Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

12/31/2013

Vallei van melk en heuning

Die titel van die boek, Vallei van melk en heuning, stel dit duidelik: die oorvloed van eenvoudige dinge. Riana Scheepers maak kos uit die oorvloed van wat haar tuin en die vrugbare vallei haar bied.

In haar eie woorde: “Ek het grootgeword met die idee dat niks verlore mag gaan nie en niks word gemors nie; daarom is dit 'n kookboek met resepte (en stories) van hierdie plaas."

Die Wamakersvallei is ’n streek van uiterstes: van sidderende somerhitte tot snerpende sneeuwinters. Dit is boomryk en waterryk en geil. Die vreugde en die ellende, alles gebeur in oormaat, onder die wakende oog van die Sewe Susters van die Hawekwa-berge. Hierdie boek is die resultaat: van die oorvloed uit haar tuin.

Vallei van melk en heuning word opgedeel in seisoene en die produk wat op daardie tydstip op die plaas en uit die omgewing beskikbaar is. Dit sluit ‘n wye spektrum van resepte in: van geurige elke-dag-kos, tot uithaler gebak om enige gas mee te beïndruk. Maar altyd toeganklik, eerlik en onpretensieus. Tussendeur die resepte vertel Riana stories, en maak dié meer as net ‘n resepteboek, inderwaarheid ‘n inspirerende lekkerlees boek wat jy nie net in die kombuis gaan lees nie.

Vallei van melk en heuning / deur Riana Scheepers -- Lapa, 2013. -- 288 p. ; sagteband. -- ISBN 9780799356472 : R 375.00

12/28/2013

Bokaap Meander 2014

Unieke toer met propperse sit-down Maleise lunch en besoek aan Dorpstraat Moskee.

Vanjaar vir die tweede keer, neem die BoKaap Meander jou op ’n 2-uur lange kulinêre reis en verwelkom feesgangers in die huise van die Kaapse Maleiers wat vir meer as 300 jaar steeds hul kulturele geskiedenis, daaglikse tradisies, kos, kuns, kultuur en familielewe respekteer.

Roete 1 (soos in 2013): Atlas Trading, Kaap-Maleise kookkuns, Iziko BoKaap Museum,Dorpstraat Moskee
Roete 2 (nuwe roete): Kaap-Maleise kookkuns (ander resep), Dressmaker, Dorpstraat Moskee

Sa 1 Feb en So 2 Feb | 10:00 – 12:00 | 11:00 – 13:00 | 12:00 – 14:00 | 14:00 – 16:00 | 15:00 – 17:00
R220
Sa 1 Feb en So 2 Feb | 13:00 – 15:00
R280



Deel van die Suidoosterfees 2014.

12/26/2013

Tagliatelle met 'n fondue-sous

Die kaas moet enige tipe wees wat geskik is vir 'n fondue. Vir 3 persone is 200 g fontina nodig - in dun skywe gesny.

Jy het ook die volgende bestanddele nodig:

125 mℓ louwarm melk
20 g botter
3 eiergele
250 g tagliatelle
sout en varsgemaalde swartpeper

Plaas die kaas in 'n bak en gooi die melk oor. Dit moet vir ten minste 2 uur so staan.

Dreineer die kaas, maar behou 30 mℓ van die melk.
Smelt die botter oor lae hitte in 'n souspan.
Voeg die kaas en 30 mℓ melk by.
Roer dit versigtig met 'n draadklitser tot al die kaas gesmelt het.
Verhoog die hitte effens en voeg die eiergele een op 'n slag by, terwyl jy goed klits.
Geur met sout en peper.



Intussen kook jy die tagliatelle volgens die aanwysings op die verpakking.

Bedien die tagliatelle in die sous.

(foto Sebastian Mary)

12/25/2013

Groen piesangs

Groen piesangs maak 'n maklike nagereg.

1 kg groen piesangs
knippie sout
250 mℓ klappermelk

Gooi kookwater oor die piesangs.
Dreineer die piesangs en skil.
Sny die piesangs in skywe en plaas in 'n kastrol saam met 'n knippie sout.
Bedek dit met water en kook tot sag.

Dreineer die piesangs en gooi die klappermelk oor. Kook vir 'n verdere 3 minute – roer aanhoudend.

Bedien dadelik.

1 kg piesangs is genoeg vir 6 persone.



(foto Nicolas Prieur)

12/24/2013

Kosblik

Kosblik is nie 'n kookboek nie, maar 'n versameling verhale deur sowel gevestigde as nuwe skrywers in Afrikaans. Van Marlene van Niekerk tot Wilna Adriaanse tot Irma Joubert. Dit bied ’n blik op een besondere resep, een buitengewone dis, een onvergeetlike maal.

lees meer oor Kosblik >>

12/23/2013

Chinese vispakkies

olie
4 stokvisfilette
2 cm vars gemmer, geskil en gerasper
8 knoffelhuisies, in fyn skywe gesny
2 cm rissies, ontpit en fyn opgesny
60 mℓ sojasous
2,5 mℓ sesamolie
2 pok choi, fyn opgesny
2 stingeluie, fyn opgesny
'n hand vol vars koljander, grof gekap
200 g gaar rys
4 stukke foelie, groot genoeg vir die vis

Voorverhit die oond tot 180°C.

Smeer die een kant van elke vel foelie met olie.
Plaas 'n fillet in die middel van elke vel. Buig die kante van elke vel na bo.
Verdeel die gemmer, knoffel, rissie en sojasous in vier en plas op elke stuk vis daarvan.
Vou die foelie toe en seel elke stuk vis in sy pakkie.
Bak vir ongeveer 20 minute – tot gaar.

Intussen braai jy die pok choi in die sesamolie vir 4 minute oor medium hitte.

Bedien die vis op rys, saam met die pok choi. Strooi die stingeluie en koljander oor voor jy dit bedien.

12/21/2013

Gebakte seldery met kaas

Ja, seldery kan gebak word. Vir hierdie resep gebruik mens net die koppe van die seldery.

Kook 2 koppe tot sag in kookwater. Laat dit dan goed dreineer en sny dit in repe.
Smeer 'n oondbak met botter en pak dan die seldery en die volgende bestanddele in afwisselende lae, in die volgende volgorde:

Seldery
Witsous
Gerasperde kaas (cheddar, parmesaan, pecorino of Gruyère)
Verbruinde broodkrummels

Stip dit met botter en bak in 'n 180°C oond vir 15 minute – tot bruin.

12/20/2013

Saggemaakte botter / Botter Pommade

Saggemaakte botter is NIE gesmelte botter nie. As jy jou resep wil laat flop moet jy gesmelte botter gebruik as dit vra vir saggemaakte botter.

Om saggemaakte botter te maak gooi jy kookwater in die bakkie wat jy gaan gebruik. Gooi dit weer uit en droog die bakkie goed uit. Nou kan jy die botter daarin sagmaak met 'n houtlepel.



(foto Louise Marston)

12/18/2013

Bressane slaai

Sprinkel Franse slaaisous oor 'n paar slaaiblare en voer 'n slaaibak daarmee uit.

Kook vier eiers hard, skil af en sny in kwarte.

Kap die vleis van vier gekookte hoenderborsie in stukkies.

Sny 1 rooi soetrissie en een groen soetrissie in fyn repies.

Meng al die bestanddele in 'n mengbak saam met 'n blikkie gedreineerde aspersiepunte. Gooi 'n bietjie Franse slaaisous by om dit te benat.

Plaas die gemengde bestanddele in die bed van slaaiblare.

Gebruik 'n spuit om die slaai met mayonnaise te versier. Kleur die mayonnaise met 5 mℓ tamatiesous.
Strooi nou vars fyngekapte pietersielie oor.

Bedien die slaai saam met van die gekleurde mayonnaise in 'n aparte bakkie.

Die slaai is genoeg vir 4 tot 6 persone.

12/16/2013

Kersfees Kokkedoor

Kersfees in die Karoo is 'n baie spesiale tyd en die top 4 Kokkedoorspanne van seisoen 1 (van Tiaan en Mynhardt tot by Rendill en Tannie Poppie) kom terug na Prins Albert om 'n Kersfeesmaal voor te berei wat die asems sal wegslaan en die monde laat water.

Die Karoo se eie unieke geskenk aan Suid-Afrika, gesertifiseerde Karoo lamsvleis, is die ikoongereg en hierdie keer kook die beoordelaars saam - én gooi Mariëtta ook 'n draai agter die kospotte!

Dis 'n Karoo-ervaring soos net die Kokkedore dit kan doen - met vele wenke, disse en geheime wat jou eie Kersfeestafel 'n wegholtreffer gaan maak dié seisoen.

Wees deel van hierdie feestelikheid op Woensdag 18 Desember om 20:30 op kykNET kanaal 144, of kyk na die herhalings op 19 Desember om 14:00, 20 Desember om 10:30 en 24 Desember om 13:00.



Kokkedoor - Resepte uit jou gunsteling TV-reeks >>

12/12/2013

Masala hoender / Masala Chicken

1,25 kg hoenderstukke

Marinade:
30 mℓ groen masala pasta
5 mℓ sout
15 mℓ sesamolie
15 mℓ rysmeel
2,5 mℓ garama masala
25 mℓ water

Meng al die bestanddele vir die marinade en vryf die hoender in daarmee.

Maak dit toe en hou in die yskas vir 30 minute. Jy kan dit ook oornag los.

Jy kan hierdie hoender braai of onder die oondrooster gaarmaak vir 10 – 15 minute aan 'n kant.

Die resep is genoeg vir 4 tot 6 persone.

12/11/2013

'n Fees van 'n nagereg

Hierdie nagereg is gemaak vir die feestyd en vakansie. Dis heerlik, vinnig en maklik. Die resep is genoeg vir 6 persone.

Jy het nodig:

300 mℓ room
30 mℓ strooisuiker
200 g meringues – koop dit by die supermark – verkrummel dit
vars vrugte, of gebruik geblikte kersies

Klop die room saam met die strooisuiker tot dit amper styf is.

Plaas die meringues in bakkies of glase, gooi vrugte oor en bedek met room.
Versier dit met vrugte.

12/10/2013

Carolie se Kersfees / Vakansie Spyskaart

Hier is Carolie de Koster se spyskaart vir Kersfees, of sommer net 'n lekker vakansie ete

Spyskaart

Mozzarella en roosmaryn brood

Neut, groente en kruisskyf noedelslaai

Sjokolade en neut sponskoek

Appel sneeu nagereg / Appel sneeupoeding

Hoender met appel en groente


Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Dié boek is tans beskikbaar teen 'n spesiale prys van slegs R650, 'n besparing van R150. Ons verneem dat die gewilde boek, wat tans R800 kos, 'n prysstyging gaan sien in 2014.
Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com Die afleweringskoste is slegs R50.

Art of Cooking is ook nou in CD-formaat (slegs Windows). Die koste van die CD beloop R300 (afleweringskoste ingesluit.

Lees meer oor Art of Cooking

12/09/2013

Kookkuns onthou: Nelson Mandela

Op 5 Desember het Suid-Afrika 'n groot leier en voorbeeld verloor. Nelson Mandela is op daardie dag oorlede in die rype ouderdom van 95 jaar.

Madiba is nie meer met ons nie, maar ons sal hom nooit vergeet nie. Verlede jaar het ons die voorreg gehad om 'n paar van sy gunsteling resepte met julle te deel. Vir die wat dit gemis het:

Nelson Mandela se gunsteling-ete was stampmielies en afval.

Nog een van Madiba se gunstelinge was Umqusho (stampmielies en bone).

Ander gunsteling resepte van Madiba:

Beesstertbredie / Umsila wenkomo

Hoendersop

Dombolo

Probeer ook: Ukutya Kwasekhaya: Tastes from Nelson Mandela’s Kitchen


12/08/2013

Hoender met appel en groente

Hierdie is nie net 'n gewilde smaaklike maaltyd waarvan die hele gesin sal hou nie, maar dit kan ook gebruik word om 'n groot groep mense kos te gee.

Voorbereidingstyd: 30 minute
Gaarmaaktyd: 40 minute
Bedien: 4 - 6

8 porsies hoender, gebruik boudjies en/of dytjies, die vel verwyder
125 mℓ hoenderekstrak of 5 mℓ hoenderekstrakpoeier en 125 mℓ water

Bedruipsous
30 mℓ olyfolie
15 mℓ balsemasyn
30 mℓ appel- of bosbessiejellie of appelkooskonfyt
5 – 10 mℓ fybgedrukte knoffel
125 mℓ appelsap
2,5 mℓ sout
varsgemaalde swartpeper

Groente en appel
2 medium wortels, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 medium witwortels, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 medium patats, geskil en in 2 cm stukke gesny
2 dik skywe pampoen, geskil en in 2 cm stukke gesny
30 mℓ roosmarynblare
2 groen appels, ontpit en in 2 cm stukke gesny

Vir garnering
250 g jong groenboontjies
varsgemaalde swartpeper
gekookte rys of koeskoes



Plaas die hoender in 'n souspan saam met die ekstrak. Bring tot kookpunt, verlaag die hitte en prut vir 15 minute.

Meng die bestanddele van die bedruipsous.

Plaas die groente en roosmaryn in 'n oondbak. Versprei dit oor die bodem van die bak.
Plaas die stukke hoender tussen die groente.
Verf die hoender met die bedruipsous. Sorg dat daar sous aan alle kante van die hoender is. Gooi sommer enige oorblywende aftreksel oor die groente en hoender.
Bak by 180ºC vir 20 minute.

Gooi die appel by en bak vir nog 20 minute. Die groente moet gaar wees en ten minste al begin verkleur het.

Die groenboontjies kan met water bedek word in 'n souspan en onbedek gekook word vir 5 minute.

Skep die hoender en groente in die bak waarin jy dit wil bedien en garneer met die groenboontjies en varsgemaalde peper.

Bedien saam met rys of koeskoes.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/07/2013

Appel sneeu nagereg / Appel sneeupoeding

Daar is 'n paar variasies van die resep:

Appel sneeu – Op sy eie is hierdie 'n ultra ligte nagereg.
Appel sneeu met vla – Jy kan die eiergeel gebruik vir vla. Skep die sneeupoeding by die afgekoelde vla.
Gevriesde appel sneeu – Word appel roomys wanneer jy dit vries. Jy kan nog room bysit as jy wil.

Voorbereidingstyd: 5 minute
Gaarmaaktyd: 5 minute, 10 minute indien jy dit saam met die vla bedien
Bedien: 6 – 8

2 Granny Smith appels, geskil, ontpit en in stukkies gesny
30 mℓ water
75 mℓ suiker
knippie sout
75 mℓ ekstra water
4 eierwitte

Vanilla vla
5oo mℓ melk
4 eiergele
60 mℓ suiker
knippie sout
30 mℓ mieliemeel
5 mℓ vanillageursel

Bestanddele vir roomys
125 mℓ geklopte room (opsioneel)
30 mℓ suiker
'n paar druppels vanillageursel



Plaas die appels in 75 mℓ water in 'n souspan en prut stadig tot die appel sag is. Jy kan dit ook in die mikrogolf in 'n half-bedekte beker op Hoog sagmaak. Gebruik 'n voedselverwerker om die appel tot 'n sous te verwerk.

Meng die suiker, sout en 75 mℓ water en bring tot kookpunt. Prut vir 1 minuut tot dit stroperig is.

Nou klop jy die eierwitte styf en gooi die warm stroop stadig by terwyl jy klop. Hou aan tot dit blink en styf is.

Vou die appelsous by en verkoel.

Jy kan dit in langsteel glase bedien.

Indien jy die vla opsie wil gebruik (Appel sneeu met vla), kan jy sommer jou mikrogolf inspan. Verhit die melk in die mikrogolf tot kookpunt.
Klop die eiergeel, suiker, sout en mieliemeel saam in 'n groot mikrogolfbak en voeg die warm melk by. Mikrogolf op hoog vir 1 minuut – die mengsel moet net begin verdik.
Klop dit goed en mikrogolf vir nog 30 sekondes tot 1 minuut. Die mengsel moet dik wees en borrel.
Klop dit weer en laat dan staan om af te koel tot kamertemperatuur.

Jy kan dit in bakkies of glase skep en dan bedek met die sneeupoeding. Hou dit in die yskas tot jy dit bedien.

Om die roomys te maak (Gevriesde appel sneeu) meng jy die afgekoelde vla en die sneeupoeding en vries dit tot dit begin yskristalle vorm. Dit neem omtrent 2 uur.
Klop dit goed om die yskristalle op te breek en vries weer.

Jy kan ook 'n meer ryk roomys voorberei deur die geklopte room, suiker en vanilla by die laaste roer te voeg.

Vries dit vir ten minste nog 3 – 4 uur voor jy dit bedien.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/06/2013

Sjokolade en neut sponskoek

Die vinnigste manier om n gewone vanilla sponskoek in iets hemels te verander is met twee Tasti MeGa NUTS stafies. Proe is glo!

300 mℓ koekmeel
250 mℓ suiker
15 mℓ bakpoeier
knippie sout
125 mℓ olie
125 mℓ water
5 mℓ vanillageursel
4 eiers, geskei
2 x 40g Tast MeGa NUTS stafies (of enige ander soortgelyke stafies), grof gekap

Versiering
100 g donker, melk of wit sjokolade, of 'n kombinasie daarvan
10 mℓ botter of room

Verhit die oond tot 180°C. Gebruik 'n ongesmeerde ringpan met 'n los bodem, of smeer 'n ringpan wat 'n pypplooi in die middel het.

Gooi die meel, bakpoeier en sout in 'n mengbak en klop die olie, water en vanillageursel by tot dit goed gemeng is.

Meng die eiergeel met die gekapte stafies.
Roer dit dan by die meelmengsel.

Klop die eierwitte styf en vou dit dan in die mengsel.

Gooi die mengsel in die koekpan en bak vir 40 minute tot ferm en gaar.

Laat die pan met die los bodem onderstebo staan op 'n draadrak om af te koel. Die ander soort panne moet regop staan. Dit moet vir 10 – 15 minute afkoel.

Verwyder nou die koek uit die pan.

Plaas die bestanddele vir die versiering in 'n gepaste houer en verhit op medium in 'n mikrogolfoond vir 2 – 3 minute – dit moet smelt.
Roer die mengsel en gooi oor die koek.
Laat die koek effens afkoel voor jy dit bedien.



Jy kan ook die versiering uitlos en versiersuiker oor die koek sif.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/05/2013

Neut, groente en kruisskyf noedelslaai

'n Geurige Viëtnamese slaai met 'n verskeidenheid teksture. Jy kan dit oor en oor maak, met 'n aanpassing hier en daar om daardie dag se giere en beskikbare bestanddele te akkommodeer.

Let wel:
• Dit kan enige soort olie wees – sonneblom, sesam, grondboontjie of olyf.
• Rys noedels kom nie altyd maklik los vanmekaar nie. Die maklikste manier is om net die die deel van 'n pak vermicelli rys noedels wat jy wil gebruik in kookwater te dompel. Sodra dit sag word sny jy dit los van die res van die noedels. Laat die nat punte van die oorblywende noedels eers droog word voor jy bêre.
• Indien jy 'n ander gunsteling Thai slaaisous het, kan jy dit gebruik inplaas van die een in die resep.
• Jy kan die kruisskyf vervang met hoenderborsies of skoongemaakte garnale.

Voorbereidingstyd: 20 minute plus 1 uur om die vleis te marineer
Gaarmaaktyd: 20 minute
Lewer: 6

Vleis
± 300 g skywe kruisskyf (rump steak), die vet verwyder – gebruik gerus meer of minder vleis
30 mℓ sojasous
30 mℓ sjerrie
5 mℓ heuning of bruinsuiker
5 mℓ balsemasyn
5 mℓ vars gerasperde gemmer
15 mℓ olie

Noedels
±125 g vermicelli rys noedels
15 mℓ olie

Groente 15 mℓ olie
1 medium wortel, in 1 cm julienne-repies gesny
¼ elk rooi, groen en geel soetrissie, sny in repies
1 – 2 huisies knoffel, fyn opgesny
½ medium komkommer, in 1 cm julienne-repies gesny
3 medium stingeluie, diagonaal in stukkies gesny
5 mℓ fyn gesnipperde suurlemoengras (opsioneel)
5 mℓ fyn gesnipperde kruisement en/of koljander (opsioneel)

Slaaisous
5 mℓ rooi Thai kerriepasta of Thai geurmengsel
15 mℓ soet rissiesous
15 mℓ lemmetjie- of suurlemoensap

Garnering
sout en varsgemaalde swartpeper
125 mℓ geroosterde grondboontjies of kasjoeneute
diagonaal gesnyde groen punte van stingeluie

Meng die sojasous, sjerrie en heuning / bruinsuiker, balsemasyn en gemmer en gooi dit dan oor die vleis in 'n mengbak. Laat die vleis marineer vir 1 uur. Draai dit om van tyd tot tyd.

Bedek die noedels met kookwater vir 5 minute.
Dreineer die noedels in 'n vergiettes en spoel af met koue water.
Werk die olie deur die noedels met jou vingerpunte.
Gebruik 'n skêr om deur die noedels te knip. Probeer om die stukkies sowat 10 cm lank te kry. Hou die noedels eenkant.

Dreineer die vleis, maar behou die marinade.

Verhit 'n swaarboom souspan tot baie warm en gooi dan die olie by.
Verbruin die vleis aan albei kante – dit neem sowat 2 minute aan 'n kant. Dit moet nog rou tot medium-rou in die middel wees.
Laat die vleis afkoel, sny dit in dun skyfies en gooi dit in 'n mengbak.

Plaas die noedels in dieselfde souspan saam met die gereserveerde marinade en kook vir 4 – 5 minute.
Gooi dit nou by de vleis.

Verhit die olie vir die groente in 'n skoon souspan. Braai die wortels vir 1 minuut.
Voeg die soetrissie by en braai nog 1 minuut.
Nou kom die knoffel, komkommer, stingelui en suurlemoengras by. Braai 1 minuut.
Verwyder van die hitte.

Gooi die kruisement / koljander en slaaisous by die groente en meng goed. Gooi dit by die bestanddele in die mengbak.
Gooi die helfte van die neute by en meng liggies.
Geur met sout en peper.

Gooi die slaai uit in die bak of bord waarin jy dit gaan bedien.
Strooi die oorblywende neute en die stingeluie oor.



Hierdie slaai kan effens warm, by kamertemperatuur of koud bedien word.

Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/03/2013

Mozzarella en roosmaryn brood

Dit is vining om die brood te meng en bak. Mozzarella en roosmaryn brood pas perfek by sop, slaai, of gaan perfek saam met kaas en 'n sambal of piekels.

Voorbereidingstyd: 15 minutes
Baktyd: 30 minutes
Bedien: 12

750 mℓ bruismeel
1 mℓ sout
15 mℓ suiker
330 ml bier
60 mℓ gesmelte botter of margarien of olie
250 mℓ fyngekapte Mozzarella
2,5 mℓ gemengde kruie
15 mℓ fyngekapte roosmaryn
5 mℓ fyngekapte knoffel (opsioneel)

Bolaag
varsgemaalde swartpeper
takkies roosmaryn

Voorverhit die oond tot 180 ºC en smeer 'n medium broodpan (23 cm) goed met botter / maragarien / olie / cooking spray.

Gooi die droë bestanddele in 'n mengbak en meng goed.
Voeg die bier en gesmelte botter by en roer om te meng. Die mengsel moet nat en klewerig wees. Voeg 'n bietjie water by as dit te droog is.
Skep die mengsel in die broodpan, maak die bokant glad, strooi varsgemaalde swartpeper oor en druk 'n paar takkies roosmaryn daarin vas.
Bak vir 25 tot 30 minute tot goudbruin en gaar.

Gooi die brood uit op 'n draadrak om 'n bietjie af te koel.

Bedien dit warm of sny dit op en vries. As jy dit dan later wil gebruik plaas jy die snye gewoon in 'n broodrooster.

Variasie - Individuele broodjies

Smeer 'n muffin pan. Vir klein broodjies gebruik jy 'n 18 – 24 pan, vir groot brode een met 12.
Deel die deeg op tussen die bakkies en bedek met swartpeper en roosmaryn soos vir die groot brood.
Die 18 – 24 panne behoort net sowat 15 minute te bak, maar die 12 pan 25 minute.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/02/2013

Carolie se "lekker eet" spyskaart

Dis die tipe resepte wat in 'n Suid-Afrikaanse smaak sal val - bekend maar effens anders. Die foto is van 'n Suid-Afrikaanse stalletjie wat Carolie de Koster en 'n paar ander mense hier met trots opgerig het in Nieu-Seeland vir 'n multikulturele funksie. Carolie het die bobotiepasteitjies gemaak en koeksisters en dit was soooo gewild!

Spyskaart

Pikante appel- en witwortelsop / Appel-, prei- en witwortelsop / Peer- en murgpampoentjiesop

Visgevulde oondgebakte aartappels

Bobotie fillopasteitjies

Geurige geelrys met rosyntjes

Mev. H S Ball se blatjang

Byderwetse braaihoender

Groente-oondskottel

Appel-, neut- en dadelskyf met brandewynstroop

Neut-, semel- en saadbeskuit


Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking

12/01/2013

Byderwetse braaihoender

‘n Nuwe manier om die tradisionele gestopte hoender aan te pak – maklik om gaar te maak en te bedien saam met rys of oondgebakte aartappelwiggies en groente of slaai.

Voorbereidingstyd: 30 min
Gaarmaaktyd: 30 min
Lewer: 12 porsies

12 hoenderdye met vel aan maar ontbeen
peuselstokkies

Stopsel
250 g vark- of beesworsies
60 ml botter
5 ml gekapte knoffel (1 huisie) OF 1 ml knoffel- en kruiegeursel
6 grasuie, gesnipper
60 ml gekapte pietersielie
1 ml droë tiemie
2,5 ml gemengde droë kruie
250 ml sagte broodkrummels
5 ml bakpoeier
1 ml sout
gemaalde swart peper
1 eier
15 ml brandewyn of water

Geurselsout
5 ml hoenderekstrakpoeier
2,5 ml sout
2,5 ml paprika
ruim knippie rooipeper
2,5 ml gemengde droë kruie
2,5 ml hoender- of braaigeurselsout
1 ml borrie (opsioneel vir ‘n goue kleur)
1 ml knoffel- en kruiegeursel

Sous
30 ml koekmeelblom
250 ml water
5 ml sojasous of Marmite

Om die stopsel te maak, druk die worsvleis uit die dermpies en meng met die res van die stopselbestanddele. Verdeel die stopsel in 12 porsies en vorm in langerige rolletjies.
Plaas die stopsel in die holtes waar die beentjies uitgehaal is en vorm die vel rondom die dye om die stopsel netjies in te sluit. Steek vas met peuselstokkies.

Meng die bestanddele vir die geurselsout en strooi dit oor die dye. Plaas die dye in ‘n oondbraaipan en oondbraai by 180C sonder om te bedek vir ongeveer 30 minute of totdat die vel bros en goudbruin en die stopsel deurgaar is.



Resep: Carolie de Koster

Carolie de Koster is die skrywer van Art of Cooking.

Jy kan die boek direk by Carolie bestel: caroliedekoster@gmail.com.

Lees meer oor Art of Cooking