons nie ´n ander benaming kry nie.
kruisementblare
½ sopie mampoer, verkieslik pynappel
2 dele Cape Velvet
Ys
Kneus die kruisementblare en gooi in cocktail shaker saam met mampoer.
Gooi Cape Velvet en ys by.
Skud drink en geniet.
- Frik Lombard

Drankie
7/30/2008
Ali-Bab slaai / Ali-Bab Salad
Een van verskeie geregte vernoem na die myningenieur en gastronoom van formaat, Henri Babinsky (1855 - 1933). Babinsky het dwarsoor die wêreld prospekteer na goud en diamante en met sy reise ook resepte van oral versamel.
Meng garnale met mayonnaise tot dit goed bedek is. Stapel dit op in die middel van 'n slaaibord, besprinkel met vars kruie en omring met stafies murgpampoentjies wat geblansjeer is in soutwater, patat wat gekook en in balletjievorms uitgeskep is, hardgekookte eiers in kwarte gesny en klein tamaties in kwarte gesny. Besprinkel met slaaisous en garneer met kappertjieblomme.

Roomspinasie / Creamed Spinach
1 pak / bossie spinasie, fyn gesny
1 ui, gekap
2 groot aartappels
1 koppie room
1 koppie gerasperde cheddarkaas
sout, peper, aromat
Kook spinasie en ui in 1 teelepel sout vir ongeveer 15 minute oor medium hitte. Gooi die aartappels in en kook verder tot sag. Druk aartappels fyn, gooi room en kaas in. Gooi 1 eetlepel aromat en peper na smaak in. Kook oor lae hitte verder vir ongeveer 5 minute. Kan as groente saam met ete gebruik word, of as warm slaai saam met braaivleis. Sampioene kan ook bygevoeg word.
bydrae: Tania Els

Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
Kruisementtee / Mint Tea
Gooi kookwater op gelyke hoeveelhede Chinese groentee en fyngekapte kruisement. Een teelepel teemengsel is nodig vir elke driekwart koppie kookwater. Versoet met strooisuiker na smaak. Gooi na drie minute deur 'n siffie en bedien warm.
Sleutelwoorde:
Drankie
Wildswors / Venison Sausage
2 kg wildsvleis
1 kg varkvleis
500 g varkspek in blokkies gesny
30 ml sout
5 ml peper
25 ml geroosterde koljander
5 ml neut
3 ml fyn naeltjie - opsioneel
5 ml fyn pimento - opsioneel
15 ml suiker
Sny vleis in stukkies en sprinkel die speserye bo-oor en maal dit. Voeg spekblokkies by en meng met vurk. Stop derms.
Om droëwors te maak vervang die varkvleis en spek met skaapvleis en skaapstertvet. Druk die wors plat en hang op koel, lugdigte plek om droog te word.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Foto: Eugene Kim

Komkommersop / Cucumber Soup
3 - 4 komkommers, in blokkies gesny
2 middelslag uie, gekap
2 blokkies hoenderaftreksel
1 liter kookwater
125 ml room (kan met melk vervang word)
125 ml melk
50 g botter
25 g meelblom
125 ml koue water
Smelt botter en voeg komkommer en uie by. (Moenie laat bruin word.) Komkommer moet ook nie pap kook nie. Meng meelblom met koue water en voeg stadig by. Voeg hoederblokkkies en melk by. Indien room gebruik word, verwyder eers van stoof en voeg dan by. Voeg fyngekapte pietersielie by en prut vir nog 2 minute. Bedien koud of warm.

Kanadese Gapermosselsop / Clamchowder
2 koppies salotte, gekap
2 koppies seldery, in skyfies gesny
2 koppies wortelblokkies
2 koppies aartappelblokkies
1 klein ui, gekap
5 koppies visaftreksel
1 koppie gapermossels
1 eetlepel botter
1 lourierblaar
Soteer groente in botter. Voeg visaftreksel en geurmiddels by. Kook vir ongeveer 1 uur. Voeg gapermossels in stukkies gesny by. (Gebruik geblikte mossels en indien vars gebruik word kook eers tot sag) Kook goed deur.
Bedien met Cream Crackers.

Toks se biltongpotjie
Ina Pienaar wou graag die resep vir Toks van der Linde se biltongpotjie hê wat sy op Roer gesien het:
3 uie, gekap
1 pakkie sampioene, in skywe gesny
1 pakkie spek, opgesny
1 pakkie Frankfurters, opgesny
1 pakkie cheese griller-worsies, opgesny
720 g beesbiltong, gekerf
1 pak skroefnoedels
1 pakkie sampioengeur Tastic-rys
1 pakkie Spaanse geur Tastic-rys
250 g gerasperde kaas
Braai die uie en sampioene in die pot in olie en geur met braaisout. Gooi spek by en braai nog 2 minute. Voeg worsies by en braai vir 5 minute. Gooi noedels, rys en een ketel kookwater in. Bedek en laat kook vir 20 minute. Gooi biltong oor, bedek en laat stoom vir 5 minute. Gooi gerasperde kaas oor, bedek en laat staan vir vyf minute. Maak net seker daar is heeltyd 'n nattigheidjie onder in die pot.
Resep: Anne September

Braai
,
Suid-Afrikaans
,
Vleis
Death by Chocolate
30 ml wodka
30 ml Creme de Cacao
45 ml Amarula
3 skeppies sjokolade roomys
Gooi al die bestandele saam met fyngemaakte ys in 'n menger.
Bedien in 'n glas met skaafsels sjokolade.
30 ml Creme de Cacao
45 ml Amarula
3 skeppies sjokolade roomys
Gooi al die bestandele saam met fyngemaakte ys in 'n menger.
Bedien in 'n glas met skaafsels sjokolade.
Sleutelwoorde:
Drankie
Turkse lekkers / Turkish Delight
Hierdie lekkers word al in Turkye gemaak sedert die 15de eeu. Die Turkse woord hiervoor is Lokum, wat "'n mondvol" beteken.
250 ml suiker
125 ml meelblom
375 ml water
2,5 ml kremetart
40 ml rooswater
strooisuiker
Meng 250 ml water, kremetart en rooswater in 'n pot en bring tot kookpunt.
In 'n aparte pot meng 125 ml water met die meelblom. Roer die eerste mengsel stadig by en kook oor lae hitte vir 30 minute of tot die mengsel ferm raak.
Spuit 'n pan of vorm met spray-and-cook en gooi die mengsel daarin en laat stol.
Wanneer koud word dit uit die vorm of pan gehaal en gesny. Rol die lekkers in strooisuiker.

Lekker
Mieliesop / Corn Soup
(bedien 4)
2 patats, geskil en in blokkies gesny
2 liter aftreksel (groente / hoender)
1 bottel bier
10 ml fyngemaalde komyn
1 loerierblaar
1 ui, fyn opgesny
2 knoffelhuisies, fyngedruk
olyfolie
1 blikkie sweetcorn (geroomde mielies)
2 rissies, pitte verwyder en fyn opgesny
500 ml melk
125 ml room
450 g Cheddar, gerasper
vars gekapte koljander
sout en varsgemaalde swartpeper
Braai die uie, rissie en knoffel in olyfolie tot sag in 'n lekker swaarboom soppot of drukkoker (sonder sy deksel natuurlik).
Kook die patats sag in helfte van die aftreksel, die bier, die komyn en die loerierblaar. Verwyder die loerierblaar wanneer die patats sag is.
Voeg die patats, die res van die aftreksel en die mielies by die uie en knoffel.
Roer die melk en room geleidelik by terwyl dit liggies kook - 15 minute.
Voeg die kaas by (maak seker jou sop is deurwarm) en bedien met vars koljander bo-op.
bydrae: Anda Nieuwoudt

Sop
,
Vegetaries
,
Voorgereg
Fort Simon
Ek het so ´n tyd gelede besluit om op ´n ondekkingsreis te gaan deur ons plaaslike wynindustrie. Lesers word vriendelik uitgenooi om te volg waar ek voorbrand gemaak het, of om my in welke rigting te stuur op ´n aanbevole ervaring. Die Groot Q was genadig genoeg om ´n forum vir die tog te verskaf sodat diesulkes met soortgelyke belangstelling kan deelneem in die epiese reis. Vir hierdie doel het ek ´n 1ste span gekies om my van tyd tot tyd te vergesel, want lesers, soos julle julself kan indink moet ´n mens kan kophou tussen al die kleure, smake en geure waaraan ´n leek, soos die uwe Alleman, blootgestel kan word op so ´n tog.
Die somer is op hande en dit is haas tyd om die yskas vol te hou met wit wyn vir die soel somersaande. Dit is toe met die koel gedagte dat ek en vrind Gerrie afsit na Fort Simon, omtrent eerste naaste op die Botterlary-pad, neffens Hazendal. Na ´n entjie grondpad loop ons ons vas in die imponerende fort wat geïnspireer is deur soortgelykes in Namibië wat dateer uit die Duitse besettingsdae. Die kelderdeur word genader oor ´n haalbrug wat oor ´n swembad span. Die tema in die proelokaal is jag te oordeel aan die dierereste teen die mure. ´n Hele paar toekennnings op uitstal verraai dat ons hier perdalks ´n ordentlike wyn gaan proe. In die somerstema spring ons toe weg met ´n heerlike sitrusgeurige chardonnay, ´n wyn wat heerlik in die somer sal wees saam met vis op die kole gebraai. Vrind Gerrie waks liries oor hulle rooi wyn terwyl ek en SAL hulle witwyne verkies. Gerrie beweer dat hy biltonggeure in die 1999 merlot kan bespeur, maar ek ek hou by my beskeie opinie dat dit ´n lekker ligte rooiwyn is wat lekker sal smaak saam met biltong. Ongelukkig is hulle wyne nie geredelik plaaslik beskikbaar nie, maar eienaar Renier Uys werk daaraan. Sowat 90% van hulle wyn word tans oorsee verkoop, veral in Swede en Estland. Hulle wyn is op spyskaarte by sommige restaurante en behoort binnekort meer geredelik op die rakke in die supermarkte te wees.
Persoonlik stel ek voor dat belangstellendes met ´n groot vis onder die arm afsit na Fort Simon in ´n groep van so 12 - 15 wanneer die weer dit toelaat. Daar is braaiplek by die swembad en ´n visbraai met heerlike koue wit wyn kan in ´n luilekker dag ontaard. Bespreek egter vooraf te tel. 021 906 0304.
Wyne geproe:
2000 Chardonnay R 42.50
2001 Sauvignon Blanc R 32.50
1999 Merlot R 41.50
2000 Anna Simon (Merlot/Pinotage) R 36.00
Hoekom klink ons glase
In die goeie ou dae toe water nog te vuil was om gedrink te word en melk vir kinders en kallers bedoel was, het die middeleeuse ridders hulle gaste uiteraard wyn aangebied. Om te wys dat die wyn nie vergiftig was nie het die gasheer die gas se wyn in sy glas gegooi en eerste gedrink. Indien die gas sy gasheer vertrou het, het hy sy glas geneem en "geklink" met die van sy gasheer ter aanduiding dat die gasheer se gebaar onnodig is.
Sêgoed
"Beer is made by men, wine by God!" --- Martin Luther.
Soos op Hollands, Prost!
Tot volgende keer.

Wynwoordeboek / English Afrikaans Wine Dictionary
(Hou jy van ons hulpbronne? Oorweeg asseblief ’n donasie in Bitcoin: 179nZqSyFmYPcvu4ZU733PgXBKUYXcy9DD)
A - Z Glossaria, Woordelys van kookterme - voedsel en wyn

Bier
Kos en drank is so inmekaar geweef dat ´n mens amper nie van die een kan praat sonder die ander een nie. So met soeke na onderwerpe om oor te skryf het ek afgekom op ´n baie interessante feit. Die oudste resep wat nog gevind is, is sowat 5 000 jaar oud en is gevind op ´n Egiptiese tempelmuur.
Sowat 10 tot 15 000 jaar gelede het mense begin om van hulle nomadiese bestaan af weg te beweeg. Hulle het toe met graan begin boer. Daar word beweer dat die Sumeriane die brou van bier per ongeluk uitgevind het. Sumeria is sover ek kon vasstel in die huidige Irak.
Volgens die "Hymm of Ninkasi", wat eintelik ´n resep vir bier is, het die mense brood gebak en dit verkrummel. Die verkrummelde brood is dan in water gegooi waar dit dan ´n pappery van brood en water gevorm het. Hierdie pappery het dan in ´n drankie verander wat mense 'exhilarated, wonderful en blissful' gemaak het. Na ´n paar Castle's kan enige iemand seker 'wonderful' en sterk wees.
Koning Hummurabi het ´n wet uitgevaardig dat almal volgens hulle stand in die gemeenskap ´n daaglikse rantsoen van bier moet ontvang. Gewone werkers het 2 liter ontvang, regeringsamptenare 3 liter en administrateurs en priesters het 5 liter bier per dag ontvang. As ek nog nooit ´n motivering gesien het om beter te doen in die lewe nie het ek nou die rede gesien.
Oral oor in die wêreld het mense gefermenteerde dranke gemaak van mielies en kameelmelk. Die word bier kom van die Latynse word bibere wat beteken 'om te drink' en in Spaans het die woord Cerveza sy oorsprong van die Griekse godin van landbou, Ceres.
Bier is sowat 800 voor Christus gebrou in Duitsland. Daar is geglo dat die daaglikse gebruik van bier ´n mens se gesondheid en lewensverwagting verbeter. Daar is ook geglo dat bier siektes verminder en dat dit die hongersnood voorkom.
Tot in die middle eeue was dit die vrouens se taak om brood te bak en bier te brou. Maar toe begin die kloosters om bier te brou. Hier het veral die kloosters in Nederland en Belgie aan die voorpunt gestaan. Hoe meer bier die klooster gebrou het, hoe minder het die vrouens gebrou.
Aangesien dit in die kloosters gebrou is, is dit seker nie verbasend dat die drink van bier nie beskou is as ´n breek van die vastydperk nie. Monnikke het in daardie tyd 5 liter bier per dag gekry om te drink. Party werke lyk my het ook hulle voordele.
So deur die eeue heen het die brou van bier en die metodes net van krag tot krag gegaan. Wat my egter verbaas met al die feite is dat dit welbekend is dat die Duitsers hoë kwaliteit bier het en die grootste bierdrinkers in die wêreld is, maar ons in Suid Afrika sit met die grootste brouery ter wêreld.
So dames indien julle mans ´n bier drink onthou net hy doen dit vir jou. Hy probeer net om sy gesondheid en lewensverwagting te verbeter.

Rogbrood / Rye Bread
Hierdie resep is vir 'n 100% rogbrood.
1 kg rogmeel
20 g gis
800 ml louwarm water
20 g sout
Die gis moet in 'n klein bietjie van die water opgelos word.
Meng die sout en die meel en voeg dan die opgeloste gis en die res van die water by.
Knie vir 20 minute, bedek en laat in 'n lekker warm hoekie staan vir 2 ure.
Knie nou weer liggies en maak 'n ronde vorm. Laat weer staan, die keer vir 30 minute.
Druk die deeg plat, draai om en laat staan vir nog 'n 30 minute.
Verhit die oond tot 200ºC, plaas 'n bakkie water onder in die oond en bak die brood vir 25 minute lank.
Draai die hitte af tot by 180ºC en bak vir nog 10 minute.
Klop die rogbrood om te hoor of dit reg is. Dit moet 'n hol klank hê.
Laat dit afkoel op 'n draadrak.
Heerlik vuurwarm uit die oond met 'n skeppie kaviaar of 'n stuk gerookte Skotse salm.

Alikreukel / Periwinkle
'n Alikreukel lyk omtrent soos 'n groot slak. Hierdie skulpvis klou aan rotse vas, maar jy kan hulle maklik met die hand afhaal.
Voor jy hulle kook moet hulle goed gewas word in varswater. Jy kan hulle maar so vyf keer goed afspoel.
Kook hulle net so in die skulp in soutwater vir 15 minute. Nou behoort die harde gedeelte waarmee hulle die skulp toemaak maklik af te kom.
Verwyder die alikreukel uit die skulp, sny die harde gedeelte en die maag af.
Nou is hy gereed vir opbedien saam met knoffelbotter en vars brood.

Seekos
7/29/2008
Kappertjiesaad / Capers
Neem kapperblommetjiesaad- nog groen - en pak in 'n bottel / fles. Gooi asyn en 'n paar vinkelsade in. Die asyn moet die sade bedek.
Jy kan ook die kappertjieblomknoppie gebruik - voor dit oopmaak.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Jy kan ook die kappertjieblomknoppie gebruik - voor dit oopmaak.
bydrae: Petro van der Westhuizen

Sleutelwoorde:
Inlê
Gebakte eier met room / Baked Eggs with Cream
Al ooit gewonder oor hoe om die heerlikste gebakte eiers te maak?
Neem 'n pan wat jy in die oond kan gebruik en smelt 'n bietjie ongesoute botter daarin.
Sit die plaat af en breek jou eiers in die pan. Strooi tiemie oor en giet dik room bo-oor.
Bak in die oond tot alles gestol is.

Eier
Roereier / Scrambled Eggs
Jy dink jy weet hoe om roereier te maak?
1. Maak seker jy gebruik ongesoute botter.
2. Werk oor baie lae hitte, die kookproses moet so lank as moontlik neem.
ROEREIER RESEP >>
1. Maak seker jy gebruik ongesoute botter.
2. Werk oor baie lae hitte, die kookproses moet so lank as moontlik neem.
ROEREIER RESEP >>
Sleutelwoorde:
Eier
,
Vegetaries
Ansjovis, tuna en soetrissie pasta / Anchovy, tuna and sweet pepper paste
2 rooi soetrissie, in stukkies gekap
olyfolie
1 blikkie gekapte tamaties
4 ansjovis, gekap
1 blikkie tuna
sout en varsgemaalde swartpeper
'n handvol basiliekruid, in repe geskeur
pastaskulpe, gaargemaak volgens aanwysings
Braai die soetrissies in olyfolie tot sag.
Voeg die tamaties, ansjovis en tuna by en bring tot kookpunt.
Geur met die sout, peper en basiliekruid en meng met die pasta.

Eiervla / Egg Custard
250 ml melk
10 ml suiker
4 eiergele, geklop
25 ml Van der Hum-likeur
Verhit melk en suiker.
Gooi dit oor geklopte eiergele. Doen dit stadig terwyl geroer word.
Plaas terug op hitte en roer net tot dik maar MOENIE kook nie.
Geur die vla met Van der Hum-likeur.
bydrae: Petro van der Westhuizen
10 ml suiker
4 eiergele, geklop
25 ml Van der Hum-likeur
Verhit melk en suiker.
Gooi dit oor geklopte eiergele. Doen dit stadig terwyl geroer word.
Plaas terug op hitte en roer net tot dik maar MOENIE kook nie.
Geur die vla met Van der Hum-likeur.
bydrae: Petro van der Westhuizen
Kreoolse remouladé / Creole remoulade
Hierdie is 'n Kreoolse weergawe van remouladé. Gebruik dit saam met seldery, slaai of kreef.
Neem 'n paar hardgekookte eiers, dop af, kap in stukke en meng met twee eetlepels mayonnaise, 5 ml Dijon mosterd, twee fyngekapte agurkiepiekels, 'n eetlepels kappertjiesaad, twee eetlepels fyngekapte pietersielie, een stukkie ansjovis en 'n paar druppels Tobasco na smaak.

Tuna met lemmetjie / Tuna with lime
Nadat jy 'n bietjie sout en swartpeper oor die vis gestrooi het seël jy dit vinnig aan beide kante in 'n baie warm pan. Hou eenkant.
Gooi 100 g botter en een fyngesnyde rissie in die pan saam met die sap van twee lemmetjies en 250 ml witwyn. Kook die sous tot dit begin verdik.
Roer 125 ml room by en plaas die vis terug om te prut tot dit gaar is.

Dadelballetjies / Date Balls
250 g ontpitte dadels, fyn gesny
250 g botter
200 ml strooisuiker
4 x 250 ml Rice Krispies
70 g klapper
2 ml koeksoda
Verhit die dadels, botter, strooisuiker en koeksoda in 'n dikboomkastrol tot kookpunt. Roer gereeld. Laat vir 3 minute kook tot dik, bruin en stroperig.
Verwyder die kastrol van die hitte, voeg die Rice Krispies by en meng goed. Laat afkoel.
Rol in balletjies en rol die balletjies in klapper. Bêre in 'n lugdigte houer.
(maak ± 48)

Koekie
Mozzarella met papawersaad en pikante rissie / Mozzarella with poppy seed and spicy chilli
Hierdie happies is vreeslik maklik om te maak.
Sny mozzarella in blokkies van 1 cm. Verf die blokkies met eierwit en rol die blokkies in papawersaad en laat droog word.
Sny pikante rissies (Peppadew®) in stukkies so groot soos die blokkies kaas. Druk 'n tandestokkie in elke blokkie kaas en ryg 'n stukkie rissie bo-op.

Kaas
,
Peuselhappie
,
Vegetaries
Sookhe aloo
8 aartappels, kook, trek die skille dadelik af en sny in kwarte
60 ml fyngekapte vars gemmer
2 fyngekapte uie
3 huisies fyngekapte knoffel
20 ml masala
5 ml borrie
'n knippie sout
1 fyngekapte rissie
5 ml vinkelsade
100 ml olyfolie
sap van 3 suurlemoene
Verhit die olie en roer die vinkelsade deur. Gooi die uie, gemmer, knoffel, borrie, sout, rissie en masala by en roer deur. Voeg nou die aartappels by en roer om en om tot die bestandele 'n kors om die aartappels begin vorm.
(bedien 5)

Olifant vir ete
In my soeke na die oorsprong van kos het ek afgekom op 'n boek geskryf deur deur Alexis Soyer (1809 -1859). In hierdie boek beskryf hy nogal in redelike detail die oorsprong van kos en hy gee ook ´n paar resepte van hoe om sekere soorte voedsels gaar te maak. Graag sou ek van die resepte wou weergee maar die kruie en speserye wat hulle gebruik is onbekend en sal nie eintelik sin maak nie.
Die Amerikaners en veral die mense van Texas af is geneig om te dink dat alles groter en beter is by hulle. In die boek van Alexis Soyer word iets beskryf wat groter en beter is hier in Suid-Afrika en dit is die gaarmaak van olifante. Hier volg Alex Soyer se beskrywing van die gaarmaak van olifante.
Sekere nomadiese volke van Asia en Afrika is glo versot op die smaak van gebraaide olifante. Die Egiptenare het sover gegaan om hierdie delikatesse in die hande te kry dat Koning Ptolemy Philadelphus hulle verbied het deur streng wetgewing om olifante te jag. Dit het hulle egter nie afgesit nie. Al wat die wet veroorsaak het was dat die olifant se vleis nog ´n groter aantrekkingskrag vir hulle gehad het.
In sekere barbaarse volke het hierdie smaak ook byval gevind. Le Valliant, ´n gesoute reisiger vertel die eerste keer toe hy die eerste keer ´n olifant se slurp geëet het wat deur die Hottentotte aan hom voorgesit is. Hy het besluit dat dit nie die laaste keer is wat hy die vleis gaan eet nie aangesien dit die mees eksotiese smaak is. Sy voorliefde is egter vir die voet van die olifant.
Le Valliant skryf soos volg:
"Hulle sny die vier voete van die olifant af. Daarna het hulle ´n gat in die grond gemaak van ongeveer 3 vierkante voet. Hierdie gat is gevul met houtskool en bo die houtskool is droë hout gesit. Die vuur was heelaand aan die gang gehou. Wanneer die Hottentotte gedink het dat die gat warm genoeg is gedurende die nag, het hulle die gat leeg gemaak. Binne in die gat is die vier pote van die Olifant gesit. Die gat is gevul met warm as, houtskool en droë takke. Die vuur is aan die gang gehou tot die volgende oggend."
Hier skryf Le Valliant dat hy die volgende oggend deur sy bediendes bedien is met vleis. Hy gaan aan om te beskryf dat nadat hy die reuk gekry het hy nie vinnig genoeg die vleis kon proe nie. Sy slotopmerking is dat hy nie kon verstaan dat ´n dier so groot en lomp, so ´n delikate en fyn smaak voortbring nie. Hy noem ook dat die Hottentotte die ander dele van die dier ook gaargemaak en geëet het.
Dit is seker nie baie van ons se wens om gebraaide olifantvoet te eet nie. Maar dit is seker ´n ondervinding wat nie baie gou vergeet sal word nie. Soos op die afgelope ATKV se kongres is daar ´n krokodil gebraai. Hulle sê nie hoe dit geproe het nie. Miskien sal ek eendag waagmoed kry om olifant of krokodil te eet. Miskien sal daardie moed kom wanneer ek ´n bietjie baie van Noag sy wyn in het.

Wild
7/28/2008
Bouillabaisse
'n Provensaalse vissop.
3 kg vis en skulpvis, skoongemaak en die vis in ewe groot stukke gesny
300 g gekapte uie
3 afgeskilde en fyngekapte tamaties
40 g fyngedrukte knoffel
'n stuk vinkel
'n bossie pietersielie
'n takkie tiemie
'n loerierblaar
'n stuk gedroogde lemoenskil
200 ml olyfolie
sout
varsgemaalde swartpeper
'n knypie saffraan
Benat die vis en skulpvis met die olyfolie, geur met die saffraan en sout en peper, gooi saam met al die bestanddele in 'n houer, bedek en laat marineer in die yskas vir ten minste 2 ure.
Plaas die bestandele in 'n pot, bedek met water en kook vir 15 minute.
Verwyder die vis en skulpvis om apart te bedien en voer 'n sopskottel met brood uit, waarin die sop deur 'n sif gegooi word.
Garneer met pietersielie.
(bedien 10)

Oondtemperature
'n Tabel vir wanneer jy moet oorskakel tussen Fahrenheit, gas en grade Celsius.
Bogenoemde tabel is slegs bedoel as 'n algemene aanduiding.
Waaieroonde is gewoonlik 25°C / 50°F laer gestel as ander oonde en hul kooktyd is 10 minute minder per uur as ander oonde.
Fahrenheit | Celsius | Gas | Beskrywing |
225 | 110 | 1/4 | Louwarm |
250 | 120/130 | 1/2 | Louwarm |
275 | 140 | 1 | Koel |
300 | 150 | 2 | Koel |
325 | 160/170 | 3 | Matig |
350 | 180 | 4 | Matig |
375 | 190 | 5 | Matig warm |
400 | 200 | 6 | Warm |
425 | 220 | 7 | Warm |
450 | 230 | 8 | Baie warm |
475 | 240 | 9 | Baie warm |
Bogenoemde tabel is slegs bedoel as 'n algemene aanduiding.
Waaieroonde is gewoonlik 25°C / 50°F laer gestel as ander oonde en hul kooktyd is 10 minute minder per uur as ander oonde.
Lan se lekker hoender
Hierdie resep het ek gekry toe ek in Holland au-pair was. My familie en vriende kan nie genoeg daarvan kry nie en ek moet dit gereeld vir almal maak.
4 hoender fillets, in repies gesny
1 ui, opgekerf
1 houertjie suurroom
1 blik pynappelstukke, sap afgegooi
1 tl borrie
1 eetlepel kerrie
sout & peper na smaak
'n bietjie olie vir braai
Braai ui, voeg hoender by en verbruin. Voeg borrie, kerrie, sout & peper by. Braai vir 5 minute. Voeg pynappel by, kook 5 minute. Verlaag hitte en voeg suurroom by, kook vir 5 minute.
Soms as die sous te dun is verdik ek dit net met Maizina.
Bedien saam met rys.
bydrae: Yolandie Krahenbuhl

Hoender
,
Hoofgereg
,
Nederlands
Maalvleispannekoek / Mince Pancakes
maalvleis
pannekoek
braaivleissous (barbeque sauce)
jou gunsteling speserye
uie
kaas
olie
Braai die uie en speserye saam in olie tot goudbruin.
Voeg die maalvleis en sous by en kook gaar.
Rol die maalvleis saam met kaas in die pannekoeke op en geniet.
bydrae: Michelle O'Neill

Patatskywe / Sweet Potato Wedges
1 patat, in dun skywe gesny
olyfolie
2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
gekapte pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper
Meng al die bestandele, behalwe die pietersielie, saam. Sprei die patas mooi uit in 'n oondbak en bak vir 40 minute teen 220°C. Draai dit elke 10 minute om.
Strooi pietersielie oor en bedien.
olyfolie
2 knoffelhuisies, in skyfies gesny
gekapte pietersielie
sout en varsgemaalde swartpeper
Meng al die bestandele, behalwe die pietersielie, saam. Sprei die patas mooi uit in 'n oondbak en bak vir 40 minute teen 220°C. Draai dit elke 10 minute om.
Strooi pietersielie oor en bedien.
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
7/25/2008
Gebakte Alaska / Gebakte roomyskoek / Baked Alaska
Daar is altyd liggelowiges wat nie glo dat jy roomys kan bak nie. Hierdie nagereg werk omdat die eierwit die roomys teen die hitte isoleer en dit net kort genoeg gebak word.
Sny 'n plaatkoek in blokke. Een vir elke gas.
Besprinkel elke stukkie koek met brandewyn of rum. Skep nou 'n bol roomys bo-op elke stuk koek. Die roomys moet amper so groot soos die koek wees, maar moet nie oor die kant hang nie. Plaas in die vrieskas tot benodig.
Klits 4 eierwitte teen kamertemperatuur in 'n skoon bak tot dit stywe punte vorm. Voeg 250 ml strooisuiker bietjie vir bietjie by. Klits tot die mengsel dik is. Voorverhit die oond net voor jy die gebakte Alaska wil bedien, teen 250°C vir ten minste 10 minute.
Skep die meringue oor elke stukkie koek met roomys. Smeer dit heeltemal toe. Daar mag nie enige roomys of koek uitsteek nie.
Plaas dit nou in die oond en hou jou oog daarop. Dit is reg wanneer die meringue begin verbruin. Dit kan so 8 tot 10 minute neem.
Sit dadelik voor.
bydrae: Anna du Toit
(foto Stef Yau)

Amerikaans
,
Nagereg
Ertjiesop / Pea Soup
Die resep vir ertjiesop dateer uit die middeleeue.
(bedien 6)
20 ml olyfolie
1 ui, gekap
2 wortels, geskil en gekap
500 g gedroogde splitertjies
2,5 liter groenteaftreksel
5 ml Worcestershire-sous
sout en peper
Braai die uie in die olie tot dit begin sag word en voeg dan die wortels by. Braai vir 5 minute.
Voeg die splitertjies, aftreksel en sout en peper by. Bring tot kookpunt en laat dit prut vir 2 uur.
Kyk dat die ertjies sag gekook is en voeg die 5 ml Worcestershire-sous by.
Bedien met croûtons.

Kerrievis / Curried Fish
Wanneer jy die komende vakansie te veel vis vang, dan maak jy kerrievis.
2 kg visfilette (geelbek [Kaapse salm], geelstert, kabeljou en koningklipvis is geskik vir die resep), onthou die vel moet ook af wees, sny in stukke van 4 cm x 4 cm
olyfolie
15 ml heel wonderpeper (allspice)
8 uie, grof gekap
8 suurlemoenblare
750 ml witwynasyn
250 ml suiker
500 ml water
60 ml kerriepoeier
15 ml borrie
sout en peper
Plaas die vis in 'n geoliede oondbak, besprinkel met sout en peper, verf met olie en bak teen 165°C vir 30 minute.
Meng al die bestanddele saam plus 20 ml sout. Kook vir 20 minute.
Gooi die sous oor die vis, bedek en laat afkoel.
Plaas in die yskas vir 3 dae voor jy dit gebruik.

Gesmoorde snoek / Braised Pike
Snoek is oral langs die pad te koop in die Kaap.
(resep bedien 6)
1 kg gedroogde, sout snoek
3 uie, in ringe gesny
100 g botter
3 aartappels, in blokkies gesny
4 tamaties, vel verwyder en opgekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Week die vis vir 8 ure in koue water.
Gooi die water af en kook die vis in nuwe water vir 20 minute.
Verwyder uit die water en trek die vel af.
Haal die grate uit sover moontlik.
Braai die uie in die botter tot sag en voeg dan die aartappels, tamaties en stukke snoek by. Bedek en kook oor lae hitte tot alles gaar is.

Vis
Peperskyf / Pepper Steak
'n Groot gunsteling oral waar jy gaan in Suid-Afrika.
(bedien 6)
6 biefstukke
50 ml swartpeperkorrels, effens fyngedruk
50 g botter
40 ml olyfolie
40 ml brandewyn
125 ml room
sout
Druk die peper vas aan weerskante van die biefstuk.
Verhit die helfte van die botter saam met die helfte van die olyfolie in 'n pan tot baie warm en verseël die biefstuk aan beide kante, 1 minuut elke kant.
Draai die hitte af en kook verder volgens jou smaak.
Voeg die res van die botter, olie en brandewyn by die pansappe. Bring tot kookpunt en roer die room stadig by.
Gooi die sous oor die biefstuk en bedien dadelik.

Bees
,
Hoofgereg
,
Suid-Afrikaans
Worchestershire-sous / Worchestershire Sauce
Lorraine Farrell woon in Noord-Ierland het hierdie resep ingestuur. Dit was haar ouma se resep en is baie oud.
Jy het 'n 5 liter houer nodig vir die onderstaande hoeveelhede.
2 blikkies niertjiebone 1 bottel sojasous
1 teelepel knoffelpoeier
1 blikkie sardyne in olie
6 appels, geskil en in kwarte gesny
bruinasyn
1 ui, gesny
3 eetlepels gemaalde naeltjies
2 eetlepels borrie
2 eetlepels neutmuskaat
3 eetlepels allspice (wonderpeper)
3 eetlepels koffie
2 teelepels gedroogde rissie
4 eetlepels goue stroop
6 eetlepels sout
3 eetlepels aangemaakte mosterd
1 eetlepel suiker
Druk die bone fyn en gooi in jou houer saam met die sojasous en knoffelpoeier.
Druk die sardyne fyn saam met 'n bietjie asyn en gooi in die houer.
Plaas die appels in 'n pot en gooi genoeg asyn in om die appels net te bedek. Gooi die uie, naeltjies, borrie, neutmuskaat, allspice en koffie by. Bring tot kookpunt en prut dan vir 2 ure. Soos die asyn verdamp vul jy dit op met helfte water en helfte asyn sodat die appels bedek bly. Roer af en toe om te keer dat die appels aanbrand.
Verwyder van die hitte en verwerk tot glad. Jy kan 'n voedselverwerker gebruik. Voeg ag koppies van die mengsel in die houer.
Voeg die rissie, stroop, sout, mosterd en suiker by die ander bestandele in die houer.
Vul die houer op met asyn.
Laat staan die houer in 'n koel donker plek vir 3 dae.
Gooi die mengsel deur 'n sygdoek en maak glasbottels vol met die sous. Laat dit vir 8 maande staan voor gebruik. Skud die bottels een of twee keer per maand.

Sous
Waatlemoen en feta slaai - met rooi ui, lemmetjiesap, pietersielie, kruisement, olywe en swartpeper / Watermelon and feta salad
Resep 1
Sny feta en waatlemoen in blokkies en sprinkel vars suurlemoensap, olyfolie en swartpeper oor vir 'n interessante voorgereg of as slaai saam met geroosterde visgeregte.
Resep 2
1 rooi ui, in halwe ringe gesny
sap van 4 lemmetjies
1,5 kg waatlemoen, ontpit en in blokkies gesny
250 g feta, in blokkies
handvol pietersielie, gebruik net die blare
handvol kruisement, gekap
4 eetlepels olyfolie
100g swart olywe, ontpit
varsgemaalde swartpeper
Laat die uie in die lemmetjiesap lê vir een uur.
Pak die waatlemoen en feta in 'n groot plat bord.
Gooi die pietersielie en kruisement oor.
Gooi die uie en die sap by asook die olyfolie en die olywe. Meng liggies met jou hande. Maal swartpeper oor.

Vrug
Koekstruif / Trifle - een met vla, jellie, moes, room en vrugte, en een met kondensmelk
1 sponskoek
1 pakkie rooi jelly
1 pakkie groen jelly
1 blik karamel kondensmelk
1 pakkie kersies - en room
1 groot houer Ultramel vla
1 groot blik geblikte gemengde vrugte
bietjie sjerrie
1 pakkie sprinkle neute
1 groot glasbak
Sny sponskoek in stukkies en gooi sjerrie oor. Bedek met lagie vla. Gooi helte van geblikte vrugte oor. En skep lepelsvol kondensmelk op.
Sny jelly in blokkies en gooi helfte oor. Skep lepelsvol kondensmelk oor. En sprinkel gekapte neute. Gooi nog 'n lag vla, dan vrugte en jelly. Skep 'n dun lagie room bo-op en versier met kersies en neute.
Resep 2
Petro van der Westhuizen
Vla:
2 koppies melk
2 eetlepels vlapoeier
2 eetlepels suiker
1 teelepel vanieljegeursel
Meng vlapoeier en suiker met melk, roer goed. Kook oor lae hitte tot gaar. Voeg geursel by en laat goed koud word.
Koekstruif:
1 pakkie rooi jellie
1 pakkie vars aarbeie
2 eetlepels brandewyn
1 rolkoek of sponskoek
2 eetlepels sjerrie
½ koppie lemoensap
¼ koppie suurlemoensap
470g perskeskywe - 1 blik,
470g pynappelstukke, gedreineer
100g - 1 blikkie- grenadellamoes
1½ koppie room.
Berei jellie volgens aanwysings en laat stol.
Was aarbeie en week in brandewyn.
Sny koek en rangskik op boom van glasbak.
Meng sjerrie, lemoensap en suurlemoensap en skep oor koek.
Rangskik perskeskywe bo-op en skep helfte van vla bo-oor.
Kap jellie met 'n nat mes en skep oor vla.
Skep pynappel stukke en grenadillamoes oor jellie.
Giet res van die vla versigtig oor.
Versier met room en aarbeie (Kersies kan ook gebruik word).
Resep: Margo van Niekerk

Pampoenbredie / Pumkin Stew
1 kg pampoen, in blokkies gesny
50 g botter
700 g skaapvleis, in stukke gesny
2 uie, in halwe ringe gesny
1 cm vars gemmer, fyn opgesny
1 rissie, pitte verwyder en fyn opgesny
1 knoffelhuise, fyn opgesny
2 kardamon sade, gekneus
2 koljandersade, fyn gestamp
100 ml water
100 ml witwyn
15 ml bruinsuiker
'n stuk pypkaneel
sout en varsgemaalde witpeper
15 ml suurlemoensap
Verhit die botter en verbruin die vleis saam met die uie, gemmer, rissie, knoffel, kardamon en koljander.
Gooi 'n bietjie van die water en wyn by en bedek. Prut oor baie lae hitte vir 1 en 'n halwe uur. Voeg water en wyn by soos nodig en skud van tyd tot tyd.
Voeg die pampoen, suiker, pypkaneel en sout en peper by. Prut vir 'n verdere 30 minute tot die pampoen en vleis sag is. Voeg water en wyn by soos nodig en skud van tyd tot tyd.
Voeg die suurlemoensap by en proe vir sout en peper.

Groenboontjiebredie / Green Bean Stew
700 g skaapvleis, in blokkies gesny
300 g groenboontjies, in stukke van 4 cm gesny
50 g botter
2 uie, in dun skywe gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 rissie, pitte verwyder en fyn opgesny
'n havol vars basiliekruid, in repe geskeur
1 ml neutmuskaat
100 ml water
100 ml witwyn
2 aartappels, geskil en in kwarte gesny
sout en varsgemaalde swartpeper
15 ml suurlemoensap
Verbruin die vleis in die botter en hou eenkant.
Verbruin die uie en gooi weer die vleis by asook die knoffel, rissie, basiliekruid en neutmuskaat. Voeg by water en wyn by, bedek en laat stadig prut vir een en 'n halwe uur.
Voeg nou die bone, aartappels, sout en peper en die res van die water en wyn by. Bedek en kook vir 30 minute.
Verwyder die hitte en kook die bredie tot droog. Voeg suurlemoensap by en bedien.

Skaap
,
Suid-Afrikaans
Griekse eetgewoontes
In die nuwe testamentiese tyd het die Grieke lekker geleef. By hulle was daar nie die wettiese beperkings op hulle eetgewoontes nie. Die Grieke was relatief ligte eters en dit was vir hulle nie ´n voorkeur om vleis by ´n slaghuis te kry nie.
So nou en dan het hulle op feesdae skape of varke geoffer maar die is na die offer geëet. Die hoofmaal vir die Grieke was die aandete gewees. Gewoonlik is vriende uitgenooi om hulle maaltye saam met hulle te kom geniet. Vrouens, altans die dames, het nooit hulle maaltye saam met die mans genuttig nie. Nou wonder ek of dit hier waar die Engelse spreuk van "Barefoot and Pregnant in the Kitchen" vandaan kom.
Die Grieke se voorkeur in kos was ´n tipe wors. Saam met dit het hulle gewoonlik eiers, vis en kaas geniet. So nou en dan het hulle ook haas of duif geëet. Aangesien die Grieke van sterk geure gehou het, het hulle van hulle vis gesout en gedroog gehou. Hulle het natuurlik baie van knoffel gehou en hulle kosse is voorberei is groot hoeveelhede olyfolie en botter. Soveel so dat die kos in die borde gedryf het in die olie.
Vir spesiale geleenthede is ´n omelet berei wat bestaan het uit meel, eiers, kaas en heuning. Hierdie omelet is gekook in ´n sterk gegeurde sous, en dit is opgedien in ´n vyeblaar.
In daardie tyd het die mense geëet met hulle hande en brood is gebruik as lepels om die sous mee te verorber. Sodra die ete klaar is het slawe die vloere uitgevee en die tafels uitgedra. Hulle het oomblikke later weer teruggekom met die tafels wat gekreun het onder die nageregte. Nageregte het bestaan uit neute, olywe, vye en koeke.
Na die nageregte het die wyn te voorskyn gekom. Daar is ´n meester van die fees gekies en dit was sy werk gewees om te besluit hoeveel water by die wyn gevoeg moes word. Gewoonlik is die dit in die verhouding gewees van twee dele wyn met een deel water. Indien hulle my gekies het sou dit ´n ander prentjie gewees het. Die slawe het die wyn dan gemeng in groot erde houers. Die drinksessies het tot laat in die nag aangehou. Dit het gelei tot groot debatte wat gevoer is. Nog ´n groot tydverdryf was om mekaar raaisels te vra.
So is seker menigte aande deurgebring. In ons tyd debatteer ons nie na ´n glas of twee nie en nog minder vra ons raaisels. Hier noem ons dit sommer net twak praat om ´n braaivleisvuur. Indien ek so sit en kyk na wat 2000 jaar gelede gebeur het wil ek nie sien wat skryf die geskiedskrywers oor ons na 2000 jaar nie.
deur Frik Lombard

Grieks
Gebraaide harders / Fried Mullet
Maak 6 tot 8 harders skoon.
Plaas in 'n vleissak. Gooi 2 eeltepels gedroogde rissie en 2 eetlepels bruinsuiker by. Seël, skud goed en plaas in yskas vir 1 uur.
Haal harders uit en braai oor matige kole vir 10 tot 25 minute.
bydrae: Johan Lotter

7/24/2008
Waterblommetjiebredie
1 bossie waterblommetjies, gewas en die stamme verwyder
50 g botter
700 g skaapvleis, in blokkies gesny
2 uie, in ringe gesny
1 knoffelhuisie, fyn opgesny
1 groen rissie, die saad verwyder en fyn opgesny
15 ml suurlemoensap
knypie neutmuskaat
200 ml witwyn
sout en varsgemaalde swartpeper
Week die waterblommetjies oornag in koue water saam met 'n eetlepel sout.
Verhit die botter en verbruin die vleis.
Voeg die uie, knoffel en rissie by en braai tot sag.
Gooi die waterblommetjies se water af en voeg dit saam met die suurlemoensap by die vleis. Gooi die wyn by en laat vir 2 ure sag prut. Kyk gereeld of dit nie droogkook nie, indien wel gooi jy nog wyn by. Moet ook nie die bredie roer nie, skud eerder die pot.
Geur met sout en peper.
(bedien 4)
Resep 2
1,8 kg skaapvleis, in stukke gesny
50 ml olie
50 ml botter
4 groot uie, in skywe gesny
2 knoffelhuisies, gekneus
250 ml vleisaftreksel
250 ml witwyn
8 klein aartappels
10 ml sout
vars gemaalde swartpeper
500 g waterblommetjies
soutwater
25 ml suurlemoensap
Verbruin vleis aan alle kante in verhitte olie en botter. Voeg uie en knoffel by en soteer vir verdere 3 minute. Voeg aftreksel en wyn by. Verhit tot kookpunt. Verminder hitte en prut 90 minute. Voeg aartappels, sout en peper by. Voeg waterblommetjies, wat vooraf in soutwater geweek en skoon gewas is by. Prut nog 30 minute. Voeg suurlemoensap by net voor opdiening. Sit warm voor.

Afval / Offal
1 kg wit afval, skoongemaak en in repe gesny
1 ui, in ringe gesny
1 selderystok, in stukke gesny
1 wortel, in stkke gesny
1 tamatie, gekap en met sout en peper gegeur
30 ml olyfolie
125 ml witwyn
125 ml aftreksel
60 ml brandewyn
sout en varsgemaalde swartpeper
Verhit die olie in 'n pot en braai die ui, seldery en wortel. Geur met sout en peper.
Voeg die afval by en braai vir 'n paar minute.
Voeg die tamatie en wyn by.
Sodra die gereg begin kook stel jy die hitte laer, bedek en laat vir 2 ure prut, terwyl jy die aftreksel bietjie vir bietjie byvoeg.
Wanneer die afval saggekook het voeg jy die brandewyn by.
(bedien 6 persone)

Brein / Fried Sheep's Brain
Diegene wat van murg hou sal van skaapbreine hou.
(bedien 6 persone)
6 skaapbreine
15 ml suurlemoensap
15 ml meel
1 eier, geklits
50 g broodkrummels
2 knoffelhuisies, fyngekap
25 g botter
15 ml olyfolie
30 ml pietersielie, gekap
sout en varsgemaalde swartpeper
Was elke brein goed en bedek met soutwater. Voeg die suurlemoensap by en prut stadig vir 15 minute.
Gooi die water af en geur met sout en peper.
Rol elke brein in die meel, dan in die eier en laaste in die broodkrummels.
Laat staan vir 30 minute in die yskas.
Verhit die botter en olie en braai die knoffel vir 1 minuut daarin en braai dan elke brein vir 10 minute.
Strooi die gekapte pietersielie oor net voor jy dit bedien.

Peri-Peri Hoender / Peri Peri Chicken
(bedien 4 persone)
1 hoender, in stukke gesny
30 ml gedroogte rissies, fyngestamp
3 knoffelhuisies, fyngestamp
5 ml sout
250 ml olyfolie
70 g botter
60 ml suurlemoensap
Meng die rissie, knoffel, sout en 125 ml van die olie in 'n voedselverwerker.
Gooi die res van die olie en die hoender by. Marineer by kamertemperatuur vir 2 ure.
Rooster die hoender sowat 5 cm weg van die roosterelement vir 8 minute aan beide kante.
Intussen meng jy die botter en suurlemoensap om oor die hoender te gooi sodra dit gaar is.
Bedien met rys.

Roosterkoek
Roosterkoek is tradisioneel gemaak op die dag wat daar brood gebak is op die plaas. Stukkies deeg is afgeknyp en oor die ontbytvuur gebraai.
3 ml suiker
100 ml louwarm water
10 ml droë gis
400 g meel
3 ml sout
2 eiers
60 g botter
sonneblomolie
Meng die suiker, water en gis saam, sprinkel 5 ml meel bo-op en laat in 'n warm plek staan vir 10 minute.
Sif die meel en voeg die sout by.
Vryf die botter by die meel.
Klits die eirs met 'n vurk en gooi dit by die gis-mengsel.
Maak 'n holte in die meel-mengsel en gooi die gis-mengsel hierin. Vorm die deeg met jou hande. Knie dit goed.
Verf die deeg met sonneblomolie, bedek met plastiek en laat op 'n warm plek staan vir 40 minute, tot dit verdubbel het.
Knie die deeg weer.
Knyp dele af so groot soos 'n eier en vorm plat broodrolletjies daarmee.
Laat die deegrolletjies op 'n warm plek staan vir 15 minute.
Maak die roosterkoeke gaar op die rooster oor jou kole.

Ribbetjies / Spare Ribs
So 2 kg varkrib sal genoeg wees vir vier persone.
Verder het jy nodig:
2 knoffelhuisies, fyn opgesny
2 cm gemmer, gerasper
125 ml heuning
60 ml lemoensap
60 ml appelasyn
125 ml tamatiesous
30 ml Worcestershire-sous
varsgemaalde swartpeper
Meng al die bestanddele en gooi oor die ribbetjies.
Maak alles dig toe en hou vir ten minste 24 uur in die yskas.
Braai jou spare ribs oor medium kole, eers die beenkant en dan die kant met die vleis. Gewoonlik neem dit so 8 minute per kant.
Die ribbetjies word met die hand geëet, so onthou die bakkie met louwarm water en suurlemoen vir elke gas.
Bedien dit met gebakte aartappels en 'n groenslaai, of gebakte groente en 'n noedelslaai.

Mosbolletjies
4,5 kg meel
500g rosyntjies
500g botter
2 eetlepels anyssaad
4 koppies suiker
1 koppie lou water
3 pakkies droë gis
1 eetlepel sout
Stamp die rosyne stukkend.
Kook dit 10 minute lank in 6 koppies water en laat afkoel tot dit lou is.
Meng 'n halwe koppie lou water met die gis en voeg dit by die rosyntjies. Laat dit op 'n warm plek staan tot die rosyntjies na bo dryf (24 - 36 uur).
Syg die vloeistof deur 'n gaasdoek en gebruik as suurdeeg.
Roer 4 koppies meel by die vloeistof tot dit glad is. Laat 4 uur op 'n warm plek staan.
Smel die botter en meng dit met die res van die meel, die suiker, sout, anyssaad, suurdeegmengsel en genoeg warm water om 'n stywe deeg te vorm.
Knie die deeg vir ten minste 1 uur lank tot dit egalig is.
Maak die deeg goed toe en hou op 'n warm plek. Laat dit oornag staan. Dit sal verdubbel.
Vorm bolletjies van die deeg en sit dit teen mekaar in gesmeerde panne.
Laat hulle op 'n warm plek rys tot dit verdubbel het en smeer met die geklitste geel van 'n eier gemeng met 'n bietjie suiker en melk. Bak een uur lank in 'n warm oond.

Witloof- en hamrolletjies / Chicory and Ham Rolls
Die witloof kan vervang word met aspersies of enige ander groente.
4 klein witlowwe
4 skyfies skouerham
15 ml botter
25 ml meelblom
250 ml melk
5 ml aangemaakte mosterd
100g (250 ml) beleë chedderkaas, gerasper
sout en peper na smaak
125 ml droë broodkrummels
botter
Kook witloof in vinnige kokende water, dit moet nog ferm wees.
Giet water af en laat afkoel.
Smeer 'n klein oondskottel met botter. Rol witloof in ham toe en plaas in oondskottel styf teen mekaar.
Smelt botter in klein kastrol. Roer koekmeelblom by en voeg melk by (of koop 'n pakkie witsous). Voeg mosterd by en helfte van kaas. Roer tot glad en gooi oor rolletjies. Sprinkel eers kaas en dan broodkrummels oor stip met botter en bak 180̊C vir ± 30 minute.
Bedien.
Rolletjies kan ook in skewe skywe gesny word en op bord rangskik word.
resep: Petro van der Westhuizen

Aartappelwiggies / Potato Wedges
6 rooiskil aartappels
1 suurlemoen, in wiggies gesny
8 heel knoffelhuisies, ongeskil
2 rooiuie, in kwarte gesny
4 lourierblare
45ml vars lemoensap
60ml water
15ml tamatiepasta
sout en peper na smaak
5ml paprika
2,5ml komyn
5ml origanum
5ml vars tiemie
60ml olyfolie
8 takkies roosmaryn
Kook aartappels halfgaar. Dreineer en laat afkoel. Voer 'n groot oondpan uit met foelie, blinkkant onder. Voorverhit oond tot 200̊C.
Sny aartappels in skywe en pak in oondbak saam met suurlemoenskywe, knoffel, uie en lourierblaar.
Meng res van die bestandele behalwe tiemie en roosmaryntakkies. Skep oor aartappels. Pak tiemie en roosmaryn bo-op. Maak toe met foelie en bak vir 30 minute tot gaar.
Maak oop en bak nog vir 15 minute tot aartappels goudbruin is.
Sit warm voor.

Mikrogolf quiche / Microwave quiche
1 bossie spinasie, fyngekap
1 eetlepel gerasperde parmesan
een derde koppie swart ontpitte olywe
2 medium geskilde tamaties
4 eiers, geklits
½ koppie suurroom
1 koppie melk
1 eetlepel gekapte pietersielie
1 huisie gekneusde knoffel
50 g meelblom
3 rooi uie, gekap
1½ koppies fyngemaakte fetakaas , hou 'n paar in blokkies
Smeer ronde 'n bakskottel vir die mikrogolf. Meng alles saam daarin, behalwe die kase.
Kook onbedek vir 20 minute by medium hitte.
Meng een keer deur. Laat rus vir 5 minute.
Voeg kase bo-oor.
Kook bedek vir 15 minute op medium hitte.
resep: Petro van der Westhuizen
1 eetlepel gerasperde parmesan
een derde koppie swart ontpitte olywe
2 medium geskilde tamaties
4 eiers, geklits
½ koppie suurroom
1 koppie melk
1 eetlepel gekapte pietersielie
1 huisie gekneusde knoffel
50 g meelblom
3 rooi uie, gekap
1½ koppies fyngemaakte fetakaas , hou 'n paar in blokkies
Smeer ronde 'n bakskottel vir die mikrogolf. Meng alles saam daarin, behalwe die kase.
Kook onbedek vir 20 minute by medium hitte.
Meng een keer deur. Laat rus vir 5 minute.
Voeg kase bo-oor.
Kook bedek vir 15 minute op medium hitte.
resep: Petro van der Westhuizen
Sleutelwoorde:
Bykos
,
Groente
,
Vegetaries
Etenstyd in Wolfkloof
Quintus van Rensburg
Bacchus kyk na sy kinders. Moet wees, hoe anders kry Robertson sulke lieflike weer. Om alles te kroon lê die dorpie lepel met die Breërivier aan die een kant en die Langeberge aan die ander sy.
Vir die ongelukkige siele wat nog nie die pad soontoe kon vind nie : Omtrent een en 'n half uur se ry van Kaapstad net duskant Worcester lê dié plek van oorvloed. En om vadersnaam draai af van die R62 wat op sy verveligste deur die dorp vleg. Wat op jou wag is Victoriaanse geboue, lanings jakarandas, die mooiste tuine en te veel wynplase om op een dag te besoek.
Robertson het in 1853 ontstaan en is vernoem na 'n dominee Robertson. In daardie dae was die dorp bekend vir sy wamakers, maar met die koms van die treinspoor was daar nie meer 'n aanvraag nie. Volstruisboerdery was vir 'n tyd lank aan die orde van die dag, maar toe die industrie na die Eerste Wêreldoorlog in duie stort moes Robertson se boere weer plan maak. Dis toe dat iemand met die idee kom om wingerd te plant. Dit was dan Bacchus wat sy seën hier uitgespreek het en saam met 'n paar bekende resiesperde bydra tot die area se roem wat al 'n paar geslagte hier oorleef het.
Onder die name wat in Robertson gestalte gekry het tel : Klipdrift, Graham Beck Wyne en Van Loveren (of klink Four Cousins en Papillon meer bekend).
As danksegging wy Robertson elke eerste naweek in Junie aan Bacchus in wat bekend staan as die Wacky Wine Weekend. Die lighartige naam onderstreep die genot wat feesgangers daardie naweek ervaar, maar moet jou nie laat flous nie, as dit kom by spys en drank is dit 'n saak van erns op Robertson.
Vanjaar het die voorreg my te beurt geval om te gaan baas speel in die restaurant van een van Robertson se mooiste plase. Wolfkloof Kelder het my genooi om my slag in die kombuis te wys en natuurlik nié af te steek nie, dit teenoor ander aanbiedinge soos Bon Courage se Café Maude, die SA Sjefs met Brasiliaanse cuisine by De Wetshof, Fraai Uitzicht se antipasti, Graham Beck se soesji, die Belgiese sjefs met Franse cuisine by Rosendal, die La Masseria-span by Wederom Kelder en Zandvliet se Noorweegse salm en Argentynse braai.
Gelukkig geen druk nie ...
Wolfkloof se wynmaker en eienaar, J.C. (Jan) Kannemeyer, het sy kinderdroom om wyn te maak hier verwesenlik. Ja, die kinders op Robertson droom inderdaad anders en ja, die ander J.C. Kannemeyer is Jan se oom John.
Wolfkloof het tans twee wyne. Die Child's Dream Merlot was Jan se eerste probeerslag en die wyn se karaktertrekke spreek van 'n ou hand, nie 'n beginner nie. Die merlot se outentieke etiket het Jan deur sy seuntjie laat teken. Tydens die Wacky Wine Weekend kon ons ook proe aan Jan se jongste, 'n Bordeaux-versnit.
Daar was konsensus dat die spyskaart vir die Wacky Wine Weekend Wolfkloof se wyn moes komplimenteer. Die restaurant, met sitplek vir 150+ persone, moes ook 'n ontbyt aanbied elke oggend.
Dit het maar woes gegaan tydens die eerste ontbyt vreemde hande wat mekaar moes vind in die kombuis, maar soos een dame glo opgemerk het, die kwaliteit het die wagtydperk oorskadu. Teen Sondag het ons gemaklik 84 tevrede klante in twee ure bedien.
'n Foendi van Avondale Wynkelder, Krige Visser, het met die idee gekom om Wolfkloof se wyn in 'n dis te gebruik. Coq au vin is gekies, maar die eerste toets het dit duidelik gemaak dat selfs nie Robertson se plaashoenders opgewasse sou wees teenoor 'n ou tradisionele Franse resep nie. Dit was uiteindelik 'n resep van Nigel Slater wat elke tweede Europeër na die kombuis gestuur het met 'n kompliment.
Die naweek se ander wenner was die camembert. Ons het die kaas voorberei met knoffel en tiemie, dit toegevou in bakpapier, vasgebind met takke roosmaryn wat ons sommer daar op die plaas gepluk het en dit in die oond gebak tot die kaas loperig was. Dit is dan bedien met hompe Franse brood om die kaas mee op te skraap. Die reuk van roosmaryn was permanent in die lug en het tweede en derde porsies uit sommige mense forseer.
(Let tog daarop dat nie alle soorte camembert geskik is vir hierdie resep nie. Indien jy by kwaliteit hou behoort jy nie 'n probleem te hê nie.)
Teen Sondag-middag, toe almal reeds huis toe is, was my gô uit en my voete het gedreig om van my te skei. Die tyd vir uithaal en wys was verby. Wel, behalwe miskien die oom en tannie wat so rooi soos hulle neuse gebloos toe hulle, leë bottels merlot in die hand, probeer verduidelik het dat hulle gaan wyn drink het langs Wolfkloof se dam en "per ongeluk ingesluimer het". Ek dink nie die tannie se hare was so wild en vol stokkies van slaap nie. En waarom dan nou nie? Dit is die Wacky Wine Weekend en Bacchus sou gevlei voel.
(Wolfkloof se wyn is slegs beskikbaar in beperkte hoeveelhede. Skakel of faks (023) 6263911 vir meer inligting of praat met Ronelle by 0828908828)
Besoek Wolfkloof.co.za vir meer inligting.

7/23/2008
Mosambiekse Steurgarnaalkerrie a la Tofo / Mozambique Prawn Curry
2 kg steurgarnale, uitgedop
Sprietui of klein ui, fyn gekerf - koppie vol
Vars knoffel ± 4 groothuisies, fyn gekerf/druk
Vars gemmer
rissies, ongeveer 3 ontpit en fyn gekerf
Koljander, fyn gestamp - so twee eetlepels
Klapper, twee eetlepels
Blik coconut milk
Exstra virgin olyfolie
Lekker Kerrie, so twee tot drie eetlepels (curry paste werk, groen of rooi)
Paprika vir kleur en geur, een eetlepel
Gedroogde kerrieblare
Sout
Suurlemoen
Vars koljanderblare vir garnish en ekstra geur. Gekneusde suurlemoenblare werk ook sit net vroeër by.
Braai uie in olyfolie tot amper bruin. Voeg knoffel, gemmer, rissies en klapper by - braai nog n bietjie - voeg nou die koljander, kerrie, kerrieblare en paprika by braai tot geure en kleure lekker gemeng het. Olyfolie kan bygevoeg word as dit te droog word.
As mengsel nou lekker gebraai het voeg dan die blik coconut milk by en kook vir so 10 - 15 minute voeg so bietjie bier by as dit te droog wil word. Sout en suurlemoensap na smaak.
As die kerrie reg is. Braai die garnale in 'n aparte pan, BAIE vinnig in olyfolie, dit moet net verkleur.
Voeg nou die prawns by die kerrie roer liggies en sprinkel die koljanderblare oor.
Bedien op wit rys (Basmati/Jasmine) saam met n mengelslaai van kersietamaties of 'n salsa. Poppadums is ook 'n wenner saam.
Behoort genoeg te wees vir ses volwassenes wat 'n voorgereg gehad het.
resep: Wattie

Mosambieks
,
Seekos
7/22/2008
Karringmelkbeskuit / Buttermilk Rusks
3 pakkies bruismeel
500 g botter
1 en 'n halwe koppie suiker
500 ml karringmelk
3 eiers
sout
Vryf die botter goed by die meel.
Klop die eiers en suiker tot room en meng met die meel.
Voeg die melk en sout by en werk deur met die hande tot die mengsel nie meer aan jou hande vassit nie.
Vorm en bak 40 minute by 200°C.
500 g botter
1 en 'n halwe koppie suiker
500 ml karringmelk
3 eiers
sout
Vryf die botter goed by die meel.
Klop die eiers en suiker tot room en meng met die meel.
Voeg die melk en sout by en werk deur met die hande tot die mengsel nie meer aan jou hande vassit nie.
Vorm en bak 40 minute by 200°C.
Sleutelwoorde:
Koekie
,
Suid-Afrikaans
Knoffel in mosterdsous / Garlic in Mustard Sauce
1 k asyn
2 k suiker
1 k water
Kook goed saam.
Terwyl bogenoemde kook meng jy die mosterdsous:
3 eetlepels mosterdpoeier
1 teelepel borrie
4 eetlepels mielieblom
Gooi knoffel in stroop kook 2 minute. Roer die mosterdmengsel by en kook tot dik.
Skep in bottels en seël.
resep: Susan Holtzkampf

Lekker Hoendergereg / Chicken Dish
6-8 hoenderfilette
7 aartappels, geskil en in skywe gesny
1 pakkie gesnyde sampioene
2 uie in skywe gesny
1 pakkie bruin-uiesop
1 koppie warm water
½ koppie tamatiesous
½ koppie mayonnaise
½ koppie blatjang
3 eetlepels fyn knoffel
½ koppie rooiwyn
250ml vars room
Plaas die aartappelskywe en hoenderfilette in 'n diep kastrol. Pak die sampioene en uie in lae op die hoender, met 'n sampioenlaag heelbo.
Meng die oorblywende bestanddele (room uitgesluit) in 'n aparte bak en gooi oor die inhoud van die kastrol. Plaas dit in 'n 180°C voorverhitte oond vir 2 ure. Giet die room oor die gereg 'n halfuur voor dit uit die oond gehaal moet word.
Geniet!
resep: Des Storm

Subscribe to:
Posts
(
Atom
)