Soek vir 'n resep

Gebruik die soekenjin (bo) of die alfabetiese gidse (onder) om te soek vir resepte of ander inligting.



Kookterme / Woordelys | Wenke en Advies | Resepteboeke | Oondtemperature | Mate en gewigte | Gram per 250 ml / 1 koppie | Pangroottes | Basiese kombuisgereedskap | Wynwoordeboek | Die spens | Beesvleissnitte en gaarmaakmetodes

9/30/2008

Vlakoekies / Custard Biscuits

250 g botter
8 eetlepels suiker
8 eetlepels vlapoeier
teelepel amandelgeursel
4 teelepels bakpoeier
3 koppies meelblom
2 eiers

Room botter en suiker. Voeg eiers, vla, meelblom en bakpoeier by. Roer die geursel in. Rol balletjies en druk met vurk plat. Bak in oond teen 200ºC.

Omelet / Omelette

Om 'n goeie, basiese omelet te maak het jy botter nodig en 3 eiers per persoon. En moet nooit probeer om 'n omelet te maak vir meer as 2 persone op 'n slag nie. Dit werk nie, tensy jy natuurlik 'n reuse pan het.

Die (vars!) eiers moet goed geklits word met die hand. Dit moet ook 'n knippie sout kry.

Smelt 'n groot stuk botter in 'n swaarboompan. Hou bietjie gesmelte botter eenkant om oor jou omelet te gooi.
Dit moet oor lae hitte gesmelt word – moenie dat die botter verbruin nie!

Gooi die eier by, terwyl jy die pan skud. Dit is om te sorg dat die eier nie vassit op een spesifieke plek in die pan nie. Draai die pan sodat die eier die hele bodem bedek. Hou aan met skud.

Na 'n paar minute sal jy sien dat die omelet begin stol. Lig die pan weg van jou en vou ⅓ van die omelet aan jou kant na die middel toe. Nou lig jy die pan na jou toe op en vou ⅓ van die ander kant af na jou toe. Gly die omelet uit in 'n bord.

Indien jy die omelet net in die helfte vou is die eier geneig om uit te loop.


Salm met avokado- en pekanneutkors / Salmon with Avocado and Pecan Crust

(bedien 4)

4 vars salmfilette, skoongemaak en sonder vel
30 ml olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Kors:
2 avokado's, geskil en in 1 cm blokkies gesny
gerasperde skil en sap van een suurlemoen
20 vars koljanderblare, fyn gekap
50 g pekanneute, gerooster en gekap
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng al die bestanddele vir die kors en plaas eenkant. Braai die salm vir drie minute aan elke kant in die olyfolie. Geur met sout en peper. Pak die kors op die vis.

Bedien met vars groenslaai.

Salm gremolata / Salmon Gremolata

700 g salmfilette, skoongemaak en sonder vel
olyfolie
sout en varsgemaalde swartpeper

Gremolata:
45 ml pietersielie, gekap
gerasperde skil van drie suurlemoene
15 ml salie, gekap
4 knoffelhuisies, gekap
45 ml groen peperkorrels

Meng al die bestanddele vir die gremolata en hou in yskas tot benodig. Verf die vis met olyfolie, gooi sout en peper oor en braai vir drie minute aan beide kante. Plaas gremolata bo-op en bedien.

Bedien saam met kapokaartappels.

(resep bedien 4)

Lamskenkels / Lamb Shank

8 - 10 lamskenkels
50 ml olie
2 eetlepels skaapvet, wat uitgebraai is
5 groot uie, gekap
vars gemaalde swartpeper en sout na smaak
250 ml droë witwyn
250 ml water

Braai uie in olie en vet in pot. Voeg skenkels en ander bestanddele by. Sit deksel op pot en laat stadig prut, ± 3 ure. Jy kan nou groentes wat jy verkies byvoeg.

Die resep werk goed vir 'n potjie.


resep: Petro van der Westhuizen

(bedien 4)

(foto deur jspatchwork)

Knoffel / Garlic


Petro van der Westhuizen

Maak knoffel skoon en sit in gesteriliseerde bottel. Voeg asyn tot bo by en sit in mikrogolf vir ± 1 minuut of totdat dit begin kook. Verseël.

Resep 2

800 knoffeltoonjies- ongeskil- 85 vars gemmer in dun skyfies gesny
200 ml growwe sout
4 brandrissies
250 ml witasyn
125 ml droë witwyn
12,5 ml mostertsaad
Bedek knoffel met water en bring tot by kookpunt. Kook 2 minute en dreineer en skil. Plaas in bak en meng gemmer en sout goed deur. Bedek en verkoel ± 2 dae in yskas. Was goed en droog met kombuispapier. Pak in gesteriliseerde glasbottels met een of twee rissies. Bring ander bestanddele tot kookpunt en vul bottels totdat dit oorloop met stroop. Laat lugborrels uit en seël. Wanner u dit oopmaak bêre dit in die yskas.

Muffin


500 ml meelblom
4 teelepels bakpoeier
½ teelepel sout
½ koppie suiker
100 g botter
250 ml suurmelk
1 eier
1 ½ koppie fyn piesang / sultanas / koekmengsel
kaneelsuiker

Sif die droë bestanddele saam. Smelt die botter en laat afkoel. Klits die eier, botter en melk saam en voeg die piesang by die mengsel. Meng liggies en skep in 'n gesmeerde muffinpan. Strooi kaneelsuiker oor. Bak 15 minute lank by 220ºC.

Gemarineerde tuna / Marinated Tuna

(bedien 4)

125 ml sojasous
2 eetlepels sake
2 eetlepels bruinsuiker
1 rissie, fyn opgesny
500 g sushi-kwaliteit tuna, in repies gesny
2 eetlepels sesamesaad, gerooster

Meng die sojasous, sake en bruinsuiker en marineer die tuna hierin vir NET 20 minute. Garneer met die saad.

Gevulde kersietamaties / Stuffed Cherry Tomatoes

(maak 30)

Maak 'n vulsel van een fyngedrukte avokado, een fyngekapte grasui, een fyngekapte rissie, 30 ml fyngekapte vars koljander, sout, varsgemaalde swartpeper en die sap van een suurlemoen. Sny die koppies van die kersietamaties af en skep die vleis uit en meng die vleis met die avokado-mengsel. Skep die vulsel terug en garneer met koljanderblare.

Op die kole

Hierdie gids wys jou hoe om die perfekte vuur te bou en verskaf waardevolle inligting omtrent die aanskaf, voorbereiding en gaarmaak van vleis, vis en hoender op die kole, of in 'n gastoestel, op 'n Weber of in die potjie

Daar is resepte vir byna elke vleissoort asook vir versnaperinge, slaaie en groentes, brode en pap, souse, marinades en gegeurde botter en nageregte

Die gids is deurgaans geïllustreer met volkleur-foto's.

Oor tamaties

Ons gebruik soveel tamaties dat ons nie eers twee keer verder dink aan hulle nie. ´n Mens kan gerus in diepte na die vrug kyk. Nou sien ek baie mense frons, maar botanies is tamaties eintlik ´n vrug. Die Amerikaanse Hoërhof het beslis dat tamaties groente is en nie vrugte nie.

Maar hoe dit ook al sy tamaties kan op verskeie maniere geëet en geniet word. Daaroor hoef ek sekerlik nie te skryf nie. Die oorsprong van tamaties is nogal duister en kan nie met sekerheid vasgestel word nie. Wat wel waar is, is dat daar sowat oor die drieduisend soorte tamaties is waarvan sowat 300 suksesvol kommersieël gekweek word.

Sowat 200 honderd jaar gelede is daar in Amerika geglo dat tamaties giftig is. Voordat iets met tamaties aangevang is, was hulle vir ure gekook om van al die gifstowwe ontslae te raak. Maar ek dink daar het die tamaties so in hulle stilligheid besluit to hier en nie verder nie.

Die tamaties het hulle geheime vir ´n hele paar jaar goed weggesteek. Toe die wetenskaplikes begin navorsing doen oor tamaties het hulle bevind dat tamaties meer het as ´n mooi rooi skil. In daardie rooi skil is daar baie lycopene.

Harvard Universiteit het bevind dat mans wat tamatiesous wat ryk is aan lycopene 2 tot 4 keer per week eet se kans op prostaat kanker 35% minder is. ´n Ander universiteit het bevind dat mense wat baie tamatiesap drink het 20% minder skade in hulle longe gehad as ander mense.

Nog ´n interessante bevinding is dat mense wat ongeveer sowat 1 kg tamaties per dag eet se cholesterol met 14% verminder het. Die vlies om die tamaties se pitte verminder die risiko van bloedklonte met 72% . Al wat mens hoef te doen is om 4 tamaties per dag te eet. As mens gereeld tamaties eet (veral die mense oor 40) kan jou sig verbeter.

As mens ´n paar gram tamatie puree eet kan dit help om jou vel se sonbrand skade tot met 40% te verminder maar dit is nog nie al nie want nog ´n studie het getoon dat in ouer mense met baie lycopene in hul sisteem baie meer geestelik en fisies aktief is.

Wat kan ons doen om voordeel uit die tamatie te trek? Eet so vyf keer per week tamaties en of tamatie gebaseerde produkte. Die groot geheim is dat wanneer tamaties warm gemaak word, word daar meer lycopene vrygestel. So die beste is om tamatie puree, tamatiesap, tamatiesous, tamatiesop en geblikte tamaties te eet.

Gelukkig is tamatiesous ´n gewilde produk by groot en klein, want wat is nou juis lekkerder as ´n bord skyfies met ´n lekker blobs of twee tamatiesous waarin jy die skyfies doop voordat jy dit eet?

Gewoonlik wanneer iets lekker is vir ´n mens is dit nie goed vir jou nie, neem maar biltong en braaivleis. Maar tamaties dink ek is die enigste lekker ding wat ek ken wat goed is vir jou.

- deur Frik Lombard

9/29/2008

Swartmossels / Black Mussels

Wanneer dit by swartmossels kom is reël nommer een dat dit moet vars wees, met ander woorde nog leef. Indien jy nie die moets en moenies ken van mossels uithaal nie moet jy dit eerder by 'n supermark koop.

Vir ses mense het jy so 60 swartmossels nodig. Week die mossels in varswater vir 2 ure en skrop dan die skulpe skoon.
Plaas jou mossels in 'n oond van 200 grade Celsius vir 10 minute sodat hulle kan oopmaak.
Nou gooi jy al die halwes weg wat leeg is en verwyder enige baard.
Meng 250 g saggemaakte botter met 'n fyngekapte knoffelhuisie en 'n bietjie fyngekapte pietersielie.
Pak die swartmossels in 'n oondpan en skep 'n teelepel van die bottermengsel in elke mossel.
Sprinkel broodkrummels oor die swartmossels en plaas onder die oondrooster tot goudbruin.

Bedien saam met lekker vars brood.

Tiramisu

10 ml gelatine
250 ml espresso
50 ml brandewyn
10 ml strooisuiker
2 houertjies (250g elk) mascarpone
2 x 125 g pakkies vingerbeskuitjies
200 g donker sjokolade, grof gerasper
15 ml kakao

Sprinkel gelatien oor 50 ml water in bakkie en laat staan tot gespons. Mikrogolf 20 sekonder of laat oor stoom van pruttende water oplos. Laat staan en afkoel. Meng espresso en brandewyn. Giet in ' n vlak bak. Doop 20 sponsvinger een vir een daarin en plaas beskuitjies langs mekaar in 'n bak. Klits eiergele. Klits strooisuiker by en klits totdat strooisuiker opgelos is en mengsel dik is. Roer Mascarpone geleidelik by. Roer koue gelatine by. Skep helfte van mascarpone oor beskuitjies. Pak oorblywende beskuitjies bo-oor (kan ook in espressomengsel gedoop word.) Gooi weer eiermengsel oor en gooi sjokolade bo-oor plaas in yskas om koud te word. Sif kakao oor en sny in blokke.


bydrae: Petro van der Westhuizen

(foto Chocolate Monster Mel)

Mangoslaai met rooi uie en roket / Mango Salad with Red Onion and Rocket

(bedien 4)

3 mango's, geskil
2 rooi uie, geskil en in dun skywe gesny
sout
2 handevol roket
65 ml olyfolie
sap van 1 suurlemoen
vars gemaalde swartpeper
2 knoffelhuisies, in dun skyfies gesny

Plaas die uie in 'n glasbak, sprinkel sout oor en laat staan een uur. Meng die uie met die roket, mango, knoffel, olyfolie, suurlemoensap en peper. Verkoel in yskas.

Perske blatjang / Peach Chutney

12 koppies gesnyde geelperskes
1 bottel asyn
1 eetlepel kerrie
1 teelepel naeltjies
1 dessertlepel all-spice
4 groot uie fyngesny
1 koppie bruinsuiker
1 desert lepel sout
1 eetlepel borrie.

Resep: Petro van der Westhuizen

Opsioneel: heel rooi rissies; handvol sultanas; handvol rosyntjies.

Kerrieboontjies / Curried Beans

500 ml inmaakfles
2 kg groenboontjies, gekerf
1 kg uie, in ringe gesny
15 ml sout
500 ml suiker
500 ml asyn
45 ml mielieblom
25 ml suiker
45 ml kerriepoeier
10 ml borrie
750 250 ml asyn

Opsioneel: 3 ml elk gemmer, neutmuskaat en 5 ml mosterdpoeier

Kook boontjies, uie en sout tot amper sag. Dreineer. Meng 400 g suiker met 500 ml asyn en voeg by die boontjies en laat opkook. Meng die res van die droë bestanddele met die 250 ml asyn en voeg by boontjies. Laat vir ongeveer 5 minute lank stadig kook. Vul gesteriliseerde inmaakfles en verseël dadelik.


Resep: Petro van der Westhuizen

Vonkelende Witwyn-Sangria / Sparkling White Wine Sangria

225 ml soet sjerrie
250 ml appelsap
250 ml lemoensap
1 appel, in dun skyfies gesny
Ys
2 suurlemoene in dun skyfies gesny
2 bottels (750 ml elk) soet wit vonkelwyn
1 liter limonade

Meng sjerrie, sap en vrugte in twee groot ponsbekers. Voeg die vonkelwyn, limonade en ys net voor opdiening.

Rooi Sangria / Red Sangria

Ysblokkies vir opdiening
Ponsbak
60 ml suiker
1 bottel droë rooiwyn
30 ml rum of brandewyn

Gooi wyn in ponsbak en voeg die rum, suiker en sap van 1 lemoen by. Roer tot suiker gesmelt het. Sny die volgende in dun skyfies: 1 lemoen, 1 suurlemoen, 1 perske en opsioneel pynappelstukke. Voeg by wynmengsel en roer deur. Voeg 1 kaneelstokkie by. Laat staan vir 'n paar uur in yskas. Net voor opdiening voeg by 375 ml koue sodawater en ys.

Resep: Petro van der Westhuizen

Roomys / Ice Cream

2 l vanilla roomys
1 blik gekookte kondensmelk
2 flakes
1 boks nutty crust koekies
1 bottel ice cup chocolate sous

Laat roomys sag word sodat jy dit kan smeer. Gebruik 'n diep bak
Pak 'n laag roomys, laag grof gebreekte koekies, 'n laag roomys, 'n laag kondensmelk, laag roomys, 'n laag ice cup en flake en eindig met roomys en versier dan met ice cup, koekies of flake en sit dit terug in vrieskas om weer hard te word ... die roomys is baie lekker.

resep: Charnelle

Resep 2

250 ml melk
½ vanieljepeul
1 eier
2 eiergele
250 ml room
65 g suiker

Kook die vanielje in melk. Klits al die eiers en suiker saam. Gooi die eiermengsel by die melk en roer stadig oor lae hitte tot dit so dik soos room is. Klits die room en vou dit by mengsel. Plaas in vrieskas en roer een keer daardeur voor eerste opdiening.

Resep: Petro van der Westhuizen

Salm-en-vinkelpasta / Salmon and Fennel Pasta

4 salotte, gekap
15 ml olyfolie
250 g sampioene, gesny
1 knoffelhuisie, dun gesny
400 g Noorweegse salm, vel verwyder
300 ml witwyn
1 blokkie groenteaftreksel
200 ml vars vinkel, gekap
500 g tagliatelle
200 g crème fraìche
Maldon sout
Vars gemaalde swartpeper
suurlemoenskil, gerasper

Soteer die salotte en knoffel in die olie tot sag. Voeg die sampioene by en roerbraai tot gaar. Plaas die salm bo-op, giet die wyn oor, gooi die aftreksel in en voeg die helfte van die vinkel by. Prut oor lae hitte vir 20 minute. Kook intussen die pasta gaar en dreineer. Meng die orige vinkel en die crème fraìche met die salm-mengsel sodra dit gaar is. Voeg die mengsel by die pasta en geur met sout en peper. Strooi die suurlemoenskil oor.

(bedien 4 persone)

Tuna met appel en wasabi / Tuna with Apple and Wasabi

300 g sashimi-kwaliteit tuna
1 Granny Smith appel, fyn opgesny
15 cm wortel, fyn opgesny
1 eetlepel denneneute, gerooster
1 eetlepel sesamesaad, gerooster
handvol koljanderblare
50 g wasabi
120 ml olyfolie
80 ml sojasous

Sny die tuna op in 5 mm blokkies. Meng alles saam en bedien as 'n bygereg of plaas tuna op 'n bord, drup olyfolie oor en plaas ander bestanddele bo-op om net so geniet te word.

Braai wenke

So maak mens jou braai beter as die buurman s'n:



  • Beeshaas (Steak) Moet nie gevriesde steak ontdooi nie. Plaas dit net so op die vlamme en sout eers wanneer dit amper klaar is.


  • Boerewors Ryg boerewors deur 'n sosatiestok met uie tussen in.


  • Braai die wors oor die koeler deel van jou vuur / kole. So laat jy dit stadiger kook.


  • Moet nie die vel prik dat die vet uitkook nie. Die wors moet juis gaar kook in die vet om sodoende die smaak te behou.


  • Filet Laat 'n filet vir 'n paar uur in Cola Cola marineer voor jy dit braai. Braai dit oor vlamme en sorg net dat die kante seël.


  • Groente Maak 'n sousie met gelyke hoeveelhede van balsemasyn, suiker en olyfolie en verf dit gereeld oor jou groente terwyl dit braai.


  • Hoender Kook hoender in Coke voor jy dit braai of 20 minute in water. Dit maak dit sag en smaakvol.


  • Kruie Gooi jou gunsteling kruid op die vuur vir 'n aangename reuk.


  • Kruisstuk (Rump) Marineer jou kruisstuk (Rump) oornag in Sonneblomolie en Worcester-sous voor jy dit vinnig weerskante seël en dan verder braai soos jy dit verkies.


  • Lam Vir ekstra geur gooi jy klam takkies roosmaryn of lourierblare in jou halfuitgebrande vuur waarop jy gaan lam braai.


  • Mielies Maak 'n pasta van gemmer, rissie, olyfolie, heuning en sesamesaad en smeer oor mielies.


  • Piesang Braai piesang in die skil. Haal af sodra die skil begin swart word en sit voor met room.


  • Piesangblare Was 'n piesangblaar en vou 'n vis toe daarin. Stoom gaar op die braai, ± 45 minute. Probeer 'n pasta van gemmer, suurlemoensap en olyfolie op die vis.


  • Rooster Indien jou vleis vassit op jou rooster, maak dit skoon met jou draadborsel terwyl dit nog warm is en smeer ui daaroor.


  • Suurlemoensap Druk vars suurlemoensap oor hoender, groente, vis of lam net voor dit van die kole afkom vir 'n pikante smaak.


  • Tjop Sprinkel suurlemoensap oor jou tjops voor jy dit braai. Dit maak dit sag.



  • Laat jou tjops oornag in Coke lê. Die vleis is dan sag en smaakvol wanneer jy dit braai.


  • Moet nie tjops sout voor jy dit braai nie. Dit maak dit taai.


  • Varktjops Om die spek van varktjops lekker krakerig (crispy) te kry, strooi kort kort sout op die vet terwyk die tjops braai.


  • Vleis Plaas die vleis wat reeds gebraai is op 'n bed gebraaide uie. Dit verhoed dat die vleis uitdroog en dit gee die vleis ekstra geur.


  • Vlamme Sit ys op die vleis indien die vlamme te hoog brand.


  • Plaas 'n koeldrankblikkie of bierblikkie ¾ gevul met water in die middel van jou kole. Dit verhoed dat vlamme, veroorsaak deur druppende vet, buite beheer raak.


  • Vuuraanstekers 'n Alternatief tot vuuraanstekers is 'n die onderste helfte van 'n eierdoos gevul met ou kookolie. Plaas dit plat neer en bou jou vuur daarop.


  • Wors Draai die wors om sodra jy kan sien die vet kook aan die binnekant. Moet nooit meer as tien minute aan 'n kant braai nie.


  • Doop die wors in water voor jy dit braai. Dit verhoed dat die wors maklik oopbraai terwyl dit gebraai word.


(foto caffe)

Braaivleis

Die manier van vleis gaarmaak oor ´n oop vuur is al so oud soos die berge. In die Bybel is daar al voorskrifte aan die Israeliete gewees oor hoe om offers te bring. Vandaar kan mens maar sê is die vet in die vuur. Die Voortrekkers het ook die kuns bemeester om potjie te maak en om vleis te braai.

So is die kuns en die smaak van braaivleis aan ons oorgedra. Maak nie saak waar in die wêreld is daar Suid Afrikaners nie, ´n mens sal orals die reuk van braaivleis kry. In Amerika moet mens nie te opgewonde raak wanneer jou buurman jou uitnooi na ´n Barbeque toe nie. Want hulle braai net hamburger patties en Hot Dog worsies.

Die Amerikaners ken die kuns van braaivleis natuurlik aan hulle self toe. Volgens hulle is braaivleis gereeld geëet deur die Cowboys wat rondgetrek het met hulle beeste. Die lande waar braaivleis ook in hulle kulture ingegrawe is, is Argentinië en Australië.

Elke mens wat braai het sy eie geheime manier en slag. Mense verskil en party sal se jy moet jou vleis bv 1 minuut aan die een kant braai en dan ´n minuut aan die ander kant om dit te seël. Ander braai net en draai die vleis om wanneer hulle dink dat dit reg is om te doen. Ek het al op baie maniere gebraai en ek weet nie of dit my verbeelding is nie, maar ek proe nie eindelik verskille nie.

Vir my lê die groot geheim by kwaliteit van die vleis wat jy braai. Indien jy goedkoop vleis braai kan jy verwag dat jy taai en onsmaaklike braaivleis gaan kry. Daar is ook mense wat beweer dat jy nie sout moet oorgooi terwyl jy braai nie anders gaan die braaivleis heeltemal taai wees. Ek kan hier ook nie ´n verskil agterkom nie.

Maar vir die wat graag wil iets anders probeer of iets nuuts wil probeer hier is vir julle ´n paar wenke.

· Maak ´n mengsel van Olyf olie, speserye sout en peper aan en marineer jou vleis daarin vir sowat 4 ure. Terwyl jy braai hoef jy nie sout en peper oor te gooi nie.
· Wanneer jy ´n soet marinade gebruik moet jy meer gereeld omdraai anders sal jou marinade brand.
· Om te keer dat jou vuur opvlam sny ´n koeldrank blikke (ons drink mos net koeldrank as ons braai) se deksel af en maak so ¾ vol water. Plaas in die middel van die kole. Die water sal kook en die stoom sal die vlamme onder beheer hou.

Elkeen hou mos daarvan om so ´n bietjie te spog wanneer hy braai. Hier is so twee "spog" wenke. Hierdie wenke werk baie lekker wanneer die manne genoeg koeldrank gedrink het en daar so een of twee klein weddenskappe gemaak kan word.
· Wanneer jy klaar gebraai het maak ´n 2 L Coke bottel vol water en plaas in die middel van die kole. Pak sommer ´n paar kole om die bottel en wag. Die water sal kook en jy sal kan koffie maak met die water. Die Coke bottel sal nie smelt nie.
· Niemand sal jou glo as jy sê dat jy ´n eier kan kook sonder water op ´n vuur nie. Terwyl jy braai kan jy ´n eier of twee op die rooster gooi en dan gereeld omdraai. Wanneer dit eier gaar is sal die dop kraak. Dit gee die eier nogal ´n redelike unieke smaak.

Braaivleis is lekker en uniek. Eksperimenteer met verskillende soorte en snitte vleise. Doen wat vir jou lekker is en waarmee jy gemaklik is.

deur Frik Lombard

Eet vir volgehoue energie 2


Ná die wegholsukses van Eet vir volgehoue energie, Eet slim en bly slank en die South African GI Guide het Gabi Steenkamp en Liesbet Delport nou meer as 80 splinternuwe laevet-, lae-GI-resepte ontwikkel vir elke dag se lekker eet. Dié gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van immergewilde geregte soos Thaise hoenderkerrie, ontbytmuffins en selfs kaaskoek - en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees.

Al meer mense ontdek deesdae die voordele van 'n lae-GI, laevet eetpatroon. Hierdie manier van eet verseker jou nie net van volgehoue energie, verbeterde konsentrasie en verhoogde stamina nie, maar hou ook die volgende spesifieke gesondheidsvoordele in:

Verlaagde en bestendige bloedglukosevlakke by diabete Makliker permanente gewigsverlies
Verbeterde konsentrasie by kinders met aandaggebreksindroom (AGS)
Beter prestasie onder sportmanne en -vroue
Verlaagde cholesterol en bloeddruk
Verligting van simptome van chroniese candidiase, polisistiese ovariale sindroom en ontstekingsiektes soos artritis

Die volledige inleiding verduidelik presies hoe die Glukemiese Indeks werk en verskaf praktiese riglyne vir lae-GI, laeveteetgewoontes vir spesifieke mediese toestande.

Die nuttige GI-koslyste is 'n onontbeerlike hulpmiddel om geskikte voedselsoorte en -produkte te identifiseer.



9/27/2008

Maaskaastert / Cottage Cheesecake

250 g maaskaas
½ koppie suurlemoensap
1 blik kondensmelk

Klits alles saam en gooi oor 'n kors (verkieslik krummelkors). Neem 'n blikkie ingelegde vrugte en gooi sous die af. Maak die sous dik met vla. Versier die tert met vrugte en gooi die vla-sous bo-oor. Sit in yskas tot stol.



Sampioen-en-gort-bredie / Mushroom and Barley Stew

250 g sampioene
50 g seldery, in stukkies gesny
125 ml gort, gewas
10 g pietersielie, gekap
150 g ui, fyn opgekap
1 knoffelhuisie, fyn gesny
10 ml olyfolie
100 g wortel, in blokkies gesny
1 liter groenteaftreksel
Maldon sout
varsgemaalde swartpeper

Kook die gort in die aftreksel vir 1 uur. Braai die ui en knoffel in olyfolie tot sag. Voeg die sampioene by en braai tot amper gaar. Voeg alle bestanddele, behalwe sout en peper, by die gort. Kook vir 20 minute. Toets vir sout en peper.

(resep bedien 4 persone)

Sjokolade roomys / Chocolate Ice Cream

250 ml melk
½ vanieljepeul
1 eier
2 eiergele
250 ml room
65 g suiker
2 eetklepels kakao
1 eetlepel sjokolade, gerasper

Kook die vanielje in melk. Klits al die eiers en suiker saam. Gooi die eiermengsel, kakao en sjokolade by die melk en roer stadig oor lae hitte tot dit so dik soos room is. Klits die room en vou dit by mengsel. Plaas in vrieskas en roer een keer daardeur voor eerste opdiening.


Resep: Petro van der Westhuizen

Griekse klappertert / Greek Coconut Tart

125 g botter
250 ml suiker
3 eiers
250 ml lou water
250 ml koekmeel
15 ml bakpoeier
sout
500 ml klapper

Stroop:
250 ml suiker
250 ml water

Klop die botter, suiker en eiers saam. Klop water by. Sif die meel, bakpoeier en sout saam en voeg die klapper by. Meng met die suikermengsel. Gooi in 'n gesmeerde tertpan en bak vir 30 minute by 180ºC tot goudbruin. Kook die bestanddele vir die stroop vir vyf minute saam en giet oor die tert sodra dit uitkom. Sit louwarm voor.

Mocca roomys / Mocca Ice Cream

1 eier
1 eiergeel
65 g suiker
250 ml melk
½ koppie sterk koffie
250 ml room

Klits die eiers en suiker saam. Vou die melk by. Kook oor lae hitte en roer aanhoudend tot dit 'n dik room is. Voeg die koffie by en laat afkoel. Klits die room en vou by. Meng voor jy dit opdien.

Resep: Petro van der Westhuizen

Suurlemoen sorbet / Lemon Sorbet

Meng 1 kg suiker met 1 liter water tot die suiker opgelos is. Bring tot kookpunt en laat prut vir 10 minute. Laat afkoel. Verhit 675 ml van die stroop met die gerasperde skil van een suurlemoen. Laat afkoel en voeg suurlemoensap by voor jy dit deur 'n sif gooi. Vries in vlak houers tot kristalle begin vorm. Klits tot glad en voeg 2 styfgeklopte eierwitte by. Klits nog een keer tydens stollingsproses.

Grenadella roomys / Granadilla Ice Cream

1 blik (440 g) ingedampte melk, yskoud
1 blik volroom kondensmelk
1 blik (310 g) dik room
1 blikkie (115 g) grenadellapulp
ekstra grenadellapulp vir opdiening

Klits al die bestanddele, behalwe die ekstra grenadellapulp, saam. Giet in 1,5 liter houer en bevries tot amper gevries. Klits goed en vries tot hard. (Dit kan nog 'n paar keer geklop word om te keer dat yskristalle vorm). Verwyder 10-15 minute voor opdiening en gooi ekstra pulp bo-oor.

Resep: Petro van der Westhuizen

New York kaaskoek / New York Cheesecake

1 klaargemaakte krummelkors in tertpan
500 g gladde maaskaas
2,5 ml vanielje
skil en sap van een suurlemoen, gerasper
3 eiers, geskei
150 ml strooisuiker
30 ml mielieblom
150 ml suurroom

Klop die kaas, vanielje en suurlemoensap en -skil saam tot glad. Voeg die eiergele, 60 ml van die strooisuiker, mielieblom en suurroom by en meng goed. Klits die eierwitte styf, voeg die orige suiker by en klits tot glad. Vou nou die twee mengsels bymekaar en skep in kors. Bak vir een uur teen 170ºC. Verkoel 12 ure voor gebruik.

Vyekonfyt / Fig Jam

Al my konfyte kook ek so:

Skil en week hoofbestanddeel vir twee ure in soutwater.

Gooi water af en gooi suiker, genoeg om vrugte te bedek en laat oornag staan.

Kook volgende oggend net so - sonder water en ander goeters. Roer gereeld sodat dit nie vasbrand nie. Dit kan ook in 'n mikrogolf gekook word. Kook tot tekstuur reg is.


Petro van der Westhuizen

Kos van die eeu

Peter Veldsman se naam is sinoniem met lekker kos. Sy resepte pryk in menige amateur-kok se persoonlike versameling danksy sy gewilde rubrieke in tydskrifte en koerante en sy vele radio-onderhoude en -praatjies. Hy is nie net ´n koskenner nie - hy's ´n kospersoonlikheid. Sy vorige publikasies was treffers en sy nuwe pragboek Kos van die eeu is ´n pronkstuk vir enige koffietafel en kombuis. Boonop sal dit ´n gewaardeerde geskenk wees - veral vir Suid-Afrikaners wat hulle nou in die buiteland bevind.

Peter het gaan kyk na Suid-Afrika se ryk geskiedenis en die verskeidenheid invloede wat ingewerk het om ´n kosmopolitaanse kostradisie hier te vestig. En Suid-Afrikaanse kos is beslis nie net bobotie en biltong nie. Peter het gaan proe aan en eksperimenteer met Nguni, Sotho, Britse, Franse, Italiaanse, Duitse, Hollandse, Portugese, Griekse, township-, Maleise en Indiese disse soos die reënboognasie dit maak en dis alles onder die bykans 300 resepte in Kos van die eeu. Soos die uitgewer, Tafelberg, se publisiteit sê: "van tradisionele geregte soos smoorsnoek en boerewors, tot moderne internasionale gunstelinge soos tagliatelle, polenta en terami-su." Daar is selfs ´n hoofstuk oor vegetarisme, wat Peter "die groot nuwe trek" noem!

As dit nie genoeg is om mens se mond te laat water nie, sal kosfotograaf Johan Wilke se meer as 60 pragtige volkleurfoto's dit beslis regkry. Van voorblad tot agterblad is die foto's ´n lus vir die oog.

Maar Kos van die eeu is veel meer as net ´n resepteboek. Peter het die resepte aangevul met geskiedkundige agtergrondinligting oor die Suid-Afrikaanse kookkuns wat die maatskaplike en politieke omwentelinge van die afgelope eeu weerspieël. Dit word boonop aangevul met uittreksels uit Hennie Aucamp se gewilde bloemlesing kosstories, Borde borde boordevol wat beteken dat mens lekker kan lees, al is jy nie noodwendig lief vir kook nie.

Kos van die eeu word deur Tafelberg uitgegee. Dit is ook in Engels beskikbaar as Flavours of South Africa.

Blatjang

Al die jare was ek onder die indruk dat blatjang ´n eg Suid Afrikaanse instelling is maar ek was heeltemal verkeerd. Die oorsprong van blatjang lê meer noord van ons. Blatjang het sy oorsprong in Indië gehad. Dit laat my nou net dink aan iets wat een Oosterse filosoof honderde jare gelede gesê het "Alle goeie dinge kom op in die ooste en gaan dan na die weste. Kyk na die son." As ek aan blatjang dink sal ek met hom saamstem.

In Indië het hulle chatni gemaak van vars vrugte en speserye. Dit was meer ´n tipe van relish gewees. Die Engelse het die chatni teruggeneem na Engeland toe. As gevolg van die Engelse kolonialistiese uitbreiding het die chatni saamgegaan en dan ook so geland in Suid-Afrika. Maar die chatni het so met die tyd saam verander van ´n relish na ´n gekookte mengsel.

Major Grey se blatjang het die Britte se standaard blatjang geword. Die oorspronklike blatjang is gemaak van mangoes, appels of pere. Daar word vermoed dat Major Grey slegs ´n mitiese figuur was. Maar agter die mitiese figuur was daar seker ´n Britse offisier wat daarvan gehou het om sy eie blatjang te maak om die kerrie wat hy geleer kook het in Indië, te komplimenteer.

Vandag nog word chatni in Indië gebruik as relish saam met kerrie. Dit word ook gebruik as souse vir warm Indiese disse. Die gereg word gemaak met hoofsaaklik met mangoes, appels en pere. Daar is ook verskeie ander bestanddele wat hulle ook gebruik om die gereg te maak. Partykeer word die sous of relish baie dun gemaak en ander kere kom dit in die lekker growwe vorm voor.

Mrs Balls se blatjang het ook ´n lang storie. Kaptein Adkins en sy vrou was op pad van Kanada na Australië gewees, toe hulle skip langs die Kaapse kus gestrand het. Mev Adkins het saam met haar, haar familie resep gehad van blatjang. Sy het die resep oorgegee aan haar dogter Amelia.

Amelia het later getrou met Mnr H S Ball. Maar sy het nie stilgesit nie. Sy het blatjang gekook vir kerkbasaars, vriende en familie. Na die Eerste Wêreldoorlog het sy en haar man begin om die blatjang kommersieël te maak en te verkoop. Soos al ons vriende oorsee weet is Mrs Balls-blatjang die gewildste produk in die Suid-Afrikaanse winkels oorsee.

Daar word ook beweer dat Mrs Balls se blatjang ook die basis gevorm het vir ´n Johannesburgse sjef se Monkey Gland sous. Sodra ek bevestiging hiervan kry sal ek julle laat weet. Net hier dink ek kan ons ook dankie se aan die skip wat aan die Kaapse kus gestrand het. Kan julle julle self indink wat sou die selfvoldane Australiërs gemaak het as hulle Mrs Balls se blatjang ook nog moes gemaak het.
deur Frik Lombard

9/26/2008

Kerriebone / Curry Beans

1 kg gaar bone
500 g uie, in skywe gesny
500 ml suiker
10 ml sout
60 ml kerriepoeier
10 ml borrie
60 ml mielieblom
500 ml bruinasyn

Kook die uie en gaar bone saam vir 10 minute.
Meng die droë bestanddele met die asyn.
Voeg die asynmengsel by die bone en prut vir 15 minute. Maak seker die suiker is opgelos.
Vul gesteriliseerde flesse met die mengsel. Verseël goed.


9/25/2008

Droëwors

Hoe om wors te droog en te spog met jou eie droëwors (wild of bees).

maalvleis
derms
asyn
sout en peper
skaapstertblokkies (kan vervang word met brisketvet)
skaappensvet
koljander, fyngemaak en gerooster
± ¼ koppie kookolie
(Daar is ook ’n mengsel wat jy kan koop wat baie lekker is.)

Maak aan soos gewone wors.
Maak seker jy proe aan jou mengsel voor jy dit droog.

resep: Petro van der Westhuizen



Oesterrysvormpies met spinasie / Oyster Rice Molds with Spinach

Gebruik die gekoopte skulpvormige voorgeregbakkies.

250 ml rys
30 ml margarien
20 ml olie
1 ui, fyngekap
1 selderystingel, fyngekap
250 g spinasie
450 ml hoenderaftreksel

Verhit die margarien en braai die ui en seldery tot deurskynend.
Voeg rys en spinasie by en dan warm hoenderaftreksel.
Geur met Aromat.
Kook tot die rys gaar is.

Oestervulsel:
225 g oesters, gedreineer
300 ml witsous (gekoopte poeiersous met geur na jou smaak kan ook gebruik word.)
100 ml kaas

Skep rysmengsel in bakkies. Plaas oesters bo-op en skep witsous bo-oor en strooi gerasperde kaas oor.
Sit onder rooster tot kaas bruin is.
Moenie die oond toemaak nie.

(maak 8 - 10 skulpies)

Resep: Petro van der Westhuizen

Hoenderlewers / Chicken Livers

1 pakkie hoenderlewers
1 ui, gekap
½ teelepel peri-peri
2 knoffelhuisies, gekneus
olie
origanum
gemengde kruie
1 eetlepel brandewyn
½ teelepel paprika
pietersielie

Maak die lewers skoon en sprinkel suurlemoensap oor, laat staan. Braai uie in olie tot sag. Voeg lewer by en braai tot halfgaar. Gooi res van die bestandele by en roer. Laat stadig gaar word en bedien met pietersielie bo-oor.

bydrae: Petro van der Westhuizen

Eet gesond

Ons almal weet seker dat eet en gesondheid hand aan hand gaan. Soms, sooos met alles, moet daar perke wees.

Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het onlangs ´n studie gedoen oor hoe mense moet eet en wat hulle moet eet. Volgens die WGO is geprosesseerde kosse die oorsaak dat baie mense oorgewig is.

Die geprosesseerde voedsels het ´n hoë inhoud van vet, suiker en sout. Volgens die WGO behoort ´n mens se dieet uit 55% Koolhidrate, 10% Protein, 10% suiker en 10% vet te bestaan. Soutinname behoort tot 5 g per dag beperk te word. Verder beveel hulle ook aan dat ons sowat 400 g groente en vrugte per dag moet eet. Maar eet is nie al wat help nie. Daar moet ook redelike fisiese aktiwiteite gekoppel aan die dieet te wees.


Hierdie is alles goed en wel, maar ek het my eie teorie omtrent gesond eet. Gesonde en fikse mense gaan ook net so dood aan hartaanvalle as wat ons grotes doodgaan.

´n Ander studie wat gedoen is deur die Amerikaanse Instituut vir Kankernavorsing het bevind dat braaivleis ´n risiko inhou vir jou gesondheid. Hulle het bevind dat wanner vleis gebraai word daar HCA´s, in Engels is dit Hetrocyclic amines, vrygestel en dit sit aan die vleis. Wanneer die vet op die kole drup en daar spring ´n vlam op, dan word daar PAH´s vrygestel (Policyclic Aromatic Hydrocarbons). Die HCA´s en PAH´s veroorsaak kanker.

Jy kan de probleem te bowe te kom deur jou vleis in foelie gaar te maak. Maar ons Suid-Afrikaners is nie bang nie, so ons sal nog gereeld ons vleis so op die kole gooi. Hoekom is alles wat so lekker is nie goed vir jou nie?

Aangesien ons nie nou meer kan vetterige kosse en braaivleis kan eet nie moet ons nou maar kyk om meer vesel in ons dieet te kry. ´n Mens behoort so 30 g vesel ´n dag in te kry. Vesel, so word beweer, help om jou spysverteringstelsel in tip top kondisie te hou. Dit help ook in gewigsverlies en verminder ook die gevare van maagkanker.

Vesel absorbeer water en wanneer jy dit eet absorbeer dit die water in die maag en laat jou versadig voel. So wat en watter kosse kan mens eet om genoeg vesel in jou liggaam in te kry? Baked beans op roosterbrood sal sorg dat jy sowat 10 g vesel inkry. ´n Sny bruinbrood bevat ongeveer 3 g vesels. ´n Halwe koppie All Bran Flakes bevat 10 g vesel. ´n Appel het ongeveer 4 g vesel.

´n Mens sal seker nooit presies weet wat reg is om te eet en wat nie. Wat ek het byvoorbeeld teen die studie van braaivleis het is dat as dit so gevaarlik is hoekom het 90% van alle Suid Afrikaners nie kanker nie? Hoekom is daar mense wat presies reg eet en genoeg oefeninge doen nou al in hulle grafte a.g.v. hartaanvalle, party so jonk as 24. Hoekom is daar gereeld sterftes aan hartaanvalle van mense wat Comrades hardloop.

Wat ek eintlik probeer sê is eet waarvoor jy lus is, maar hou tog net matigheid voor oë. Moet jouself nie probeer om alles wat lekker is te ontsê nie, want more is jy miskien nie daar nie.

deur Frik Lombard

Eet slim en bly slank


Dit is eenvoudig so dat daar baie min maniere is om jou ideale gewig te bereik en te behou en as jy ooit gesukkel het om jou gewig te beheer, is dit net die boek vir jou.

Dieetkundiges Gabi Steenkamp en Liesbet Delport bespreek die faktore wat gewigstoename beïnvloed, en ook hoe om die faktore te beheer.

9/24/2008

Swartwoudkoek / Schwarzwälder Kirschtorte / Gâteau de la forêt-noire

Die Swartwoudkoek het sedert die dertigerjare tot die gewildste roomtert in Duitsland ontwikkel en is vandag wêreldwyd bekend. Die oorsprong van die tert is nie bekend nie; dit is ondanks die naam waarskynlik nie in die Swartwoud in die suid-weste van Duitsland uitgevind nie. Die aard van die koek laat kenners vermoed dat 'n professionele pâtissier of fynbakker die resep bedink het.

'n halwe koppie margarine
een en 'n halwe koppie suiker
twee derde koppie kakao
1 en twee derde koppie meel
1 teelepel vanilla-ekstrak
1 en 'n halwe koppie karringmelk
2 eiers
1 en 'n halwe teelepel bakpoeier
1 teelepel sout

halwe koppie kirschwasser
halwe koppie botter
3 halwe koppies strooisuiker
'n knypie sout
1 teelepel sterk koffie
2 blikkies kersies, gedreineer

500 ml room
halwe teelepel vanilla-ekstrak
1 eetlepel kirschwasser
gerasperde amandels
gerasperde sjokolade en sjokolade krulle

Verhit die oond tot 180ºC.

Voer die bodem van 2 koekpanne uit met bakpapier.

Sif die meel, kakao, bakpoeier en teelepel sout saam. Hou eenkant.

Verroom die suiker en margarine.
Klits die eiers en 1 teelepel vanilla-ekstrak by.
Klits die meelmengsel en karringmelk by.
Gooi in die koekpanne.
Bak vir 40 minute.

Laat heeltemal afkoel en sny dan elke koek horisontaal in twee.
Sprinkel die kirschwasser oor die 4 koeke.

Verroom die halwe koppie botter en klits die knypie sout, strooisuiker en koffie by tot glad. Gebruik dit as versiering en smeer dit op elke laag koek.
Deel die kersies tussen die verskillende koeke.
Jy het dus nou 4 koeke, elkeen gesmeer met die koffieversiersel en bedek met kersies.
Plaas die lae koek op mekaar.

Klits nou die 500 ml room, halwe teelepel vanilla-ekstrak en 1 eetlepel kirschwasser saam.
Bedek die kante en bokant van die koek met die roommengsel.
Versier met gerasperde amandel en die sjokolade.


9/23/2008

Truffels / Truffles

450 g donker sjokolade
75 g botter
30 ml room
30 ml likeur van jou keuse
5 eiergele
ekstra donker sjokolade om in te doop
klapper en fyn gerasperde wit sjokolade om in te rol agterna

Smelt die botter en 450 g donker sjokolade saam.

Klop die room, likeur en eiergele saam en meng die mengsels. Laat oornag in die yskas.

Skep dan teelepels vol uit en rol balletjies met jou hand. Verkoel tot styf.

Smelt donker sjokolade en doop balletjies daarin.
Plaas op waspapier om te stol en rol dan in klapper en wit sjokolade.

Hoenderlewers met roomsous en kruie / Chicken Livers with Cream Sauce and Herbs

250 g hoenderlewers
250 g sampioene in skyfies gesny
sout en gemaalde swartpeper
4 salotte, fyngekap
45 g botter
25 ml wynasyn
25 ml droë witwyn
250 ml room
3 ml neutmuskaat
30 ml - vars gekapte kruie (basielkruid, kerwel, kruisement en salie)

Week die hoenderlewers in die volgende vir 1 uur:
25 ml port
25 ml brandewyn
25 ml sjerrie
sout en peper

Braai sampioene in 15 ml botter tot vog wegkook. Geur met sout en peper. Sit eenkant.

Dreineer lewers en braai in 30 g botter (gooi bietjie olie by om te verhoed dat dit spat). Roerbraai tot gaar, maar moet nog pienk binne wees.
Skep uit en hou eenkant.

Braai salotte in dieselfde pan tot sag.
Voeg wynasyn en witwyn by en laat vinnig indamp.
Voeg room by en sout en peper en neutmuskaat.
Voeg sampioene en lewers by en warm op (moenie te vinnig kook nie, dit sal die lewers taai maak).
Voeg kruie by en roerbraai vir paar minute.

Dien op saam met croûtons.

Resep: Petro van der Westhuizen

Bruin sampioene / Brown Mushrooms

Gebruik 1 - 2 groot bruin sampioene per persoon, gaar
1 pakkie kaassous, aangemaak
1 blikkie mossels

Rangskik die sampioen in 'n skulpbordjie, met fyn slaai, kersietamaties en pietersielie asook komkommerskyfies en suurlemoenskyfies. Haal stam van sampioene uit en kap fyn. Meng met kaassous. Sit 'n mossel binne in sampioen en gooi kaassous bo-oor.

Resep 2

1 groot sampioen per persoon
gekookte spinasie
knoffelbotter
gerasperde sterk cheddarkaas

Skil sampioen. Haal stingel uit en bêre vir 'n ander gereg. Strooi met sout en peper of enige kruie waarvan jy hou. Vul met spinasie. Sit groot skep knoffelbotter op en strooi kaas oor. Sit in warm oond vir 10 minute. Bedien warm.

Resep: Petro van der Westhuizen

Vissous / Fish Sauce

Hierdie sous pas by meeste visgeregte.

Kook 'n gemengde pak seekos tot sag. Versap en voeg 1 eetlepel elk maaskaas, room en jogurt by. Sout en peper na smaak. Gooi oor visgereg.

Resep: Petro van der Westhuizen

Gebruik dit ook vir voorgeregte.

Rosyntjie- en neutebroodjie / Raisin and Nut Bread

1½ koppie meelblom
2 teelepels bakpoeier
½ teelepel koesoda
1 teelepel sout
1½ koppie volkoringmeel
1 koppie rosyntjies
1 eier, geklits
¾ koppie bruinsuiker
1½ koppie karringmelk of jogurt
2 eetlepels margarien, gesmelt
1 koppie gekapte pekanneute
Sif eers die droë bestanddele behalwe volkoringmeel.

Voeg dan volkoringmeel, rosyntjies en gekapte neuite by. Meng baie goed. Meng eier, suiker, melk en gesmelte margarien. Voeg droë bestanddele en meng net genoeg om droë bestanddele klam te maak. Gooi in gesmeerde pan en bak ± 1 uur teen 180°C.

Resepte: Petro van der Westhuizen

Kerrie-sampioene met tamatie / Curry Mushrooms with Tomato

40 ml olyfolie
1 ui, gekap
150 g bruin sampioene
5 ml rissiepoeier
10 ml gemaalde koljander
2,5 ml borrie
10 ml komynsaad
3 tamaties, geskil en gekap
300 ml witwyn
sout
varsgemaalde swartpeper

Braai die uie in die olyfolie tot ligbruin. Voeg die komyn, rissiepoeier, koljander, borrie en sout en peper by. Braai vir 3 minute. Voeg die sampioene en tamaties by. Voeg die wyn by en bedek en kook vir 12 minute.

Bedien as hoofgereg of groente.

Oondgebraaide lamsboud / Roast Lamb

± 2 kg lamsboud
2 groot uie in kwarte gesny
2 groot knoffeltoonjies in skywe gesny
10 ml sout
5 ml swartpeper
60 ml olie
5 ml sojasous
5 ml Worcestersous
15 ml bruinsuiker
30 ml bruinasyn
15 ml vars roosmaryn

Maak snye in dik gedeelte van boud en stop met dun repies knoffel.
Meng die res van die bestanddele en vryf die helfte daarvan oor boud. Plaas die boud in oondpan en rangskik uie bo-oor.
Skep die res van die bestanddele oor.
Rooster die boud vir ± 10 minute en bak dan vir ± 2 ure by 180ºC. (25 minute vir elke 500 g vleis.)

resep: Petro van der Westhuizen

Groen olywe met amandels / Green Olives with Almonds

1½ koppie groot groen olywe, ontpit
½ koppie gebraaide amandels - resep volg
2 eetlepels olyfolie
4 knoffeltoontjies, in fyn skywe gesny
1 teelepel vars gemaalde peperkorrels
gebraaide amandels: ½ koppie olyfolie, 1 teelepel paprika, ½ teelepel rooipeper & 1 teelepel sout

Gooi olie in pan en verwarm.
Gooi helfte van amandels in pan en verminder hitte. Sauté tot verkleur na 'n karamel kleur. ± 5 minute.
Haal uit pan en sit op papierhandoek om te dreineer.
Doen nou dieselfde met res van amandels.
Sit amandels in bak en gooi res van bestanddele oor. Meng goed.
Indien olywe uit olie kom dreineer goed en was olie af. Stop olywe met amandels.
Sit in bak en voeg res van bestanddele by en marineer vir 1 dag. Die amandels sal sag word.

resep: Petro van der Westhuizen

Martini

Gooi 45 ml vodka / gin (jenever) en 15 ml droë Vermouth in 'n cocktail shaker gevul met ys. Skud / roer en gooi in 'n Martini-glas.

Baklava / Baklawa

'n Lebanese vriendin van my sê dis 'n ware wenner.

375 g filo deeg
250 g ongesoute botter, gesmelt
150 ml dik suikerstroop
2 koppies fyn gemaalde kasjoeneute
¼ koppie grof gemaalde pistasieneute

Resep vir dik suikerstroop
2½ koppies water
800 g suiker
1 eetlepel suurlemoensap
1 eetlepel rooswater

Oor 'n matige hitte, bring die water, suiker en lemoensap tot kookpunt. Sit 'n deksel op die pot en kook vir 20 minute tot die suiker volkome geabsorbeer is en die stroop mooi dik is.
Gooi nou die rooswater by en verwyder.
Bêre die stroop in die yskas. Dit maak omtrent so 250 ml.

Verhit die oond to 220 ºC. Sny die filo deeg tot die grote van jou pannetjie, 'n goeie grote pannetjie is om trent so 25cm X 35 cm.
Gebruik 'n kwassie en verf die pannetjie met 'n bietjie van die gesmelte botter.
Sit so helfte van die filo deeg in die pannetjie en verf elke tweede bladjie met botter.
Strooi die kasjoeneute eweredig oor die deeg.
Plaas die oorblywende filo deeg daaroor, verf elke tweede bladjie deeg met botter. Moenie die boonste filo bladjie met botter verf nie.
Met 'n skerp mes sny parallel 3.5cm tussen elke snit tot op die bodem van die pannetjie, sny dan diagonaal sodat jy diamantvormpies het.
Verf dan die res van die botter op die op die boonste lagie.
Bak vir 10 minute. Verlaag die hitte tot 180 ºC bak vir 'n verdere 35 minute tot goudbruin.
Verwyder uit die oond.
Verhit die stroop en gooi oor die warm deeg.
Strooi pistasieneute oor en laat dit afkoel.
Stoor in 'n lugdigte houer.


Resep: B&B

Eet vir volgehoue energie

Hierdie opwindende kookboek bevat ‘n verskeidenheid suikervry disse en ‘n hele nuwe benadering tot ‘n gesonde leefwyse.

Leer alles omtrent die Glukemiese Indeks (GI) en wend die eetstyl in jou eie lewe aan. Gesinsvriendelike resepte kan die hele huishouding by die eetpatroon betrek. Hierdie manier van eet verseker jou nie net van volgehoue energie, verbeterde konsentrasie en verhoogde stamina nie, maar hou ook talle gesondheidsvoordele in.

Al meer mense ontdek deesdae die voordele van 'n lae-GI-, laevet eetpatroon. Hierdie manier van eet verseker jou nie net van volgehoue energie, verbeterde konsentrasie en verhoogde stamina nie, maar hou ook die volgende spesifieke gesondheidsvoordele in: Verlaagde en bestendige bloedglukosevlakke by diabete; makliker permanente gewigsverlies; verbeterde konsentrasie by kinders met aandaggebreksindroom (AGS); beter prestasie onder sportmanne en - vroue; verlaagde cholesterol en bloeddruk; verligting van simptome van chroniese candidiase, polisistiese ovariale sindroom en ontstekingsiektes soos artritis.

Na die wegholsukses van Eet slim en bly slank en The South African GI guide het Gabi en Liesbet nou meer as 80 splinternuwe laevet-, lae-GI-resepte ontwikkel vir elke dag se lekker eet. Die gesinsvriendelike resepte sluit lae-GI-weergawes in van immer gewilde geregte soos Thaise hoenderkerrie, ontbytmuffins en selfs kaaskoek – en bewys dat gesonde kos ook smulkos kan wees.

Die volledige inleiding verduidelik presies hoe die Glukemiese Indeks werk en verskaf praktiese riglyne vir lae-GI-, laeveteetgewoontes vir spesifieke mediese toestande. Die nuttige GI-koslyste is 'n onontbeerlike hulpmiddel om geskikte voedselsoorte en –produkte te identifiseer.


Volstruisbobotie / Ostrich Bobotie

1 kg volstruismaalvleis
1 sny brood
1 ui gerasper
250 ml melk
1 teelepel borrie
2 teelepels kerriepoeier
2 teelepels botter
5 eetlepels suurlemoensap
1 eetlepel appelkooskonfyt
½ koppie sultanas
1 eetlepel blatjang
2 teelepels sout
gemaalde swartpeper
3 eiers
2 lourierblare

Laat week brood in helfte van melk.

Druk melk uit brood en verkrummel en voeg by vleis.

Verhit botter en braai ui tot glansend.
Voeg borrie en kerrie by uie en haal van stoof af.
Voeg res van bestanddele by behalwe eiers.
Voeg by vleismengsel.
Werk baie goed deur.
Sit in gesmeerde oondbak.
Bak vir 20 minute in oond.

Klits nou die eiers met res van melk en gooi oor vleis. Druk lourierblaar in vleis en bak vir nog 30 minute.

resep: Petro van der Westhuizen

Sampioen-en-uie-gebak / Baked Mushrooms and Onions

5 koppies sampioene, gesny
1 eetlepel suurlemoensap
8 eetlepels olyfolie
varsgemaalde swartpeper
2 koppies broodkrummels
4 koppies uieringe
sout
3 koppies opgesnyde tamaties

Braai die sampioene vir drie minute in drie eetlepels olyfolie en een eetlepel suurlemoensap.

Braai die uie in twee eetlepels olyfolie tot deurskynend.

Sit die sampioene en uie in lae in 'n oondbak.
Strooi sout en peper oor.

Bring die tamaties tot kookpunt saam met een koppie broodkrummels en geur met sout en peper.

Gooi die tamatiemengsel oor die sampioene en uie.

Meng die res van die broodkrummels met die res van die olyfolie en strooi bo-oor gereg.
Bak teen 180ºC vir 30 minute.

(resep bedien 6 persone)

Potjiekos

´n Reeks artikels oor kos sal nie volledig wees sonder om oor ons nasionale erfenis, potjiekos, te praat nie. Van die mense waarmee ek gepraat het voor ek hier kom sit het, het my op die vraag "Waar kom Potjie" vandaan geantwoord: van die Voortrekkers. Ek moet erken ek het ook nogal so gedink. Tot my verbasing is dit nie.

Die ontstaan van die hutspot of potjie gaan sover terug as 1573. Op 15 Oktober 1573 het die Spanjaarde die Nederlandse stad Leiden beleër. Maar die Nederlanders was nie bekommerd gewees nie want hulle het genoeg kos in die stad gehad. Op 21 Maart 1574 los die Spanjaarde Leiden soos ´n warm patat. Die mense was verheug.

Maar ewe skielik op die 25ste Mei 1574 beleër die Spanjaarde weer Leiden. Dit is net hier waar die moeilikheid begin. Die mense het nog nie tyd gehad om kos bymekaar te maak nie en niemand kon in of uit die stad gaan nie. Die kos was maar skraps. Gelukkig het die mense begin om gemeenskapsetes te maak. Almal het maar stukkie kos aangedra van wat hulle gehad het. Al hierdie flentertjies en skraapsels is in een pot gegooi en gekook. So het hulle maar elke dag saam geëet.

Daar is verder min bekend oor die hutspot en hoe hy begin het om deur Europa te trek. Elke jaar word die hutspot gemaak op die dag wanneer die beleg van Leiden beëindig is. Die mense het duidelik nie net die hutspot bly maak op die vakansiedag nie. Van Nederland het die hutspot België, Frankryk en Engeland toe gegaan.

Natuurlik op 6 April 1652 het Jan van Riebeeck so ´n paar hutspotte aan boord van sy skepe gehad. As mens daaraan dink is die potte net reg gewees om mee te kook in so ´n wilde ongerepte land. Maar dit is nie al manier wat die potte hier in die suiderpunt van Afrika geland het nie. Die ontdekkingsreisigers het die swart potte by hulle gehad om hulle kos in te maak. Op een of ander manier het hulle seker maar die potte geruil vir gunste en gawes by die plaaslike bevolking.

Die plaaslike bevolking het gou gesien dat die swart ysterpotte baie beter kook en hanteer as die gewonne kleipotte wat hulle gebruik het. En so het die potjie vol pap ook sy plek gekry by die swart bevolking, en met hulle migrasie af na die suidpunt toe het die pot ook saamgekom.

In Kaapstad in die vroeë jare het die pot behoorlik gekook. Eers het die mense net kos daarin gaargemaak. Verder het hulle agtergekom dat hulle die potjie ook as ´n oond gebruik en stukke vleis daarin gaarmaak, maar die einde was dit niet, want hulle het ook agtergekom dat mens ook brood in die pot kan bak. Maar met al die skepe met hulle vreemde speserye en geure het die potjie ook begin om meer geurig en smaaklik te raak.

Natuurlik was hierdie 3 in een pot ´n natuurlike keuse toe die Voortrekkers die lang pad moes aandurf noorde toe. Die voordeel van die potjies is dat jy nie vreeslik baie nodig het om hom aan die gang te kry nie. ´n Klein vuurtjie en ´n paar stukke hout en siedaar gaan die pot aan die kook. Die ander voordeel is ook dat as mens die potjie stadig kook kan taai vleis lekker sag word. ´n Ander voordeel, ook vir die Voortrekkers, is dat die aand as jy klaar geëet het kan jy die volgende dag net jou potjie optel en aan die wa haak en daar gaan jy.

Hier in die Sewentigerjare het ons moderne wesens die potjie in al sy glorie laat herleef. Mense het begin agterkom dat as jy potjie maak dat daar ekstra paar uur lekker kuier mee gepaard gaan. Baie potjiekos-kompetisies is gehou en daar is tot ´n potjiegilde in Pretoria.

Die potjie se grootte word bepaal deur die hoeveelheid water wat hy kan neem. ´n No 1 pot neem 2 Quarts water en ´n no 3 pot 8 Quarts water.

Deesdae is omtrent elke mens ´n potjie kenner. Elkeen het maar sy gunsteling manier en gereg wat hy as sy eie beskou. Miskien moet ons dankie aan die Spanjaarde sê vir die beleg van Leiden. As dit nie vir daardie beleg was nie sou ons kultuur beslis armer gewees het.

deur Frik Lombard

9/22/2008

Gebakte vis met suurroom / Baked Fish with Sour Cream

1 kg salmfilette
190 ml suurroom
60 ml witbroodkrummels
varsgemaalde swartpeper
1 knoffelhuisie, gekneus
45 ml parmesaan
5 ml paprika
suurlemoenwiggies
grasuie, gekap

Meng die suurroom, broodkrummels, knoffel en grasuie. Plaas die filette in 'n gesmeerde oondbak. Strooi peper oor en smeer die suurroommengsel oor. Sprinkel parmesaan en paprika oor. Bak teen 200ºC totdat die vis maklik gevlok word met 'n vurk. Garneer met suurlemoen en grasuie.

(bedien 4)

Tuna met spaghetti / Spaghetti with Tuna

500 g tuna-filette
1 blik artisjokharte, in kwarte gesny
60 ml kappertjiesade
125 ml calamata olywe, ontpit en gekap
gerasperde skil en sap van een suurlemoen
125 ml olyfolie
sout
varsgemaalde swartpeper
125 ml pietersielie
parmesaan, gerasper
400 g gaar spaghetti

Meng die artisjokke, kappertjiesaad, olywe, suurlemoenskil en -sap, pietersielie, 100 ml olyfolie en die sout en peper saam. Meng met die gaar pasta. Braai die tuna vinnig tot net geseël aan beide kante in 25 ml olyfolie. Bedien op die pasta saam met die parmesaan.

(resep bedien 4 persone)

Farfalle met beet en feta / Farfalle with beets and feta

8 bete
10 knoffelhuisies, ongeskil
100 ml balsamiese asyn
sout
varsgemaalde swartpeper
100 ml olyfolie
90 g roket
250 ml feta, in stukke gebreek
400 g gaar Farfalle

Plaas die beet en knoffel in 'n oondroosterpan en drup die asyn en olie oor. Geur met die sout en peper. Bedek met foelie en bak vir een uur teen 200ºC tot die beet sag is. Skil die beet en sny in kwarte. Druk die knoffel uit en meng saam met die beet en pansappe met die roket en Farfali. Strooi die feta oor.

(resep bedien 4 persone)

Pasta prima vera

400 g penne
50 ml olyfolie
2 konffelhuisies, fyn gedruk
20 g pietersielie, fyn gekap
40 g basielkruid, fyn gekap
15 ml tamatiepasta
250 ml vars room
sout
varsgemaalde swartpeper
40 g Parmesan, gerasper

Kook die pasta gaar volgens die aanwysings op die pakkie. Verhit die olyfolie in 'n pan en braai die knoffel en kruie vir een minuut. Voeg die tamatiepasta by en roer tot dit opgelos het. Voeg die room, sout en peper by en kook vit twee minute. haal van die hitte af, gooi die pasta by en meng. Bedien dadelik met die parmesaan.


(resep bedien 4 persone)

Monkey Gland-sous / Monkey Gland Sauce

50 ml sonneblomolie
1 koffelhuisie, gekneus
250 ml kookwater
25 ml bruinasyn
2 ml sout
250 ml tamatiesous
375 ml ui, fyn gekap
1 rooi soetrissie, in klein blokkies gesny
25 ml Worcestersous
25 ml bruinsuiker
knippie rissiepoeier
50 ml blatjang

Verhit die olie en soteer die uie tot deurskynend. Voeg die knoffel en rissie by en braai vir een minuut. Roer die res van die bestanddele by en laat prut vir 15 minute tot dik.

Cremoratert

3 koppies Cremorapoeier
1½ koppies kookwater
1 blikkie kondensmelk
halwe koppie suurlemoensap
1 pakkie Tennisbeskuitjies

1. Meng 3 koppies Cremorapoeier op 1½ koppie kookwater saam. Laat afkoel (sit in vrieskas verkieslik).
2. Klop met klitser tot styf.
3. Voeg die kondensmelk by en direk daarna suurlemoensap.
4. Skep in twee tertborde wat met tennisbeskuitjies uitgepak is.
5. Krummel van die beskuit wat oor is, oor die tert.
6. Dit is beter as u 'n vierkantige bak gebruik. Verskillende lekkernye kan bo-oor gesit word.

Resep: Janet Rossow

Resep 2

500 ml Cremora
1 pakkie tennisbeskuitjies, gekrummel
1 blik kondensmelk
250 ml warm water
125 ml botter
125 ml suurlemoensap

Voeg die Cremora by die warm water en klits tot opgelos. Laat oornag in yskas. Meng beskuitjies met die botter en druk vas in 'n tertbord met 'n deursnee van 27 cm. Plaas in yskas. Klits die kondensmelk by jou mengsel. Roer die suurlemoensap by tot dit verdik. Skep die vulsel in kors en plaas in yskas.

Drie-kaas-risotto / Three Cheese Risotto

(bedien 6)

600 ml Arborio rys
250 ml Ricotta, gekrummel
250 ml Mozarella, gerasper
250 ml Parmesaan, gerasper
20 ml olyfolie
sout
varsgemaalde swartpeper
2 liter warm groenteaftreksel
1 rooi ui, fyn gekap

Braai die ui in olyfolie tot glanserig en voeg dan die rys by en braai tot die rys deurskynend begin raak. Voeg die aftreksel lepel vir lepel by. Na elke lepel roer jy tot dit in die rys ingetrek het voor jy die volgende lepel byvoeg tot alles op is. Voeg diericotta en mozarella by en roer goed deur. Sit die oondplaat af en roer die parmesaan, sout en peper by. Sit 'n deksel op en laat staan vir vyf minute.

Vegetariese burger / Vegetarian Burger

(bedien 2)

2 bruin broodrolletjies
2 Fry's vegetarian golden crumbed cutlets
130 g geblikte pynappel
1 tamatie, in skywe gesny
2 eetlepels tamatiesous
½ ui, in ringe gesny
'n paar komkommerskywe

Maak die cutlets gaar volgens aanwysings. Stapel die bestanddele op die twee broodjies. Die tamatiesous kom laaste oor.

Trinchado

Suid-Afrikaners sal almal versot wees op hierdie dis van hul Portugese landgenote. Doen jouself 'n guns en maak vir jou Trinchado. Jy gaan ons ewig dankbaar wees.

Sny 'n kruisskyf in blokkies. Braai die vleis blokkie vir blokkie stadig in gelyke hoeveelhede botter en olyfolie. Haal uit en hou warm. Gooi 'n handvol gekapte uie, knoffel en rissies in die pan en braai. Kook stadig vir drie minute. Roer twee lepels meelblom stadig by. Gooi 'n handvol ontpitte olywe by. Gooi een lourierblaar, 'n glas rooiwyn en 'n tot brandewyn by en plaas die vleis terug. Bedek en prut stadig vir twee en 'n half uur.

Bedien in afsonderlike bakkies saam met rooiwyn, aartappelskyfies, Portugese rolletjies en olywe.

Resep 2

Johnny da Silva van Gringo's het uiteindelik ingestem om sy bekende Trinchado resep te deel.

Aangesien die resep met die hand in 'n kroeg afgeneem is mag die hoeveelhede en metode dalk effe anders wees.

1 kg kruisskyf, in blokkies gesny
60 ml olyfolie
2 uie, baie fyn opgesny
8 knoffelhuisies, baie fyn opgesny
250 ml rooiwyn
250 ml Jimmy sous (kyk by Pick n Pay hiervoor)
250 ml rissiesous
sout en varsgemaalde swartpeper

Meng die knoffel, rooiwyn, souse en sout en peper en marineer die vleis hierin (bedek in die yskas) vir ten minste twee ure, oornag is natuurlik beter.

Wanneer jy gereed is om die Trinchado te maak braai jy die uie eerste in 'n swaarboompot in 20 ml olie. Braai tot die uie deurskynend is. Hou eenkant.

Verhit die res van die olie in dieselfde pot, haal die vleis uit die marinade en verbruin dit in die olie.

Gooi nou die uie en marinade by die vleis en prut vir 20 minute. Voeg bietjie water by as jou sous te droog kook.

Sien die vorige resep vir opdiening.

Prego-rolletjie

Sny 'n lendeskyf in blokkies. Sny knoffel op en druk in die vleis. Braai die vleis in botter. Drie minute aan elke kant. Haal uit en hou warm. Braai uie wat in skywe gesny is in die pan tot sag. Gooi witwyn in en kook af tot dik. Sit die vleis terug en kook tot warm.

Bedien op Portugese rolletjies met aartappelskyfies.

Hamburger

deur Frik Lombard

Ek het al bizarre dinge in my lewe beleef en gesien maar niks kom by die geskiedenis van die hamburger nie. Dit begin met die Russiese Tartare wat in die middeleeue stukke rou beesvleis geneem het, onder hulle perde se sale gesit het en heeldag gery het. Die vleis het dan heerlik sag geword en die Tartare het die vleis dan net so rou geëet aan die einde van die dag. Hierdie is die hele geskiedenis van Beef Tartare.

´n Hele paar jaar later het Duitse immigrante van Hamburg in Duitsland, na Amerika gegaan met ´n dis wat hulle genoem het Hamburg Style Beef. Dit herinner baie sterk aan die Beef Tartare van die middeleeue. Al verskil van die Hamburg-dis en die Beef Tartare is dat die vleis in die Hamburg-dis fyn gekap was.

Die eerste geloofwaardige aantekening van die Hamburger is gemaak in 1904. Op die St Louis World Fair is die eerste hamburgers verkoop. Die hamburgers is gemaak met saamgeperste Hamburger vleis, gebraai en op ´n broodjie geplaas. Net daar het die hamburgergier die mens beetgepak.

White Castle, ´n restaurantgroep in Amerika, het in 1921 begin om hamburgers te verkoop. Die hamburgers het hulle vir 5 Amerikaanse sent verkoop. In 1934 het die Wimpy Burger sy verskyning gemaak.

Wimpy is die naam van Popeye se swaer wat so baie hamburgers eet. Wimpy het hulle burgers vir die hoër inkomstegroep gemaak en hulle burgers het 10 Amerikaanse sent gekos. Toe die eienaar van Wimpy dood is in 1978 het al 1500 Wimpy´s in Amerika toegemaak. Dit het gebeur volgens die wense van die eienaar. Ek kon dit nie bevestig nie maar vele soektogte vir Wimpy´s in Amerika het niks opgelewer nie.

Verder het die hamburger maar lank geneem om te verander. Eers in die vroeë sestig jare het iemand ´n stuk kaas op die burger gesit en dit ´n Kaasburger genoem. In die sestigerjare het McDonalds ook begin om hamburgers te verkoop. Voorheen was hulle bekend vir warmbrakke. McDonalds sal in my boeke nie staan vir die plek wat die lekkerste hamburgers maak nie. Maar ons moet hulle seker die eer gee vir die vinnige maak van smaaklose hamburgers.

In 1967 het Wimpy die eerste keer sy deure in Durban oopgemaak. In daardie tyd het die stapelvoedsel nl. Hamburger, chips en coke ´n enorme bedrag van 60 sent gekos. Van daar af het Wimpy ´n huishoudelike naam in Suid Afrika geword.

Maak nie saak hoe en waar die hamburger vandaan gekom het nie, dit bly maar nog ´n heerlike, miskien ongesonde, ete. Die woord chips is ook sinoniem met die woord hamburger. Al is ons Afrikaans, Hamburgers, Chips en coke sal een van die gewildste etes bly.

Resepteboeke

A

1000+ Wenke vir die huis
365 resepte vir die hele jaar
50 Boerekosgeregte
50 Hoendergeregte
50 Prutpotgeregte
50 Sop- en Broodgeregte
50 van die beste koekieresepte
7de Laan Kook
7de Laan vier fees
Armand kook kaal
Art of Cooking


B

Bak met Josh
Bak vir pret & profyt
Beste van eet vir volgehoue energie
bitter + soet
Boendoe-kos vir die Afrika-bos
Boerekos met 'n twist
Bokke se kombuis
Bord
Braai – 166 moderne resepte om te deel met familie en vriende
Braaibroodjies en burgers
Brekfis met Derrich en Adelie


C

Cape Winelands Cuisine
Carmen se beste resepte
Cass Abrahams Kook Kaap-Maleis
Cook with Jamie
Cooking from Cape to Cairo (eksterne skakel)
Corli se kombuis
Curry


D

De Vette Mossel
Deeg
Die Demokratiese Republiek van Braai
Die Demokratiese Republiek van Braai 2
Die Groot Boerekosboek
Die honger reisiger
Die Huis van Rye
Die Koekiefles
Die lekkerste lekker
Die nuwe, beter kortpadkos
Die Suid-Afrikaanse Melktert-versameling
Die VLV-kookboek
Die volledige bakboek
Die volledige kookboek vir diabete
Die volledige swangerskapkookboek
Duinhuis


E

Eat Smart for Sport
EEN-pan/pot/bakplaat
Een-twee-drie op die tafel
Een maal
Eet slim en bly slank
Eet slim vir sport
Eet vir twee
Eet vir volgehoue energie
Eet vir volgehoue energie 2
Eet vir volgehoue energie 3
Eet vir volgehoue energie 4
Elke dag koningskos
Encore! (Fleur du Cap-kookboek)
Evita's Kossie Sikelela
Extra Virgin: Amongst the Olive Groves of Liguria


F

Food Jamming with Jade


G

Geheime van 'n Franse kookklas
Gesinskos
Gesonde Gesinskos
Gourmet Susters: Kuier en kook saam
Gramadoela-kos
Great Food, All Day Long


H

Halfaampieskraal vier fees
Hartskombuis: Boerekos van die ABO tot vandag
Help! Ek kry gaste vir ete
Hugh Fearlessly Eats It All : Dispatches from the Gastronomic Frontline
Huisgenoot Braaiboek
Huisgenoot Top 500 Wenresepte
Huisgenoot Top 500 Wenresepte 2
Huisgenoot Wenresepte 1
Huisgenoot Wenresepte 2
Huisgenoot Wenresepte 3
Huisgenoot Wenresepte 8
Huisgenoot Wenresepte Stap-vir-Stap
Huiskok Glanskok


J

Jamie's Ministry of Food - Anyone Can Learn to Cook in 24 Hours (eksterne skakel)
Jan Braai - Die Demokratiese Republiek van Braai


K

Karoo Kombuis
Katrien se geskenke uit die kombuis
Kies gesond - resepte vir elke dag
Klein Kook en Geniet
Knuppeldik aan Koningskos
Koeke ter viering van liefde en lewe
Koekedoor
Kok en skinker
Kokkedoor - Resepte uit jou gunsteling TV-reeks
Kokkedoor 2 – Versamelresepte
Kokkedoortjie
Koljander, koljander so deur die Bosch
Kom eet! Om die tafel met Anita en Deon Meyer
Kombuis
Kondensmelk: Almal se gunsteling
Kook Afrikaans
Kook en Geniet
Kook met blikkies en pakkies
Kook met sewe bestanddele
Kook saam Kaaps
Kook saam met Andries Krogman
Kos as dit knyp: Goedkoop, gesond en gou
Kos in ’n kits vir volgehoue energie
Kos is op die tafel
Kos uit die tuin
Kos van die eeu
Kos vir die kenner
Kosblik
Kuierkos


L

Laat die potte sing
Landbou Boerekos
Lekker vir later Plus!
Leserskring spogresepte
Lessons with Liam (video)


M

Maak Vyf: 1 Bestanddeel = 5 Resepte
Maaltye sonder moeite
Maaltye
Maalvleis
Makietie
Maklike Maaltye Uit Nina se Kombuis
Marianas se vier seisoene
Markdag
MasterChef South Africa – The Cookbook
Matie Brink se potjiekos
More: Allergen Free Cooking (for kids and adults)
My gunsteling resepte


N

’n Mondvol Lekker
’n Tafel vir elke geleentheid
'n Tikkie Rooibos: Meer as 100 heerlike resepte van 14 van Suid-Afrika se voorste sjefs
Nigella Christmas
Nigellissima
Nog ’n voorskoot


O

Okkasies
Onthaal op groot skaal
Onthoukos
Oorvloed
Op die kole


P

Partytjies is pret 3
Partytjies is pret 4 vir seuns en meisies
Partytjies is pret 5
Polfyntjies vir die proe
Proe die lekker - Kosinspirasie uit SARIE
Prune


R

Resepteboeke: Die beste van 2011
Reuben kook: Terug na toentertyd
Roer met die Sterre!


S

SA kookboek vir allergieë en voedselsensitiwiteit
Sarie 5
Sense of Taste
Shisanyama
Smeul
Smul en spaar
Snacks and Treats for Sustained Energy
Soetgoed
Soettand
Somerkos in Provence
Sonskynkafee
Sosaties
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulien weerstandigheid
Suid-Afrikaanse kookboek vir diabetes en insulienweerstandigheid 2
Suidooster Kombuis
Suikervry - 8 weke na vryheid van suiker- en koolhidraatverslawing
Sumptuous: Food from the Heart of France to the Cape: From rural France to Urban Cape


T

Tannie Poppie kook
Tannie Poppie kook (eksterne skakel)
Tannie Poppie kook weer
The Silver Spoon
The Silver Spoon: Quick and Easy Italian Recipes
The Star Trek Cookbook
The Unplugged Cook Book
Tjailaresepte
Tjailaresepte 2
Toor met hoender
Tradisionele Suid-Afrikaanse Kookkuns
Tuistafel


U

Uit die Oond
Ukutya Kwasekhaya: Tastes from Nelson Mandela’s Kitchen


V

Vallei van melk en heuning
Vegetaries - Jan Braai
Vinnig En Maklik: Resepte uit Vrouekeur
Voetspore 2: 'n kookboek vir 4x4-entoesiaste
Voetspore 4X4 Kookboek
Volgehoue energie vir glutenvrye eters
Volgehoue energie vir kinders
Voorskoot
Vuurwarm - Jan Braai
Vuurwerke - Jan Braai


W

Waar vye nog soet is
Weber se beste braaiboek
Weg! Naweekkos
Winterkos in Provence


Y

Yum-Mo: Vrolike, vars resepte vir beginners en studente